Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Beste-tulis-nou-sa

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Beste Tuli's nou in SA

 
LOUW PRETORIUS

Met kwalik 'n Tuli oor in Zimbabwe, die land waar die moderne Tuli-bees sedert die middel 1940's sy beslag gekry het, is dit Suid-Afrikaanse telers wat nou as 't ware voogdyskap vir dié ras oorgeneem het. Die meeste aangetekende Tuli's asook die grootste genepoel van dié ras ter wêreld, met minstens 13 van die beste Zimbabwiese bloedlyne, is nou in Suid-Afrika.

Die kultuur van vernietiging in Zimbabwe het soos 'n uitveër oor 'n potloodstreep dié land se landbou getref. 'n Uitvloeisel daarvan is die uitwissing van die land se veestapel. Selfs die inheemse, veredelde Tuli, 'n beesras met 'n voorgeskiedenis van duisende jare, is nie gespaar nie.

Tuli's het in die 1970's die eerste keer in Suid-Afrika hul verskyning in die omgewing van Northam, Limpopo, gemaak. Die unieke potensiaal van dié ras is egter eers sowat 20 jaar later besef. Mettertyd is 500 tot 600 diere ingevoer met die klem op goeie bloedlyne. Daar is nou nagenoeg 4 000 geregistreerde Tuli's in die Republiek wat al die belangrikste bloedlyne verteenwoordig.

Goeie samewerking tussen die plaaslike en Zimbabwiese telersgenootskappe het daartoe gelei dat 'n proses ses jaar gelede begin is om die data van die Zim-diere by SA Stamboek met dié van die plaaslike diere te verenig. Die gevolg was dat die eerste gekombineerde en betroubare teelwaardes van 30 000 diere in 2001 vir die ras uitgereik kon word.

Intussen is in die 1990's 'n paar gesamentlike jaarlikse produksieveilings deur die twee genootskappe in Suid-Afrika gehou. Dié veilings het van die beste teelmateriaal getrek en sowat 200 diere (manlik en vroulik) van die top-telers het die plaaslike genepoel 'n verdere hupstoot gegee.

Suid-Afrikaanse telers — trouens, die land se vleisbeesbedryf — sit met 'n unieke kleinood wat nie deur teeltruuks of swak datawinning befoeter behoort te word nie.

Die Tuli is inderdaad uniek in die sin dat dit 'n Tswana-tipe is wat uit die Sanga van Wes-Afrika stam en wat volgens DNS-toetse eintlik 'n Bos taurus is. Maar 'n B. taurus met 'n verskil. Die Afrikaanse B. taurus wat oor 'n paar duisend jaar in afsondering ontwikkel het, is verreweg beter by baie warm en koue toestande aangepas as die Europese en Britse B. taurus.

Dié twee lyne is sowat 10 000 jaar van mekaar verwyder, sê die kundiges. Gevolglik word ewe veel basterkrag met 'n Tuli-kruising by sowel B. taurus- as die Bos indicus-Seboerasse verkry. Buitelanders het dít terdeë benut.
In 1990 is Tuli-embrio's na Australië uitgevoer waar dit saam met 13 ander rasse as deel van 'n uitgebreide kruisteelproef geëvalueer is.

In dié proewe is by die Tuli x B. taurus-kruisings meer gehardheid en groter aanpasbaarheid by uiterstes van klimaat (warm en koud) asook 'n goeie weerstand teen in- en uitwendige parasiete aangeteken. By die Tuli x B. indicus-kruisings is 'n wesenlike verbetering in vleisgehalte verkry.

Die ras se hoë vrugbaarheid en uitstekende aanpasbaarheid maak dit 'n ideale keuse in ekstensiewe boerderytoestande. Die diere kan swak natuurlike weiding optimaal benut, lê lang afstande af na kos en water, handhaaf 'n hoë kalfpersentasie en lewer 'n gesonde en swaar speenoes.

Voorts is die Tuli 70 % tot 80 % poenskop. Die vroegryp mediumraam-diere het 'n gladde haarkleed en soliede effekleure, wat wissel van wit tot skakerings van geel tot rooi en donkerrooi, maar het 'n donker gepigmenteerde vel. Koeie het besonder goeie uiers en spene. Harde hoewe en tande is kenmerkend. Hulle is gras- en blaarvreters. Daarvan getuig telers in Mpumalanga, die Oos-Vrystaat, die Oos-Kaap, die Kalahari, Namibië en selfs die Karoo. Vet word inwendig en binnespiers opgeberg en nie onderhuids soos by die meeste Britse rasse nie. Die vet word weer in hitte- of voedingstres maklik opgeneem.

Die welslae wat die Amerikaners met hul Angus-beesvleis behaal, is wyd bekend. In 'n poging om vleisgehalte met gehardheid te kombineer, het 'n span navorsers by Nebraska in die 1990's semen van Tulibulle van Australië bekom. In uitgebreide evalueringsproewe oor drie jaar is Angus-, Brahman- en Tulibulle met Angus- en Herefordkoeie gekruis.

Benewens 'n reeks eienskappe is veral klem gelê op die vleisgehalte van die nageslag. Ten opsigte van marmering, uitslagpersentasie, persentasie keurgraad vleis, sag en sappige vleis en oogspieroppervlakte was die F1-nageslag van die Tuli x Angus-kruisings kop aan kop met die suiwer Angus.

In die praktyk het hierdie proewe twee belangrike voordele van die Tuli beklemtoon:

  • Die Tuli-kruisings kon op 18 maande sonder enige byvoeding van die veld af bemark word met prima-klassifikasie en 'n hoë uitslagpersentasie.
  • In die strafste boerderytoestande waar Angusbulle nie kon byhou nie, het F1 Angus x Tulibulle ten opsigte van gehardheid, aanpasbaarheid, libido en vrugbaarheid goed gepresteer.

    Daar is tans bykans 30 Tuli-stoeterye in Amerika en Kanada en 40 in Suider-Afrika.

    Nader tuis het die departement van landbou in Botswana vyf rasse, naamlik die Afrikaner, Bonsmara, Brahman, Tswana en Tuli oor 10 jaar (1970 tot 1980) aan 'n produksieproef op natuurlike veld onderwerp. Die rasse is op grond van veral vier ekonomies belangrike eienskappe geëvalueer.

    Ten opsigte van drie van dié vier eienskappe was die Tuli bo-aan die lys en by een tweede, met 'n verskil van 'n skrale 0,2 %. Die volgende resultate is in 'n amptelike verslag vervat: Kalfpersentasie, 86,6; konsepsie by koeie met kalf op hoef, 80,5 %; gewigstoename van speentyd tot 18 maande, 6,5 % (Brahman, 6,7 %); produksie-indeks (gewig op 18 maande van kalf/koei/jaar), 230,8 kg, indeks, 109.
    Uit voorgaande is dit duidelik dat die eintlike waarde van die Tuli in kruisteling lê. Hul kalwers is klein en weeg gemiddeld 31 kg tot 32 kg by geboorte wat koeie van enige ras maklik laat geboorte gee. Dit is ook die ideale bul om verse mee oop te maak. Die ras dra van die meeste vleis onder die eg inheemse Suider-Afrikaanse rasse.

    Tuli is deur natuur gebrei

    Tswana-beeste is 'n vertakking van die Sanga-groep. Hulle is oor honderde jare natuurlik geselekteer in die warm en droë mopanie-bosveld in die omgewing van die Tuli-blok (waar die grense van Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe bymekaar kom) om parasiete, siektes, hitte en periodieke droogtes te weerstaan.

    Veral die Matabele-stamhoofde het Tswanakuddes geselekteer op grond van goeie temperament en vrugbaarheid.

    Dit is uit hierdie kuddes dat die aanvanklike kern van die veredelde Tuli geselekteer is en in 1947 by die amptelike Tuli-teelsentrum, 40 km suidwes van Gwanda in die destydse Rhodesië, gevestig is.

    Mnr. Len Harvey, 'n Vrystater van oorsprong, was vir die teelprogram verantwoordelik — hoofsaaklik om veeverbetering in die kommunale gebiede te bevorder. Met die klem op gewig vir ouderdom is 'n baie streng fenotipiese seleksieprogram gevolg.

    Harvey het gou twee top-teelbulle, Guyu en Nyassaland, geïdentifiseer. Om hul invloed ten beste te benut, het hy 'n program van lynteling begin.
    Dié twee bulle is elk by 'n koeigroep van 70 geplaas. Dié koeie is geleidelik met hul eie nageslag vervang. Die res van die koeikudde is in sewe groepe verdeel, elk met 'n streng geselekteerde bul. Dié teelprogram se merkwaardige vordering was 'n bewys van die uitmuntende genetiese bron in die kudde.

    Selfs in parings met 'n inteelkoëffisiënt van 36 % kon geen nadelige gene-afwykings bespeur word nie. Trouens, 'n merkwaardige graad van eenvormigheid was opvallend.

    Harvey het 10 jaar lank volgehou met streng seleksie vir tipe en vleiseienskappe. Handdekking met die mees gepaste bul is toegepas by elk van die 300 koeie en verse in die kudde. Toe die Tuli by elke belangrike skou die bloktoetse wen, het die legendariese beesboer Ian de la Rue oor dié genetiese vordering gesê: "Dis verstommend dat die Tuli ná 10 jaar se ontwikkeling só presteer. Maar ook te betreur dat ná 300 jaar van intensiewe Bos taurus-teling, die Sanga dié agterstand binne 10 jaar kon uitwis."

    Toe die ras in 1955 in die Rhodesiese inheemse stamboek as 'n nuwe ras opgeneem is, was daar 'n sterk gevoel dat die ras na Harvey genoem moes word. Hy het egter aangedring op die naam Tuli — afgelei van die Ndebele-woord "utilini" wat stof beteken en waarvan die kleurskakerings by dié van die Tuli aansluit.

    23 Julie 2004

  • 0
     
     
    • 2510 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Aan tafel met Leipoldt
    • 'n Simfonie van momentum en energie
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction