|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Gegewens oor die produksie van kweekhuisgasse deur veral beeste word deur aktiviste uitgebuit en misbruik in hul propaganda teen beesboerdery, sê dr. Johan Kluyts van die Simmentalerbeestelersgenootskap.
Hy het op die jaarvergadering in Pretoria gesê dit is ’n bedreiging waarvan beesboere kennis moet neem. Metaangas is ’n neweproduk wat deur die normale fermentasieproses in die rumen van herkouers geproduseer word. Die gas se potensiaal om aardverwarming te veroorsaak is 23 keer groter as dié van koolstofdioksied.
Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbouorganisasie (VLO) is herkouers vir 18% van die totale kweekhuisgasse, gemeet teenoor die ekwivalent van koolstofdioksied, verantwoordelik. Dit sluit in 9% van alle koolstofdioksied, 37% van alle metaangas en 65% van alle stikstofoksied.
Een melkkoei produseer tot 700 liter metaangas per dag en daar word beraam dat beeste in totaal meer as 94 miljoen ton van dié gas per jaar produseer. Daar word ook beraam dat vleisetende Amerikaners vir 1,5 ton meer kweekhuisgasse verantwoordelik is as hul vegetariese landgenote.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 18 September 2009.
16 September 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)