|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Navorsing oor die gehalte van Bonsmara-vleis in Argentinië kan vir Suid-Afrika voordele inhou indien die navorsers met hulle Suid-Afrikaanse eweknieë kan saamwerk en inligting uitruil.
Dit volg nadat die Argentynse Bonsmara-telersvereniging geld vir navorsing oor vleisgehalte gekry het. Dié projek kyk onder meer na genemerkers vir die seleksie vir vleisgehalte by die Bonsmara. Dit behels die sagtheid, smaaklikheid en sappigheid van die vleis.
Dr. Matthys Strydom, voorsitter van Wêreldfederasie van Bonsmaratelersgenootskappe, sê die Suid-Afrikaanse navorsers kan hul moontlik aanvanklik op vleissagtheid toespits, aangesien dit die eerste eienskap is waarvolgens verbruikers rooivleis beoordeel.
Vroeër het die raad van die Suid-Afrikaanse moederliggaam, Bonsmara SA, navorsing in dié studierigting deur die Universiteit van Pretoria gefinansier. Van dié navoring het ongelukkig nie veel gekom nie.
Strydom sê die Argentynse navorsing word skynbaar op groot getalle beeste gedoen. Die aanduiding is dat DNS-monsters op sowat 250 beeste ondersoek word op soek na die aanwesigheid van die genemerkers.
Hy sê die navorsers is op die tydstip baie positief dat hulle beduidende resultate gaan behaal. Hy het ook die Argentyne op die Suid-Afrikaanse navorsing gewys met die oog op samewerking sodat die navorsingsresultate gedeel kan word.
19 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24