Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Beeste / Vleisbeeste / Essensie-van-beesteling

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Essensie van beesteling

 
Deur HANS COETZEE
Die Beefmaster het die beste eienskappe van verskeie rasse.
Die Beefmaster het die beste eienskappe van verskeie rasse.

Wat is ’n Beefmaster?
Beefmaster is ’n sintetiese ras wat geneties saamgestel is met sowat 50% Brahman-, 25% Hereford- en 25% Korthoringbloed. Die resultaat was die Beefmaster, wat die beste eienskappe van elke individuele ras aangeneem het. Dit is bereik ná jare se selektiewe kruisteling, versigtige eksperimente en die ongenaakbare uitskot van ongewenste diere.

Regdeur die geskiedenis van die Beefmaster was die grootste doelwit van die beeste om vleis te produseer. Die beste beeste produseer die meeste vleis van hoë gehalte teen die laagste koste; dit beteken meer wins.

Die teel- en bestuursprogram wat nagevolg is, is gebaseer op die natuur se oudste wet: “Oorlewing van die sterkste.” By seleksie word ses vereistes gestel. Die vereiste ekonomies belangrike eienskappe is: Vrugbaarheid, Temperament, Gewig, Bouvorm, Gehardheid en Melkproduksie.

Die Beefmaster het in Suid-Afrika vasgeskop as ’n winsbees waarmee rekening gehou moet word. Die Beefmaster-beestelersgenootskap is vanjaar 25 jaar oud. Met die groei van die afgelope jare is die toekoms van die ras blink en koester die genootskap groot verwagtinge, veral met betrekking tot die produksie-eienskappe van die ras.

Vrugbaarheid

Vrugbaarheid is die belangrikste ekonomiese eienskap wat oorweeg moet word by die seleksie van beeste. Elke vroulike dier wat twee jaar en ouer is, moet elke jaar ’n goeie kalf speen in natuurlike veldtoestande. So nie, word sy uitgeskot.

Verse word die eerste keer op die ouderdom 12 maande tot 15 maande gedek. Alle ouderdomsgroepe word in veld- en aangeplante weidingstoestande gepaar in ’n dektyd van ongeveer 60 dae tot 90 dae. Elke vroulike dier moet dragtig raak en ’n kalf speen met ’n indeks bo 90, anders word sy uitgeskot.

Daar is geen verskonings en geen uitsonderings nie. Aan die bul se kant beteken vrugbaarheid die vermoë om die meeste koeie in die bestek van die dektyd te dek. Hierdie klem op vrugbaarheid lei tot verhoogde wins.

Temperament
Makker beeste is makliker en goedkoper om te hanteer, groei beter en behaal beter pryse. Gemaklik hanteerbare beeste veroorsaak minder beserings en gewigsverlies, en vereis minder arbeid wanneer daar met hulle gewerk word.

Beefmaster-beeste word gekenmerk deur hul maklike hanteerbaarheid, hoewel ’n koei se moederinstink en beskerming van haar kalf nie verwar moet word met slegte temperament nie. Beefmasters is saggeaarde, intelligente beeste en reageer op die tipe behandeling wat hulle van hul eienaars ontvang.

Beeste met ’n goeie temperament is ’n plesier om mee te werk en ook meer winsgewend. Verskille in temperament word reeds voor speentyd waargeneem en die kalwers met ’n swak temperament word teen speenouderdom uitgeskot. Daarna word hulle voortdurend gemonitor en diere wat onaanvaarbare gedrag toon, word uitgeskot.

Gewig
Hoe swaarder die kalf weeg wanneer dit markgereed is, hoe meer winsgewend is dit vir die eienaar. Speengewig is grootliks ’n aanduiding van die melkvermoë van die koei, maar gee ook ’n goeie aanduiding van die kalf se eie groeipotensiaal.

Naspeense gewig is ’n aanduiding van die vermoë van die kalf om gewig aan te sit en dit is gebaseer op sy eie genetiese potensiaal.

Kalwers word grootgemaak in identiese veldtoestande en seleksie vind plaas gebaseer op speengewig, jaargewig en die gewig op 18 maande. Amptelike data van LNR se Nasionale Prestasietoetsskema word gebruik. Alle bulkalwers met ’n indeks onder 90 word uitgeskot.

Verse met ’n minimum indeks van 85 word aanvaar, maar moet ’n gemiddelde van 90 oor twee indekse hê. Kuddevaars word geselekteer op grond van hul eie, individuele prestasie vir groei. Bulle met bogemiddelde individuele gewig teen speentyd en ná speentyd sal dit aan hul nageslag oordra.

Teelwaardes van die moeders, sowel as die bulle se eie verwagte teelwaardes, word in ag geneem tydens die finale seleksie van bulle. Ná die aanvanklike seleksie vir gewig word vroulike diere uitgeskot op grond van die prestasie van hul nageslag en reproduksie.

Die winsgewendheid van ’n speenkalfproduksiestelsel kan verhoog word deur van Beefmasterbulle gebruik te maak.

Bouvorm
Die bouvorm van Beefmasters word gedefinieer as “tipe op die hak, nie tipe op die hoef nie”. Die ideale bouvorm word geïllustreer deur beeste waarvan die bewerkte karkasse die meeste kilogramme vleis per kilogram lewende gewig sal oplewer. Visuele eienskappe word ook geëvalueer.

’n Bul moet manlikheid hê, ’n skoon onderlyn, optimale skrotumgrootte, goeie bespiering, asook lengte, diepte en breedte. ’n Koei moet vroulik wees, wigvormig na agter en ’n sterk funksionele uier hê, met goeie spene.

Bulle en koeie wat enige teken van strukturele defekte toon, soos probleme met voete en bene, word uitgeskot. “ ’n Bul moet lyk en klink soos ’n bul en ’n koei moet lyk en klink soos ’n koei.”

Gehardheid
Geharde beeste is diere met die vermoë om gesond te bly, om met baie min hulp te produseer en te reproduseer in veldtoestande en in verskeie klimaatstoestande.

Gehardheid is ’n genetiese eienskap waarvoor geselekteer kan word. Individuele diere wat dié eienskap dra, is ook die diere wat oud word in ’n kudde (langlewendheid) en die koste en uitgawes beperk.

Melkvermoë
Beefmasterkoeie word geselekteer vir melkproduksie deur die evaluering van die speengewigte van hul kalwers. Meer melk beteken swaarder speenkalwers. ’n Koei moet haar kalf soog vir sewe maande en haar eie liggaam in veldtoestande kan onderhou.

Beefmasterkoeie het funksionele uiers wat goed aangeheg is, asook spene van middelmatige grootte, wat eweredig geplaas is en ’n middelmatige lengte het. Bulle uit ’n streng geselekteerde kudde sal dogters teel met goeie uier- en melkeienskappe, ’n eienskap waarvoor die Beefmaster bekend is.

Dit is alombekend dat 66% van ’n kalf se speenmassa direk verband hou met die melkproduksie van sy moeder. Die winsgewendste manier vir ’n kalf se groei is die benutting van sy of haar moeder se melk.

Kuddeverbetering
Waar lê die kruks van ’n suksesvolle beesboerdery?  Natuurlik in die verkoopbare produk. Almal weet vrugbaarheid is die belangrikste faktor, maar die gewig van die kalweroes bepaal die grootte van die inkomste. Hier word verwys na die aantal kalwers en massa.

Die Beefmaster spog met ’n speengewigverhouding van net meer as 47%. Dit maak die ras gesog in ’n speenkalfproduksiestelsel, want ’n groter hoeveelheid verkoopbare speenkalf (in kilogram) word met dieselfde aantal teelkoeie geproduseer.

As dit deurgetrek word na ’n groot aantal koeie of oor ’n aantal jare, is die syfers indrukwekkend. Wanneer Beefmasterbulle by enige ander moederlynras- of kruisraskoeie gebruik word en die boer hou die vroulike nageslag as vervangingsverse terug, bring dit outomaties die gewenste eienskappe in teeltroppe in.

Hier word verwys na vrugbaarheid, klein kalwers by geboorte (iets waarvoor die Beefmaster bekend is), ’n korter tydsverloop voor herbesetting, verse wat op ’n vroeër ouderdom gereed is om gedek te word, gehardheid, langlewendheid en ’n goeie groeivermoë (speengewig).  

In die proses kan boere ’n bestaande kudde mettertyd vervang met dié ras, wat die telersgenootskap meen een van die moederlynrasse in die land geword het.

Die Beefmaster in Suid-Afrika
Dit is opvallend hoe kommersiële beesboere op spontane wyse vertel van die sukses wat hulle met Beefmasterbulle by hul kommersiële koeie behaal.
Hulle is in hul skik met hul eerste kalweroes, die puik vervangingsverse, die verhoogde speengewig van die hele kalweroes, die bekostigbaarheid van die bulle en die hanteerbaarheid van die kalwers.

Tweede en derde kruisings met Beefmasterbulle lewer ’n steeds beter speengewig. Boere wat ’n heen-en-weer-kruisteelstelsel gebruik het, het gesê dat hulle die oplossing gekry het. Hulle gebruik nou slegs Beefmasterbulle.

Die afgelope drie jaar ondervind telers wat tot die genootskap behoort ’n ongekende vraag na goeie bulle. Die ingeligte en ernstige beesboer weet waarna hy soek en hy kry dit in die Beefmaster.

Die genootskap waarsku kopers van Beefmasterbulle om slegs bulle by geregistreerde telers te koop, of op veilings wat onder die beskerming van die genootskap aangebied word. Die bulle moet ook met die “Rocking B” gebrandmerk wees.

Dit is die gehalte-brandmerk van die teler en die genootskap. Slegs bulle wat prestasiegetoets is, geslaag het en deur ’n keurder van die ras goedgekeur is, mag dié brandmerk dra.

Die Beefmaster kan in enige produksiestelsel en kruisteelprogram sy staal wys. Moenie te laat besluit om u bultrop ’n Beefmaster-span te maak nie.

24 Maart 2011

5
 
 
  • 1990 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Probleme met peervormige maagslakwurm
  • Koop jou nuwe iPad by LBW
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction