’n Boek wat daarop fokus om dokters in te lig oor die insluiting van rooivleis in ’n verbruiker se dieet is Dinsdag (11 September 2012) op die Rooivleisprodusente-organisasie (
RPO) se 24ste jaarkongres bekend gestel.
Prof. Hettie Schönfeldt, bestuurder van die ontwikkelingsprogram vir rooivleisnavorsing in Suid-Afrika, sê dokters speel ’n belangrike rol in die bepaling van mense se diëte.
“As iemand ’n probleem het, gaan hy na ’n mediese dokter vir hulp en raad,” aldus Schönfeldt. “Verbruikers is verward oor wat die regte ding is.”
Kontroversiële onderwerpeSy sê die boek sluit hoofstukke in wat op kontroversiële onderwerpe fokus. Die onderwerp van die insluiting van
versadigde vette in ’n dieet en die uitsluiting van suiker en koolhidrate word ook bespreek.
Prof. Tim Noakes, kundige verbonde aan die skool van oefening en sportwetenskap by die Universiteit van Kaapstad, is een van die skrywers.
Sowat 20 000 kopië sal gedruk word en die boek sal aan alle mediese dokters in die land verskaf word. Dr. Carl Albrecht, hoof van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het ook ’n hoofstuk in die boek geskryf.
Meer inligting oor die boek is by
www.healthymeat.co.za beskikbaar.