10 Desember 2008

2129 keer gelees | 0 kommentaar

'n Australiese boer gebruik Dorpers as 'n wapen teen onkruid.


Mnr. Bill Davies, 'n boer van Falls Creek in Australië, gebruik Dorpers as 'n wapen teen onkruid. Hy sê sy plaas was voorheen 'n see van wilgerosies (Epilobium angustifolium), maar dié Suid-Afrkkaanse skaapras maak kortte mette met sy probleem.

"Ek het een jaar $7 500 bestee om die onkruid te bestry en 75% het net weer terug gegroei," sê hy. Na aanleiding van sy eie navorsing het hy besluit Dorpers sal die ideale teenvoeter vir die onkruid wees. Hy het ook Boerbokke oorweeg, maar meen hulle sou te veel werk vereis.

Dorpers is nie, soos ander kleinvee, vatbaar vir lewervergifting as hulle wilgerosies inkry nie. Hulle het ook nie veel versorging nodig nie. "Hulle raak van die onkruid ontslae en sny sommer die gras ook."

Davis wil nou sy trop Dorpers verkoop om koste te dek en om te help om dié onkruid, wat met ander plante meeding om lig en water, verder te bestry.

Bron:
The South Coast Register

10 Desember 2008

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights