Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Beeste / Dubbeldoel / Wreedheid-met-veediefstal

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wreedheid met veediefstal

 
Deur ALANI JANEKE
Die twee koeie se hakke is afgekap en moes vankant gemaak word. Foto verskaf
Die twee koeie se hakke is afgekap en moes vankant gemaak word. Foto verskaf

Boere kan bedag wees op ‘n toename in veediefstal oor Kerstyd omdat veediewe gewoonlik dan meer diere steel.

Mnr. Chris Botha, ‘n boer van die distrik Fochville, sê: “Natuurlik! Natuurlik gaan dit oor dié tyd toeneem. Dis nou die piektyd om beeste en skape te steel. Dis nou die tyd wat hulle vee bymekaar maak, en soms tot 20 diere op ‘n slag steel.”

Botha het Maandagaand, 19 Desember, vier beeste verloor nadat veediewe ses beeste gesteel het. Twee kon ongedeerd teruggekry word. Hy sê sy skoonpa, mnr. Carl van Heerden, het rondom 22:00 agterkom dat van die beeste vermis is.

Drie beeste se hakskene afgekap
Die beestekamp se drade is onmiddellik nagegaan, en die diere en diewe se spore is met behulp van boere in die omgewing in die rigting van die ou Rietfonteinpoortjie gevolg. Een bees is doodgesteek, drie ander se hakskene is gekap en die ander twee het die veld ingehardloop waar hulle later gevind is. Botha het die erg beseerde beeste vakant gemaak.

Botha meen dat veediefstal en die wreedheid wat daarmee gepaard gaan, net soveel aandag in die media en die gemeenskap moet kry as renosterstroping. “Die wreedheid wat partykeer met dié diefstalle gepaard gaan is onmenslik. Tienduisende beeste word in ‘n jaar gesteel, wat groot verliese beteken.”

Intussen sê kol. Oosie Oosthuizen, hoof van die SA Polisiediens se veediefstaleenhede, die jongste syfers wys ‘n effense toename in veediefstal. Hy sê hoewel dit ‘n neiging is wat gewoonlik dié tyd van die jaar voorkom, is die statistiek steeds onaanvaarbaar. “Een dier is té veel, en dit bly net onaanvaarbaar.”

Oosthuizen moedig veeboere aan om in die Kerstyd nie hul waaksaamheid te verslap nie, en seker te maak dat hulle vee gereeld getel word.

21 Desember 2011

5
 
 
  • 1838 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Wouter Stols 
29 Des 2011 16:50

enige iemand in die land kan boer.wit of swart.Hoekom sal n bobbejaan plant en oes as hy kan steel?!

  • antwoord
Christo Jacobs 
28 Des 2011 13:41

Kon ons doen dit aan hulle dan sluit hulle ons boere toe! Ek se skiet die stropers. Kom ons begin n liedtjie dan kan ons nog n plaas koop vir 4 miljoen.

  • antwoord
JANNIE GOUWS 
27 Des 2011 19:44

ons kan maar kla soos ons wil, die regering steur hulle nie aan ons boere nie, ons moet saam staan en die klomp krimenele self aan vat, werk saam teen hulle en ons sal die vrugte pluk

  • antwoord
Johanna Kleynhans 
24 Des 2011 20:20

Die boere het verliese en hulle beeste is gebrandmerk, dit is elke jaar net erger. Die boere het soveel kostes en waar is ons regering? Ons klein dorpies sit met mense wat ongemerkte diere in die dorp aanhou en niemand wil iets daaroor doen nie.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
23 Des 2011 17:40

Shoe!! Erg om te aanskou! Dit wys jou maar net waartoe die mense instaat is en wat voel hy vir lewe! Wat kan jy doen om dit te vermy? Ophou boer met beeste? Wat anders? Op die einde van die dag gaan jy al jou tyd/geld en enrgie spandeer om die ouens uit te hou en om jou goed op te pas dat jy nie by jou ander bedrywighede gaan uitkom nie?

  • antwoord
Butch van Blerk 
22 Des 2011 08:44

Ons as boere sal meer moet spandeer op landelike veiligheid om hierdie roofdiere van ons eiendom weg te hou. Georganiseerde sekuriteit werk beslis, alhoewel die koste soms duur is. Om dit na te laat, bring hierdie onbeskryflike wreedheid tot op jou eie werf

  • antwoord
noord-wes boer 
21 Des 2011 21:08

Ons as boere sal daarvan hou as die SPCA net so 'n groot bohaai opskop oor ons diere wat gestroop en mishandel word.
En nee dis nie 'n bedreigde spesie nie, maar boere gaan binnekort wees as almal net hulle koppe bly wegdraai. Met elke feesseisoen word daar diere gesteel, en bykans nooit word iemand gearresteer nie.

  • antwoord
Sheila Grobbelaar 
21 Des 2011 11:38

Die soort ding het gebeur tydens die Mau Mau insurgente in Kenya to my ouers jonk was. Hulle voel niks vir mens lewe, so dit is vir hulle niks om diere so te mishandel. Bring mens terug na die daaglikse wreedheid waarmee SPCA landwyd mee opgeskeep sit om nie te praat van die vlaag renoster stropery in die land.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kode vir kleinveebedryf ‘n eerste
  • Konkelaars moet opdok oor tenders
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction