Koei soog skaaplam sonder ma

 
Moedersmelk! Foto: RENÉ THERON
Moedersmelk! Foto: RENÉ THERON

‘n Skaaplam wie se ma dood is en ‘n Tuli-koei wat haar kalf verloor het, is nou ma en kind!

Hier is nou die mooiste storie in 'n lang-lang tyd, skryf René Theron van Murraysburg:

“En ek het dit met my eie oë gesien en met my eie kamera afgeneem - dis so waar as kan kom. Dit het gebeur op Waaikraal, Kallie en Miemie van Heerden se plaas in die distrik Murraysburg. ‘n Tuli-koei het die nag gekalf maar die kalfie is ongelukkig doodgebore.”

Dieselfde nag het 'n ooi gelam en die ooi is toe óók dood. Dié twee “wese” het mekaar in ‘n kamp van 200 ha raakgeloop en toe neem die koei die lammetjie aan en gee hom melk en begin hom grootmaak. Dit is net te pragtig om te sien hoe die lammetjie agter die koei aanhuppel nes asof dit sy eie skaapma is. Slim skapie dié - hy weet waar om genoeg melk te kry!

Hier is nog foto’s van dié vreemde ma-en-kind, asook twee video-grepe oor dié besondere gebeurtenis:

Kort video.

Langer video.

Fotogalery.

30 Augustus 2010

5
 
 

Kommentaar

MF 

Wonderlike teken van hoe die Vader na sy skeppings omsien. Hou ons ASB op hoogte van hoe die lam ontwikkel tov groei / gewig ens. in vergelyking met die wat saam met hul eie ma's loop. Behoort interresant te wees om hul te vergelyk.

Dina Botes 

Dis absoluut fantasties. Weereens kan 'n mens duidelik die liefde van Jesus wat hy openbaar om ons, en in ons ervaar en besef jy ook maar net weer ons God is oneindig groot.

Onbekende besoeker 

Ag ou Georg... hoekom so swartgallig???? Ek dink dit is kosbaar verby.

JD 

@Georg. Seker maar swaar om so swartgallig te wees

Onbekende besoeker 

Pragtig, so lekker om iets opbouends te lees en sien! Dankie!

Georg Friedrich 

dis g'n wonderlik. Die koei behoort onmiddelik geprul te word, want sy laat suip enige kalf/lam. Dit bring mee dat haar eie lam tekort kom. Ek wonder sommer ook waar het haar kalf gebly? Moontlik nie eers omgegee nie en toe verhonger die kleintjie. Ek vind dat koeie wat onthoring is ook baie sukkel om vreemde kalwers weg te hou. Daarom dat ek besluit het om verse nie meer te onthoring nie.

Jenny Pretorius 

Hoe wonderlik is die natuur.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.