Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Beeste / Melkbeeste / Koste-om-weiding-te-huur

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Koste om weiding te huur

 
Deur GERDIE LANDMAN
Holstein op gras. Foto: PHARMACIA
Holstein op gras. Foto: PHARMACIA

Goeie raad wanneer iemand grond wil huur vir weiding. ‘n Bekende melkboer, mnr. Gerdie Landman van Cookhouse, vertel hoe hy te werk gaan.

Landman sê hy huur al sy hele boerdery loopbaan lank weiding vir vee. Meeste transaksies moet albei partye bevoordeel, anders gaan die projek nie volhoubaar wees nie.

“Ek verkies om ‘n plaas of stuk grond te huur en en te laat wei soos dit my pas. Die voordeel is dat ek gras kan spaar vir die skaars maande en dan weer druk bewei wanneer ons die weiding nodig het. Dit het die nadeel dat jy soms minder weiding het as die reën wegbly. Die verhuurder het egter ‘n vaste inkomste waarop hy kan staatmaak. Jy as huurder het die voordeel van beheer behou oor die plaas en toegang kan beheer.

“Om per kop te huur het ook groot voordele, maar is gewoonlik duurder as om die hele plaas te huur. Maak net seker die verhuurder kry nie ander beeste ook in nie, want so kan gesondheidsrisiko’s ontstaan. Sou die verhuurder die weiding slegs vir jou diere beskikbaar maak, dan is dit voordelig, want jy betaal net waarvoor jy gebruik.”

Die huurder doen dan alles
Slegs die huur van weiregte per grootbees kop per maand kos tans sowat R100 tot R120 plus BTW per kop op gesonde soetveld. Diere wat gespeen is van hul ma’s, tel dan as grootbeeste. Koeie met kalwers wat suip, tel nog as een grootbees! Dan doen die huurder alles – volle bestuur van heinings nasien, watervoorsiening, dip en doseer, arbeid en natuurlik alle risiko’s van ongediertes of veediefstal. Neem in ag dat waterpomp, dip, ent, doseer, brandstof, bestuur en arbeidskoste gesamentlik nog sowat R100 per kop per maand kan bedra. Totale koste op natuurlik veld kan dus minstens R200 per kop per maand beloop.

Soms word die huurbedrag ook op gewigstoename bereken. Die verhuurder doen dan gewoonlik die bestuur en dra die risiko. Die diere word maandeliks geweeg en volgens die gewigstoename vergoed teen byvoorbeeld R20 per kg gewigstoename. Op natuurlik veld vir jongbees kan mens werk op 15 kg per maand gewigstoename = R180 plus BTW. Daar is egter maande wat daardie gewigstoename nie behaal word nie. Sekere rasse sal ook in gunstige toestande meer as die 15 kg per maand aansit. Dit gaan ook afhang of byvoeding gegee word al dan nie. Die voordeel vir die verhuurder is dat hy of sy dan eintlik vleisboerdery bedryf sonder om vee te besit.

Geskryf deur Gerdie Landman van die Mooimelk Koeihotel, Cookhouse, op Landbou.com se gespreksforum gerdie@koeihotel.co.za.

23 Januarie 2011

4.444445
 
 
  • 1694 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
24 Jan 2012 17:49

Hi hier is n interresante artikel van landbou weekblad af

Groetw erika

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Landbouweekblad, 5 Augustus 2011
  • Trekkerverkope bly styg in 2011
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction