|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
’n Simfonie vir die sintuie word by vanjaar se SA Kaasfees op Sandringham, langs die N1, tussen Kaapstad en die Paarl beloof.
Luidens ’n verklaring is die organiseerders baie opgewonde oor dié fees waarvan die kroonjuwele natuurlik kaas en die nuutste neigings in dié mark is.
Die fees, wat van 27 tot 30 April plaasvind, sal besoekers die kans bied om verskeie handgemaakte kase, suiwel- en ander produkte te leer ken en geniet. Die verskillende kase sal by die Checkers Kaasemporium beskikbaar wees, waar bekende sjefs en glanspersoonlikhede van hul kookgeheime sal oordra.
Nuwe idees
Kosbloggers en kaasmakers sal ook die kat uit die mou laat oor nuwe kos-idees en die kuns van kaasmaak by die DStv-kosteater.
Vir dié wat die proses van kaasmaak van begin tot einde wil beleef, sal Santam se Landbou-melkfabriek bekoring inhou. ’n Karnavalpark sal ook beskikbaar wees, en die Wilde Vrugtesap Kinderhoekie sal spesifiek op kinders se behoeftes fokus.
Kaartjies is teen R110 by Computicket of Checkers beskikbaar. Senior burgers betaal R90 per kaartjie, en kinders jonger as 13 jaar kan verniet toegang verkry.
12 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)