Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Beeste / Vleisbeeste / Brandmerk-jou-vee-vra-sapd

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Brandmerk jou vee, vra SAPD

 
Deur ALANI JANEKE
Brahman-bul. Foto: LBW
Brahman-bul. Foto: LBW

Een van die beste metodes om veediefstal hok te slaan, is om seker te maak dat diere duidelik gebrandmerk word, aldus die SA Polisiediens.

Kol. Johan Scott, koödineerder van veediefstaleenhede in Gauteng, sê hy en sy span wil dié misdaad tot die beste van hulle vermoë probeer hokslaan en bestry. Hy het afgevaardigdes by ‘n inligtingsdag vir Gautengse rooivleisprodusente op Cullinan toegespreek. 

Scott sê hy weet dat boere soms nie altyd die nodige ondersteuning van die polisie kry nie, en hy moedig boere aan om hom daaroor te kontak. “Ek wil weer trotse diens terugbring na die Gautengse veediefstaleenhede. Ek wil hê dat polisielede trots moet wees, en boere moet op die eenhede kan trots wees.”

Aanslag groter as ooit
Volgens Scott is dit duidelik dat die aanslag van veediewe al hoe groter word, derhalwe wil hulle boere deel maak van die oplossing van dié uitdaging. ”Ons wil veeboere in Gauteng help om volhoubaar te boer, maar ons het u hulp nodig, ons kan dit nie alleen doen nie.”

Scott sê vroeër jare kon ‘n veedief ter dood veroordeel word, maar deesdae kan dié tipe vervolging nie meer plaasvind nie. Boere se hulp is dus nodig, en een van die beste en mees eenvoudige maniere om dié misdaad te probeer voorkom, is deur diere te brandmerk.

“Ons vra boere ook om dit vir ‘n veedief so moeilik as moontlik maak om by sy vee uit te kom, en om te sorg dat hulle die nodige dokumentasie verskaf wanneer hulle diere na ‘n slagplaas of veiling vervoer word,” aldus Scott.

Diewe verkoop aan boere
Scott sê ‘n boer wat nie sy diere brandmerk nie, kan dit vir ‘n misdadiger moontlik maak om die boer se vee na ‘n veiling te neem waar hy dit weer aan die eienaar of ander boere kan verkoop. “Ek moes onlangs, in opdrag van die Hooggereghof 54 beeste aan ‘n man teruggee wat dit glo gesteel het, omdat dié boer nie die diere gemerk het en daar geen bewys was dat die diere die boer se eiendom is nie.”

Verder vra Scott boere om seker te maak dat hulle nie ongewenste elemente in diens neem nie. Enigiemand wat in diens geneem word, moet die nodige dokumentasie kan wys. “Ek het al baie gevalle gehad waar boere onwettige immigrante in diens geneem het, en dan verloor hulle tot 90 stuks vee per week.”

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die Gautengse tak van die RPO, sê dié tak het onlangs R30 000 gekry om veesertifikate vir vervoer kosteloos aan lede beskikbaar te maak. Boere wat nie lid is nie, kan dit teen R150 per dokument aankoop.

27 Julie 2011

0
 
 
  • 1881 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Pierre van Niekerk 
28 Jul 2011 08:59

Baie goeie samevatting, Alani.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Mentors gesoek vir ‘flop’-plase
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction