|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Altesaam 120 000 beeste word ter enige tyd by Karan Beef aangehou, wat dit die grootste voerkraal op die Afrika-vasteland maak. Dié indrukwekkende voerkraal slag jaarliks 360 000 beeste en lewer 30% van die land se graangevoerde beesvleis.
Mnr. Ivor Karan, die eienaar, het in 1974 die voerkraal op die familieplaas naby Heidelberg (Gauteng) met 100 beeste begin. Drie naburige plase is intussen aangekoop en die voerkraal beslaan tans 2 330 ha. Kyk na foto’s van die voerkraal.
Die voerkraal het sowat 2 jaar gelede ‘n nuwe afdeling krale gebou waar 40 000 beeste tans aangehou word. Mnr. Bennie Welgemoed, die navorsing- en ontwikkelingbestuurder, vertel in ‘n video meer oor dié krale.
Die voerkraal het sowat twee jaar gelede ’n nuwe afdeling krale gebou waar 40 000 beeste tans aangehou word. Mnr. Bennie Welgemoed, die navorsings- en ontwikkelingsbestuurder, vertel in ’n video meer oor dié krale.
Grootskaalse organisering
Sowat 800 beeste beweeg daagliks deur die voerkraal se induksiegang sodat hulle die nodige inentings en merke kan kry nadat hulle op die plaas aangekom het. Die meeste van dié beeste word binne dae ná hulle van hul ma’s gespeen is, na die voerkraal vervoer. Hulle bestee gemiddeld 125 dae by die voerkraal voor hulle geslag word.
Die voerkraal het meer as 2 000 heeltydse werknemers in sy diens. Ses bestuurders, met elk sowat 14 personeellede onder hom, is verantwoordelik vir die versorging van 20 000 diere.
Sowat 2 000 beeste kan daagliks by die voerkraal geslag word. Die ontbeningsaanleg kan daagliks 120 ton vleis verwerk, terwyl die vleisverwerkingsaanleg terselfdertyd 22 ton vleisprodukte kan produseer. Karan Beef word beskryf as die mees moderne voerkraal in sy soort in die wêreld.
Welgemoed vertel in ’n video wat hulle met die karkasse van siek diere doen.
30% van land se beesvleis
Die voerkraal lewer jaarliks 30% van die land se graangevoerde beesvleis. Sy vleis word ook na Switzerland, Hongkong, die Midde-Ooste, Indiese Oseaan-eilande en ander Afrika-lande uitgevoer.
Die voerkraal produseer sy eie voer in ’n voermeule van sowat 15 000 vierkante meter. By dié voermeule word daagliks sowat 1 500 ton voer geproduseer.
Die voerkraal lewer vleis aan verskeie bekende supermarkte en ander vleishandelaars.
15 April 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
verkoop jare aan julle.PROBLEEM: het nognooit premie gekry vir poenkopkalwers (BRANGUS) en uitstaande bouvorm nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)