|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Die boer wat vanjaar die beste baal sybokhaar geproduseer het, mnr. Piet Viljoen van die Vleikuil-boerdery, is onlangs op Aberdeen aangewys.
Hy het met die Ermenegildo Zegna Suid-Afrika-sybokhaartrofee vir 2011 weggestap, sê Sybokhaar Suid-Afrika.
Die trofee is die eerste keer in 1970 toegeken en word sedertdien jaarliks toegeken aan die boer wie se produk van die beste gehalte is. Die kompetisie moedig boere aan om die beste baal somersybokhaar vir jongbokkies te produseer.
Volgens die SSA is Suid-Afrika vanweë die uitmuntende gehalte van die plaaslike produk die enigste land wat deur die maatskappy geborg word.
Beoordeling
Die inskrywings word op grond van fynheid, lengte, mikron, skoonopbrengs en die afwesigheid van kemp beoordeel. Ermenegildo Zegna is ’n Italiaanse maatskappy wat bekend is vir sy leierskap in die klere- en duursame tekstielbedryf.
Mnr. Paulo Zegna, voorsitter van die groep, sê: “Hierdie toekennings is ’n verklaring van hoe belangrik die sybokhaarbedryf is en hoe belangrik dit vir ons groep is om uiters hoë gehaltestandaarde van onverwerkte stowwe te handhaaf.”
“Ons wil graag die wenners gelukwens, aangesien hulle almal bydra tot die gehalte van die somerjongbokkiehaar. Hulle werk uiters hard om ’n goeie skeersel te produseer, en ons geniet dit om hulle by hierdie geleentheid vir hul moeite te beloon,” aldus mnr. Deon Saayman, hoofbestuurder van die SSA.
Die ander wenners was F.E. Colborne & Seuns, A.C. Fitzhenry & Seun, B.T. Henderson, A.B. Hobson & Seun BK, J.H. Lategan, P.C.L. Michau, J.L. Retief & Seun en Snyberg-boerdery.
8 November 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)