Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Beeste / Dubbeldoel / Beeste-groot-besigheid

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Beeste is groot besigheid

 
Deur KOBUS SMIT
Beesboerdery is een van die grootste bedrywe in die landbou. Foto: CHARL VAN ROOYEN
Beesboerdery is een van die grootste bedrywe in die landbou. Foto: CHARL VAN ROOYEN

Beesboerdery is seker een van die grootste bedrywe in die Suid-Afrikaanse landbou.  In dié artikel word gekyk na die bedryf se posisie verlede jaar en watter veranderinge die afgelope paar jaar plaasgevind het. Beesboerdery word in twee groot vertakkings verdeel, nl. die produksie van vleis en die produksie van melk.

Getalle en kuddeverdeling
In  Suid-Afrika was daar die afgelope dekade net meer as 13,5 miljoen beeste. Getalle het in die tydperk min gewissel – so tussen 13,5 en 14 miljoen. Daarvan was net meer as 8 miljoen in die besit van kommersiële boere en sowat 5,5 miljoen in besit van bestaansboere.

Die kudde is saamgestel uit sowat 200 000 bulle en 800 000 osse – dus sowat 1 miljoen manlike diere. Koeie is vyf keer meer op altesame 5,2 miljoen diere. Dan is daar sowat 2 miljoen kalwers onder een jaar oud. Van die koeie word net sowat 1,3 miljoen eksklusief vir kommersiële melkboerdery aangehou. Die ander is aanteel- en slagdiere en dikwels net vir eie gebruik.  

Slagvee
Verlede jaar is net meer as 2,8 miljoen beeste en 58 000 kalwers geslag. Die aantal beeste geslag het met sowat 26% toegeneem van 2,2 miljoen in 2001. Die meeste beeste wat in een jaar geslag is, net meer as 3 miljoen, is in 2007 geslag. Die aantal kalwers geslag, het byna onveranderd gebly en slegs tussen 55 000 en 58 000 gewissel gedurende die tien jaar.  

Die tonnemaat vleis geproduseer, het toegeneem van 524 000 ton in 2001 tot 835 000 ton verledejaar – ’n styging van amper 60%.  (Sien blou lyn in figuur 1 hieronder).  Verlede jaar is 46 000 ton beesvleis ingevoer teenoor 42 000 ton in 2001. Dit het egter oor die tien jaar baie gewissel; van ’n hoogtepunt van 62 000 ton in 2005 tot net 39 000 ton in 2009. (Groen lyn in figuur 1).

Beesvleis bly ’n gewilde produk, want verlede jaar was die totale verbruik 853 000 ton teenoor die 554 000 ton in 2001. Dit het oor die dekade met meer as die helfte toegeneem. (Rooi lyn in figuur 1). Die verbruik per kop het gegroei van 12,7 kilogram per persoon in 2001 tot 17,9 kilogram in 2007. Daarna het dit ietwat gedaal in 2008, maar die volgende jaar weer begin verbeter. 

Die totale produksie en verbruik het albei gestyg van 2001 tot 2007, waarna dit ietwat afgeneem het. Albei het egter verlede jaar herstel tot die hoogste vlak die afgelope tien jaar. Verbruik was konstant meer as produksie. Beesvleis moes dus jaarliks ingevoer word, soos wat figuur 1 aandui.  


Figuur 1
 
Inkomste uit slagvee het oor die dekade goed gestyg. Die gemiddelde prys verlede jaar was R22,17 per kilogram. Dit is 165% meer as die R8,38 per kilogram wat in 2001 behaal is. Die bruto waarde van beeste en kalwers geslag, was verlede jaar R14,2 miljard teenoor R3,5 miljard in 2001 – ’n toename van 305%.


Figuur 2
 
Velle is een van die “neweprodukte" van vleisproduksie en net meer as 20 000 ton velle is verlede jaar uitgevoer.

Melkproduksie en verbruik
Verlede jaar het ongeveer 2 700 melkboere sowat 2,58 miljard liter melk  geproduseer. Daarvan is net minder as 60% as varsmelk verkoop, terwyl die res tot ’n verskeidenheid melkprodukte verwerk is.

Melkproduksie het van 2005, toe dit net meer as 2,32 miljard liter was, jaarliks toegeneem tot ’n hoogtepunt van 2,59 miljard liter in 2008. Daarna het dit afgeneem tot 2,5 miljard liter in 2009, maar verlede jaar herstel tot sowat 2,57 miljard liter.  (Sien blou lyn in figuur 3)

Die totale verbruik van melk het egter van 2005 tot verlede jaar elke jaar ’n styging getoon (sien rooi lyn in figuur 3). 

Die finale syfers vir verlede jaar was met die skryf van dié artikel nie geredelik beskikbaar nie, maar die verwagting is dat verbruik die eerste keer sedert 2000 meer as 2,6 miljard liter sal wees. Wat opvallend is in figuur 3 is dat die verbruik van melk, met die uitsondering van 2008, elke jaar hoër was as die produksie. Die vraag na melk is dus konstant hoër as die aanbod.

Melkverbruik kan in twee komponente verdeel word nl. varsmelk en melk vir verwerking in verskeie suiwelprodukte. Die verbruik van varsmelk het die afgelope ses jaar sowat 57% van die totale verbruik uitgemaak, terwyl die res gebruik is in die vervaardiging van produkte, soos botter, kaas, melkpoeier, roomys, kondensmelk en jogurt.  


Figuur 3
 
Ondanks die jaarlikse tekort aan melk word miljoene liters varsmelk en tonne melkprodukte uitgevoer. Daar word egter ook groot hoeveelhede ingevoer. Dit kan aanvaar word dat gehalte- en produkverskille die vernaamste rede vir die in- en uitvoer is.

Die prys van varsmelk het die afgelope vyf jaar gestyg van R1,80 per liter in 2006 tot R3,04 verlede jaar.  Dit is ’n styging van byna 70%. Die bruto waarde van varsmelk het van R3,7 miljard in 2001 toegeneem tot R9,5 miljard verlede jaar – ’n toename van 157%!


Figuur 4
 
Die meeste melkboere is in die Wes-Kaap, nl. 685, gevolg deur die Vrystaat met 596. Ander belangrike provinsies is Noordwes met 387, KwaZulu-Natal met 330 en die Oos-Kaap met 315.  In die ander vier provinsies is daar altesame 385 melkboere.

Wat egter kommer wek, is dat  byna 1 000 boere die melkbedryf sedert Januarie 2008 verlaat het.  Die meeste, nl. 323, kom uit die Vrystaat, en die Wes-Kaap, Noordwes en Mpumalanga meer as 100 elk.

Gevolgtrekking
Met die bruto waarde van slagvee op R14,2 miljard en dié van melk op R9,5 miljard verlede jaar, is die bruto waaarde wat uit beesboerdery verdien word R23,7 miljard. Vergelyk dit met mielies se R13,5 miljard, suiker se R5 miljard en sagte vrugte se R8,7 miljard, dan word die werklike waarde en belangrikheid van beesboerdery in perspektief gestel.

Met die feit dat die vraag na beesvleis en melk konstant hoër is as die aanbod, is daar duidelik ’n moontlikheid van uitbreiding en is die dalende aantal melkboere werklik ’n bron van kommer.

Soos by die meeste landbouprodukte die geval is, is daar wat die blote statistiek betref, ’n groot aantal kopers. Tog word die markte oorheers deur ’n paar baie groot rolspelers wat die werking van die vrye mark (kan) versteur en ’n ongunstige invloed op produksie kan uitoefen.

Bronne
Kortbegrip van landboustatistiek 2011
Bedryfsinligtingsdokument van MPO - Oktober 2010

Geskryf deur Kobus Smit, 'n voormalige voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee. Sy e-pos-adres is: diesmitte@gmail.com

25 Mei 2011

4.5
 
 
  • 2600 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
31 Mei 2011 23:41

Die grootste enkele vyand van die SA melkboer is goedkoop gesubsideerde suiwelprodukte uit Europa. Die regering weier om die boer teen die ongelyke speelveld te beskerm - die resultate is daar vir almal om te sien, meer as 1000 melkboere uit die bedryf met duisende werksgeleenthede daarmee heen!

  • antwoord
Dr. Frans Saaijman--- Agri Pretoria  
26 Mei 2011 13:18

Skitterend. Dit toon insig. Baie dankie.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boer met petrolbom gegooi
  • Beter internasionale handel nodig
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction