Veebedryf in ‘verval’ - Mentz

 
Dr. Andre Mentz (middel) en die veekundiges, dr. Hannes Dreyer (links) en dr. Johan Meaker.
Dr. Andre Mentz (middel) en die veekundiges, dr. Hannes Dreyer (links) en dr. Johan Meaker.

Die veebedryf het in ‘n verleentheid verval en ‘n produsente het geen hoop om sy omstandighede te verbeter as sake aangaan soos nou nie, sê dr. André Mentz, ‘n veekundige.

Mentz, ‘n voorligtingsbeampte en beesnavorser vir 20 jaar, waarna hy 25 jaar ‘n bona fide-beesboer was, het bekendheid verwerf vir sy boek Beesboerdery en Veekunde Holisties Benader, wat ook vir ‘n redelike mate van omstredenheid gesorg het.

In ‘n dokument wat Mentz aan belangstellendes gestuur het, skryf hy:
“Mense skakel my aanhoudend omdat hulle wil weet waarom daar ‘n geskil oor my boeke is. My antwoord is dat ek vir dekades privaat met akademici onderhandel het oor hul dwaalleringe en tonnelvisie wat beesproduksie aangaan. Ek was altyd net verneder en ek het moedeloos geword.

“Toe ek al hul teoretiese aannames en foefies in my boeke ontbloot en uitwys hoe afvallig die amptelike sieninge werklik is, was dit vir hulle ‘n skok en ‘n doring in die vlees.

‘Niemand kon my verkeerd bewys nie’
“Niemand kon nog my standpunte verkeerd bewys nie en dit het akademici daarom behaag om my as persoon in die openbaar aan te val en beledig, in die naam van die SAVVV, professionele vereniging van veekundiges, waarvan ek vir 45 jaar ‘n lid is. Vir my is dit duidelik dat ek my vasloop teen ‘n soort van ‘mafia’ wat alle Heilige Koeie beskerm en beheer en daardeur alle nuwe denke onderdruk.

“Die punt is dat my boeke ‘n volledige handleiding vir beesproduksie in SA is en dat die boodskap veel groter is as die geklets oor nietighede. Daarom hoop ek om met hierdie dokument ook ander beesliefhebbers te bereik, hulle prikkel om nuut te dink, die realiteite raak te sien en kennis maak met die lae morele stand van die bedryf.

“Ek het dus niks om voor skaam te wees of verskoning te vra vir my standpunte nie. Ek het die Departement van Landbou gedien as voorligtingsbeampte en beesnavorser vir 20 jaar en vir meer as 25 jaar was ek ‘n bona fide beesboer waartydens ek baie studies en ondersoeke gedoen het en met baie verligte beesboere en organisasies te doen gehad het en steeds het.

“Daarom het ek vrymoedigheid om my gedagtes en ondervindinge spontaan te openbaar met die hoop dat u ook sal raaksien in watter verleentheid die bedryf verval het en dat die produsent geen hoop het om sy omstandighede te verbeter as alles so aangaan nie. Die besluit om dit te glo of nie hang van u eie siening af, maar lees asseblief eers verder voor u besluit," skryf hy.

Klik op die PDF-dokument hieronder om Mentz se volledige skrywe te lees.

8 Julie 2010

Addisionele dokument

5
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Grobbies, ek sal nou nie se voerkraalvleis is gif nie, maar die feit van die saak is dat die vleishandel (abattoirs,slaghuise,ens.) R1.50-R2.00/kg minder vir veld A grade betaal as vir witvet-voerkraalvleis. Die kleinhandel verpak dit dan as natuurlik-geproduseerde beesvleis en verkoop dit dan aan die verbruiker vir tot R4;00-R5:00/kg meer as die ander vleis. Hier is dus n groot kopsmokkelry aan die gang en ek dink dit is wat dr.Mentz in die lig probeer kry. Ons het nou nog nie eens aan die gesondheidswaarde van veldvleis geraak nie.

ontbeen 

Hoekom is dit dat daar nêrens 'n studie gedoen is om nou mooi te bepaal watter ras (skaap en bees) die beste opbrengs/ha lewer nie. Daar is altyd jakkals draaie wat hier oor gemaak word. Ek dink die sg navorsingsstasies doen die "maklike navorsing" en trap liewers nie op die borge se tone nie. Ek het dit gevind met die leerstoele by Universiteite en ook die borge van boere dae. Dis hoekom die navorsers se kot nou geskud is en hulle word bedreig.
Kom LBW en plaas bietjie die teenargumente vir ons oor die boek. Julle lig mos die boer in en hulle wil leer uit julle artikels.

Nuuskierig 

Jan, dankie dat jy in jou kolom vir akademici adverteer wat van Dr Mentz verskil. Spesialiste op die gebied van ekstensiewe landbou is soos spoke; jy hoor van hulle maar sien hulle nie. Kan jy nie met een of twee van hulle reel om aan die man op straat te verduidelik hoe om SEB-boere met eiendomsreg te vestig as ‘n dier se genetiese waarde akkuraat gemeet word en dit nie nodig is om ‘n plaas se potensiaal, produksie en inkomste te meet nie?

Nuuskierig 

Jan, kry asseblief een van die akademici wat nie met Dr Mentz saamstem nie om aan ons boere te verduidelik waar lê die slaggate in sy boek?

onbekende besoeker 

Ek het nog niks in Landbou weekblad gelees wat Dr Mentz verkeerd bewys nie. Ek het nog net gelees hoe akademici hom as persoon aanval.

Mentz ondersteuner 

Min mense is soos Dr Mentz gekwalifiseer om as akademikus, navorser, sakeman-boer en voorligter die “establishment” aan te vat. Hy is reg; boere het net grond, reën en plante om mee geld te maak. In Noordwes plant die boere mielies en sonneblom om die reën in geld om te sit en verwyder dan alle plante wat reën en geld vermors. Hulle inkomste uit die jaarlikse reën word nie gemeet aan die tipe stropers wat hulle gebruik nie, maar aan die kg mielies of sonneblom wat hulle per jaar/ha produseer en verkoop.

Ekstensiewe boere fokus op plante wat met die jaarlikse reën die meeste kg benutbare droëmateriaal (BDM) produseer en diskrimineer teen die plante wat min produseer en dus inkomste vermors. Hulle bemark die BDM met diere as stropers en genereer maksimum inkomste as die diere in verhouding tot die BDM produksie is. As die diere die produksie oorskry word te veel BDM vir onderhoud gebruik en te min bemark. ‘n Boer se inkomste uit reën word nie bepaal deur die genetiese waarde van sy “stropers” nie, maar deur die kg BDM wat hy per jaar/ha produseer en verkoop.

Waarom ken universiteite net Meesters en PhD grade toe vir maatstawwe wat beter genetiese materiaal meet en nie ook waarmee boere kan meet hoe om die reën winsgewend in geld om te skakel nie? As ons kan meet hoe beter diere die meer BDM teen ‘n hoër prys verkoop kan SEB boere met eiendomsreg gevestig word.

Die Regering glo akademici het die kennis om van grondhervorming en Agri SEB ‘n sukses maak. Waarom dwing hulle die Regering om in kompetisie met beleggers grond soos versamelstukke te koop as hulle weet versamelstukke het geen potensiaal, produksie of inkomste nie en kan NOOIT SEB-boere as grondeienaars vestig nie? Dit is ‘n skande dat die pers op straat adverteer om mentors te vind omdat die akademici misluk. Dr Mentz kan vra; waarom moet grond op ‘n kapitalistiese wyse soos versamelstukke aangekoop word en op ‘n kommunistiese wyse in waardelose kommunale grond omskep word sodat bestaansboere vir ewig in armoede leef? Waarom kan grond nie op ‘n kapitalistiese wyse soos besighede aangekoop word nie sodat Agri SEB soos sakemanne uit die grond se produksie welvaart skep wat weer die land se voedselsekerheid waarborg.

Akademici kan nie Dr Mentz blameer as hy hulle van nalatigheid beskuldig omdat hulle net op beter genetiese materiaal fokus en nalaat om die potensiaal, produksie en inkomste van ekstensiewe landbougrond te meet nie. Besef hulle nie sonder metings kan grond nie soos besighede waardeer word nie en kan boere se prestasies NOOIT in geldwaarde gemeet word nie? Die sukses of mislukking van grondhervorming en Agri SEB is in die hande van die akademici. Dis tyd dat hulle na Dr Mentz luister en maatstawwe ontwikkel, want dan kan Agri SEB die land se voedselsekerheid waarborg en kan leiers soos Malema nie met bestaansboere op kommunale grond Suid-Afrika se ekonomie soos in Zimbabwe vernietig nie.

Onbekende besoeker 

Dis vir my net jammer dat Andre Mentz dit nodig ag om so neerhalend te wees oor die instansies met wie hy so hewiglik verskil. Dat hy beweer dat niemand hom verkeerd kan bewys nie is nog al ver gesog aangesien daar honderde international joernale en wetenskaplikes is wat dit wel gedoen het. Hy weerspreek homself op talle plekke in sy eie boek wat ek wel gelees het en skokkend vind oor hoe hy die gedragskodes van die vereniging wat hy al so lank deel van is kan verontagsaam. Deur in 'n boek gepubliseerde navorsings artikels verkeerdelik aan te haal is baie onproffesioneel en ongelukkig is daar mense wat nie van beter weet nie en hom glo!!!

Onbekende besoeker 

As I read the Bible few prophets were well received. That didn't make what they had to say less useful. Keep it up Dr Mentz.

Grobbies 

Die beesboer wat nie besef dat voerkraalvleis gif is wat aan die verbruiker verkoop word nie, ken nie sy eie bedryf nie. Ongelukkig beheer die' manne die beesbedryf. Die persoon wat weet wat opgesluit lê in vleis met witvet sal dit nie eet nie.

Agv. my eie waarneming en ondervinding, asook baie wat ek opgelees het, moet ek met meeste stellings van dr. Mentz saamstem. Hy sal sy denkrigting egter moeilik gestand doen omrede hy teen die voerkraal "mafia" te staan kom.

Onbekende besoeker 

beter veldbestuur kan verseker nagestreef word, maar om genetika so te verontagsaam gaan nie tot vooruitgang lei nie... volgens my is dit 2 verskillende onderwerpe

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.