|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Boere in Kenia het hul eerste uitbetalings ontvang van ’n versekeringskema wat hul vee teen droogte verseker.
Luidens ’n berig op Allafrica.com is sowat 650 vee-eienaars van die Marsabit-omgewing tot op hede vergoed vir die vee wat hulle weens die ergste droogte in 50 jaar in die Horing van Afrika verloor het.
Volgens navorsing het tussen 20% en 30% van die vee in die omgewing glo weens die droogte gevrek. Sowat 65% van huishoudelike inkomste in dié omgewing is van handel in vee afhanklik.
Hoewel die boere wat deel is van die skema nie ten volle vir al hul diere vergoed kan word nie, kon al die boere wat deel vorm van die skema, uitbetalings vir hulle diere ontvang.
Nuwe skema
Die Index-Based Livestock Insurance-skema word deur ’n konsortium bestuur, wat die internasionale vee-navorsingsinstituut in Nairobi, die internasionale sentrum vir tropiese landbou in Colombia en ander vennote insluit.
Dit word beskryf as ’n mark-gebaseerde, klimaat-slim innovering wat moontlik na die res van Afrika kan uitbrei. Die skema het pas sy tweede bestaansjaar voltooi.
Die program gebruik inligtingstegnologie waarop uitbetalings gegrond word. Satellietbeelde word gebruik om die gehalte van ’n distrik se weiding vas te stel.
Só is die skema in staat om te bepaal of die vee waarvoor ’n eienaar eis, werklik weens droogte gevrek het, of dalk eerder weens ’n siektetoestand of verwaarlosing.
Bron: AllAfrica
11 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)