Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Beheerde-dektyd-bespaar-koste

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Beheerde dektyd bespaar koste

DON NICOL

Die voortdurende uitdaging vir 'n vleisbeesboer is om in sy kudde voortplantingsprestasie en vleis van gehalte met mekaar te laat balanseer. Een van die beste hulpmiddels om dít reg te kry, is 'n kort, beheerde dektyd.

'n Boer wat sy vee se dektyd beheer, is in beheer van die bestuur van sy kudde. Lang dektydperke lei tot lang kalftydperke. Beesboere wat dié praktyk toepas, is selde bewus van produksiekoste op hul plase. Hulle "oes" kalwers sonder dat hul kuddes verbeter.

Een van die beste maniere om die koste van 'n koei-kalf-onderneming te verlaag, is om koeikoste te beheer, want die onderhoud van 'n koeikudde vorm 'n baie groot deel van die vleisbeeskoste (75 % tot 80 %) van 'n kudde.

Een van die basiese maniere om produksiekoste te verlaag, is om die koei-kalf-produksiesiklus in ooreenstemming met die gehalte en beskikbaarheid van voer te bring. Kostedoeltreffende bestuur sal verseker dat genoeg voer van 'n hoë gehalte van kalftyd tot speentyd beskikbaar is.

Saam met 'n strategiese speentyd is dit die beste manier om koeie in kondisie te hou en aanvullende voedingskoste tot die minimum te beperk.

Die voedingsbehoeftes van koeie is die hoogste in die laaste drie maande van dragtigheid en die eerste drie maande ná kalftyd. Die energiebehoeftes van koeie in die maande ná kalftyd word in die grafiek getoon.

Die grafiek toon die energie wat 'n koei bokant normale onderhoudsvlakke benodig vir melkproduksie en vir die voeding van die groeiende fetus. Enige voedingstekort in dié tyd sal haar reproduksieprestasie beinvloed. Weens die koei se hoë voedingsbehoefte is die gemiddelde kalfdatum van die kudde dus 'n deurslaggewende faktor in die koei-kalf-prestasie.

Waar kalftye nie beheer word nie - wanneer bulle die hele jaar by die koeie gehou word is kalftye dwarsdeur die jaar versprei. Die koei wat buite die "beste" tyd van die jaar kalf, sal sukkel om 'n goeie kalf groot te maak en ook moeilik weer beset raak.

Boere wat dié teelstelsel gebruik, het die voordeel dat hulle nie bulkampe nodig het nie. Hulle sê ook dat hulle minder bulle nodig het omdat die koeie oor 'n langer tydperk op hitte kom. Vervangingsverse het minder ontwikkeling nodig omdat hulle gepaar word wanneer hulle die vereiste gewig bereik. Voorstanders van paring heel jaar lank sê dit het bemarkingsvoordele, want hulle het die hele jaar kalwers om te verkoop.

Die sleutelbepalers van voortplantingprestasie is dragtigheidsduur en die duur van die tydperk van die kalfdatum af totdat die koei 'n vrugbare hitte vertoon (postparpartum anoestrus). Dragtigheidsduur verskil van ras tot ras, byvoorbeeld, by Angusse is dit 280 dae, by Brahmane 287 dae, by Simmentalers 286 dae, by Bonsmaras 283 dae, by Santa Gertrudisse 282 dae en by Simbras 283 dae. Die variasie in Bos indicus- en verwante rasse is gewoonlik groter as in Bos taurus-rasse.

'n Kalf wat suip, onttrek energie van die koei en in vroeë laktasie is sy in 'n tydperk waarin sy nie na die bul sal terugkeer nie. In gewone toestande behoort koeie 50 tot 60 dae ná kalftyd op hitte te kom. Bos indicus- en verwante rasse is egter ontvankliker vir seisoenale invloede op laktasie-anoestrus. Dus word hierdie tydperk as 'n beduidende faktor gereken in die beheer van die persentasie koeie wat bevrug raak. In 'n slegte lente kan die anoestrustydperk tot 90 dae of langer uitrek.

'n Korter dektyd is glad nie 'n waarborg vir 'n hoër kalfpersentasie nie omdat dit in werklikheid gewoonlik 'n effens laer kalfpersentasie tot gevolg het.

As die kalfdatum egter deur die verkorte dektyd in sinchronisasie met die "beste" tyd van die jaar gebring word, maak dit dié soort bestuur en benutting van hulpbronne moontlik wat die produksie van beesvleis en winsgewendheid kan verhoog.

Dit is glad nie nodig om bekommerd te wees oor 'n paar kalwers "buite sinchronisasie" as die hele kudde op die beste seisoen ingestel is nie.

Die grondslag van prestasie-aantekening is dat diere eenders behandel moet word, en waar bestuurstoestande verskil, moet dit aangeteken word. Die beste data sal dié wees waar beeste op 'n tyd gebore word wat hulle in staat stel om hul teelpotensiaal te toon. Aanpassingfaktore in die Breedplan-evaluasiestelsel maak voorsiening daarvoor dat diere wat op verskillende tye gebore is, ontleed kan word (hulle word outomaties in subgroepe ingedeel).

Waar die meeste kalwers in 'n kompakte kalfpatroon gebore is, kan meer diere ingedeel word in 'n "bestuursgroep" wat op geboortedatum gegrond is.

Die seisoen asook die tyd wanneer die beskikbare weiding nie meer in die voedingsbehoeftes van 'n koei met 'n suipkalf kan voorsien nie, het 'n invloed op wanneer kalwers gespeen moet word. Sodra 'n kudde met 'n beheerde teelstelsel bestuur word, word die kondisie van 'n koei soos geld wat rente verdien in die bank. Haar kondisie moet bewaar word omdat dit baie moeilik (en duur) is om haar kondisie te herstel as sy te veel agteruitgegaan het. Daarom is 'n strategiese speentyd baie belangrik.

Kalwers se gewig met speentyd sal 'n belangrike impak op jaarlikse produksie en winste hê. Kalwers wat vroeg in die kalftyd gebore is, se speengewig kan hoër wees as ander wat later gebore is omdat hulle met speentyd ouer is.

In die tabel word die effek nageboots vir 'n kudde met 'n dektyd van 105 dae en wat speen sodra die oudste kalwers sewe maande oud is. Hoe meer kalwers in die eerste weke van kalftyd gebore word, hoe meer gewig sal hulle aansit. Die produksiekoste daal wanneer meer kilogram teen dieselfde koste of teen 'n betreklik kleiner styging in koste geproduseer word.

Genoeg vrugbare bulle wat werk, is nodig in 'n kompakte kalftyd. Daarvoor moet bulle voor die begin van die seisoen in 'n kondisie gebring word wat in die seisoen as reserwe kan dien. Verder moet jaarlikse inspeksie vir telingsgeskiktheid gedoen word. Die soort veld en aantal suipings sal die werklike paringspersentasie bepaal.

In 'n oop gebied waar koeie op hitte op 'n taamlike afstand sigbaar is en waar nie te veel suipings is nie, sal drie vrugbare, werkende bulle per 100 vroulike diere genoeg wees. DNS-ontleding van kalwers wat uit multivaar-kuddes gebore is, het getoon dat die eerste twee bulle die meeste van die kalwers verwek - die derde bul is daarom meer vir versekering daar.

In gebiede wat ruig begroei is met baie watergate of stilstaande water, sal die bulpersentasie miskien hoër moet wees. Aandag aan detail is noodsaaklik in hierdie stelsels. Dit is uiters belangrik dat bulle gereeld nagegaan word.

Ondervinding in somerreënstreke wys dat kalftyd ongeveer 'n maand voor die aanvang van die reëntyd moet begin (meer as 50 mm in gekombineerde reënvalstreke). Om dít reg te kry, moet die dektyd begin sowat drie maande nadat die kalftyd begin het.

Die voorspelbaarheid van die reënval sal die duur van die dektyd bepaal. Dit is 'n goeie praktyk om op te let wanneer wildsbokke en ander wilde grasvreters in die gebied kalf. 'n Dektyd moet maksimum 75 tot 90 dae wees (verkieslik 66 dae).

'n Boer wat van deur-die-jaar-paring wil oorskakel, moet dit geleidelik doen. Die enigste praktiese manier is om die verandering oor 'n paar jaar te laat plaasvind, sodat verliese aan koeie wat heeltemal "buite sinchronisasie" is, tot die minimum beperk word.

Die eerste stap is om die bulle drie tot vier maande voor die begin van die verlangde dekdatum uit die kudde te haal. Voorgestelde datums vir die begin van paartyd vir verskillende streke in Suid-Afrika is: Oos, 1 Oktober; sentraal, 15 November; wes, 1 Januarie.

Vroulike diere wat nie dragtig is wanneer die bulle uitgehaal word nie, sal maklik beset raak wanneer die bulle later weer teruggeplaas word. Daarna behoort die bulle elke jaar een maand vroeër uitgehaal te word om die impak van die verandering tot die minimum te beperk.

'n Ander strategie is om met vervangingsverse te begin deur hulle op die bes-te tyd by die bul te bring. As 'n boer genoeg kampe het om twee troppe koeie aan te hou, kan die groep koeie wat op die gewenste tyd kalf apart gehou word van dié wat die verkeerde tyd van die jaar kalf. Dié groep kan dan met 'n hoër persentasie vervangingsverse aangevul word wat op die regte tyd gedek sal word.

Watter metode die boer ook al gebruik, dit sal gewoonlik sowat vyf jaar duur om die doel te bereik. Begin dus gou. Vyf jaar lyk na 'n lang tyd, maar die resultaat sal die moeite werd wees.

  • Don Nicol is direkteur van Breedlink in Australië. Die artikel is deur mev. Judie Erasmus vertaal.

    Die stelsel het vele voordele

    Die voordele van 'n beperkte dektyd is veel meer as om koeie in sinchronisasie met die seisoen van groen weiding te bring. Dit maak voorsiening vir:

  • Die jaarlikse monitering van produktiwiteitsmaatreëls - soos die hoeveelheid beesvleis geproduseer per koei wat die vorige jaar by die bul geloop het. Dit is belangrik om produksiekoste met dié van ander boere in die streek te vergelyk. Met 'n deur-die-jaar-kalftyd word eintlik net 'n jaarlikse opbrengs gemeet wat in verhouding is tot die totale aantal vroulike diere in die kudde.
  • Die doeltreffender bestuur van jaarlikse kuddegesondheidsprosedures, want dit is moontlik om voortydig in te ent na gelang van die groeistadium of voortplantingstatus van die diere.
  • 'n Seksuele blaaskans vir die vroulike kudde wanneer die bulle weggeneem word, wat die effek beperk van geslagsiektes wat deur die bulle oorgedra kon word.
  • Doeltreffender prulprosedures omdat voortplantingsukses of -mislukking ooglopender is. Die prul van 'n jong koei wat nie die mas opkom nie, sal die sukses van voortplanting in 'n kudde op meer as een manier verhoog. 'n Minder vrugbare "passasier" word geprul omdat 'n koei wat een maal op 'n jong ouderdom teleur gestel het, dit weer later sal doen as sy in die kudde behou word. Die konstante prul van die minder vrugbare soorte sal die vrugbaarheid van die kudde mettertyd verhoog. Doen dragtigheidstoetse nadat die bulle weggeneem is, raak ontslae van die passasiers en verlaag só die onderhoudskoste van die kudde.
  • Die beraming van die behoefte aan vervangingsverse vir kuddeverbetering (voortreflike teelmateriaal) en die handhawing van die kuddegrootte. 'n Korter dektyd stel die boer in staat om verse goed te versorg sodat soveel moontlik verse genoeg gegroei en ontwikkel het om op die regte tyd gedek te word. Moenie te veel prul en voorafparing toepas nie. Laat soveel verse moontlik dek en plaas seleksiedruk op hul vermoë om dragtig te raak (dragtigheidstoets), sonder hulp te kalf en weer dragtig te raak.
  • Die seleksie in bulkuddes van bulle van die vrugbaarste koeie. 'n Kort dektyd stel 'n boer in staat om die voortplantingsvermoë van vroulike diere te vergelyk. Vir die bulteler het 'n beheerde dektyd die voordeel dat dit die seleksie van bulle vergemaklik. Soos wat die diere grootword, sal sommige geprul of gekastreer word. Dit sal die getalle in die bestuursgroep, wat met geboorte saamgestel is, verklein. Die beste data sal kom van kuddes waar groot getalle kalwers in groepe volgens geboortedatum is.
  • Beter resultate vir boere wat vir parasietweerstand selekteer omdat die diere wat vergelyk moet word, in dieselfde tyd gebore is. Ouderdoms- en seisoenale effekte ten opsigte van parasiete kan verwarrend wees in die seleksieproses.

    1 Julie 2005

  • 0
     
    • 2018 keer gelees

    Geborgde skakels

    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Plaaswerker-tekort in VSA
    • Petrolprys kan styg, diesel daal
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction