Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Daars-geld-voer

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Daar's geld in voer

 
BENNIE VAN VUUREN

Omdat graanpryse deesdae laag is, is die intensiewe afronding van kleinvee in 'n voerkraal 'n lewensvatbare opsie. Dit bied groot moontlikhede aan die graanboer wat sy mielie-oes op die land winsgewender wil bemark.

Speenlammers wat regstreeks bemark word, behaal gewoonlik nie 'n goeie prys nie en word baie kere spotgoedkoop verkoop aan iemand wat een doel voor oë het, en dit is om wins daaruit te maak. 'n Kleinveeboer kan daardie potensiële voordeel egter self ontgin.


Voerkraalafronding het die volgende doelwitte:

  • 'n Hoë gewigstoename teen lae koste (hoë marge bo voerkoste).
  • Die beste vleisgradering binne die teikenvoertydperk teen die beste uitslagpersentasie (waardevermeerdering).
  • Om druk op veld en weidings te verlaag, oorbeweiding te voorkom en veldherstel te verhaas.
    Belangrike vereistes is dat die langtermynbeplanning nie op huidige pryse gegrond moet word nie, die algemene bestuur en doeltreffendheid op die bes-te vlak moontlik moet wees en dat die voerkraalonderneming by die bestaande boerderystelsel inpas.


    Voeding moet baie aandag geniet. In 'n voerkraalsituasie beloop die voedingskoste 70 % tot 80 % van die totale koste. Voorsiening moet gemaak word vir die behoeftes van die verskillende soorte diere wat afgerond word. Wanvoeding veroorsaak dat die diere nie volgens hul potensiaal presteer nie, terwyl oorvoorsiening die projek onekonomies sal maak. Die rantsoen moet dus so goedkoop moontlik saamgestel word, maar moet in die diere se behoeftes vooorsien.


    Die belangrikste voedingstowwe vir die balansering van rantsoene is energie, uitgedruk as megajoules metaboliseerbare energie per kilogram voer (MJ ME/kg), asook die ruproteïeninhoud van die totale rantsoen.


    Lammers se energie- en ruproteïenbehoefte is:

  • Vanaf net ná speentyd tot 30 kg liggaamsgewig: 9,7 MJ ME/kg; 14 % ruproteïeninhoud.
  • Bo 30 kg liggaamsgewig: 10,4 tot 11,2 MJ ME/kg; 11 % ruproteïeninhoud.
  • Vir ouer diere: 11,2 MJ ME/kg; 11 % ruproteïeninhoud.

    Bogenoemde onderskeid is nodig omdat lammers dadelik ná speentyd 14 % ruproteïen (die duurste voedingstof) vir voldoende spiergroei benodig, terwyl die rantsoen daarna meer energie moet bevat vir die nodige vetaansetting (afronding) om die gewenste gradering te behaal.


    Aangesien 'n afrondrantsoen hoofsaaklik uit kragvoer bestaan, is dit noodsaaklik om die diere eers op hierdie rantsoen aan te pas. As onaangepaste skape groot hoeveelhede kragvoer kry, kry hulle suurpens, wat diarree, laminitis (seer kloue), swak groei en in sekere gevalle vrektes veroorsaak. Die kragvoer in die rantsoen moet dus geleidelik vermeerder word tot die verlangde hoeveelheid. Dit is waar afronding se sukses in 'n groot mate bepaal word.


    'n Riglyn vir aanpassing is om aanvanklik smaaklike, grof gemaalde hooi vir die skape te gee sodat hulle vryelik kan vreet. Vanaf die tweede dag word 100 gram van die volledige rantsoen per dier voorsien en met 100 gram per dag vermeerder tot ongeveer die tiende dag, waarna die volledige rantsoen verskaf word waarvan hulle na wens kan vreet.


    Die ruvoer moet van 'n hoë gehalte en smaaklik wees, anders sal die skape dit nie vreet nie en het dit dieselfde uitwerking as die regstreekse oorskakeling na 'n kragvoerrantsoen. Voerkalk (2 % tot 3 %) kan as buffer by die kragvoerrantsoen gevoeg word. 'n Buffer is 'n komponent wat in klein hoeveelhede gebruik word om metaboliese of verteringsteurnisse teen te werk. In hierdie geval word 'n kalkbevattende middel (voerkalk) teen suurpens (asidose) gebruik.


    'n Vereiste vir suksesvolle voerkraalafronding is dat genoeg goedkoop voer beskikbaar moet wees. Ruvoer is dié bestanddeel wat die grootste prysbepalende faktor is. Hoewel ruvoer gewoonlik die goedkoopste deel is (of behoort te wees), is dit die voer waarvan die prys en gehalte die meeste kan wissel.


    Kragvoer (hoofsaaklik mielies) se prys en gehalte is gewoonlik 'n gegewe en die boer kan min daaraan doen. Indien moontlik, moet hy ruvoer gebruik wat op die plaas beskikbaar is, maar dit moet aan die nodige gehaltevereistes voldoen. Swak ruvoer kos min, maar is dikwels duur voer as dit in afrondingrantsoene gebruik word. Dit is omdat dit 'n swak voeromset het en tot duur rantsoene lei omdat die boer meer kragvoer (die duurste komponent) moet byvoeg.


    Die waarde van ruvoer kan verhoog word deur voerbyvoegings of die verbetering van die voer (soos ammonifisering).


    Die uitwerking van rantsoenkoste en vleisprys op winsgewendheid is so bereken: Koopprys per lam R325 (25 kg @ R13/kg lewende gewig; slaggewig 50 kg (45 % uitslag); karkasgewig 22,5 kg; gewigtoename in voerkraal 22,5 kg; voeromsetverhouding 5,5 kg voer/kg gewigstoename; en voerverbruik in die voerkraal sowat 125 kg/lam.


    Afrondingrantsoene: Vir die voer is 'n basis van 100 % droë materiaal gebruik. Die rantsoene is gebalanseerd en 'n lek bestaande uit 50 % dikalsiumfosfaat en 50 % sout is voldoende daarmee saam.


    Mielies kan ook as kuilvoer (wat as ruvoer dien) vir skaapafronding gebruik word. Kuilvoer van graangewasse bevat egter relatief min ruproteïen. 'n Proteïenaanvulling is dus noodsaaklik. Omdat kuilvoer weens 'n hoë voginhoud (ongeveer 67 % vog) baie lywig is, moet die minimum droëmateriaalinname 4 % van die liggaamgewig wees.


    Kuilvoer moet van 'n hoë gehalte wees en vars kuilvoer moet daagliks verskaf word. Lammers moet so gou moontlik geleer word om kuilvoer te vreet. Kragvoer kan vir 'n paar dae oor die kuilvoer gestrooi word. Daarna moet die kragvoer beperk word, terwyl die diere vryelik kuilvoer vreet. Sit skape wat reeds kuilvoer vreet by dié wat nog moet leer. Hierdie leerproses moet reeds 'n paar dae voor speentyd begin.


    Mieliemeel kan as energie-aanvulling verskaf word: Vir lammers ligter as 30 kg teen 1 % van die liggaamsgewig en swaarder as 30 kg teen 2 % van die liggaamsgewig.


    'n Afrondingsrantsoen met kuilvoer as ruvoerbron kan vir die verskillende afrondingstadiums só lyk:

  • Ligter as 30 kg (14 % ruproteïen): kuilvoer 50 %, mieliemeel 33,6 % en oliekoekmeel 16,4 %.
  • Bo 30 kg (11 % ruproteïen) - kuilvoer 50 %, mieliemeel 42,5 % en oliekoekmeel 7,5 %.

    Die rantsoene se droëmateriaalbasis is gegrond op kuilvoer met 67 % vog en mielie- en oliekoekmeel met 8 % vog.


    As dit by die ekonomie van afronding kom, is daar verskeie faktore wat 'n rol in die winsgewendheid van voerkraalafronding speel. Die volgende formule kan gebruik word om die sukses van afronding te bepaal: BM = A(B-C) + D(B-E) x V. (BM = bruto marge per skaap (R); A = gewigtoename in voerkraal; B = verwagte inkomste (R/kg lewendige gewig); C = voerkoste (R/kg toename); D = begingewig (kg); E = waarde of koopprys van dier (R); en V = verwagte verlies (aantal diere bemark as persentasie van aanvanklike getal).


    Die bruto marge per skaap is dus die gewigtoename in die voerkraal (verwagte inkomste minus voerkoste) plus die begingewig (verwagte inkomste minus koopprys van die dier) maal die verwagte verliese.


    Die eerste deel van hierdie vergelyking, naamlik A(B-C) - die sogenaamde voermarge - dui die verskil in waarde aan tussen die gewig in die voerkraal aangesit en die voerkoste. Dit is hieroor wat die boer direkte beheer het.


    Die tweede deel, naamlik D(B-E), verteenwoordig die prysmarge; dus met hoeveel die lam se waarde toegeneem het.


    Die laaste item is die verwagte verliese, wat uitgedruk word as die getal lammers wat bemark word as 'n persentasie van die getal wat in die voerkraal geplaas is.


    Dr. Bennie van Vuuren is 'n kenner van bees-, bok- en skaapproduksie by Noordwes se departement van landbou, omgewingsbewaring en toerisme op Potchefstroom.

    Voordele van voerkraal . . .

  • Toesighouding en beheer is beter en dit vergemaklik bestuur.
  • Diefstal en verliese weens probleemdiere word grootliks uitgeskakel.
  • Die skape gebruik min energie omdat hulle nie wei nie.
  • Beter beheer oor voeding is moontlik, veral die voerinname en rantsoenbalansering. 'n Beter gewigstoename beteken dat die afrondingtydperk korter as op weiding is.
  • Daar is heelwat besparing op doseerkoste. As die skape wurmvry is voordat hul in die krale kom, vind herbesmetting met die nodige voorsorg nie maklik plaas nie.
  • Jonger en swakker diere het in krale beter geleenthede by die voerbakke omdat die diere in verskillende ouderdoms- en gewigsklasse ingedeel kan word.
  • Die druk op weiding word verlig sodat dit kan herstel; alternatiewelik kan 'n groter getal teeldiere aangehou word.

    . . . en die nadele

  • Kraalafronding is arbeidsintensief. Ál die voer moet aangery en meestal gemaal word. Misverwydering verg baie tyd en arbeid.
  • Koste is hoër as op weidings.
  • Meer duur aanvullings word gebruik. Diere kan nie in die kraal so selektief vreet as op weiding nie.
  • Diere moet in kraaltoestande en op die kragvoerryke rantsoen aangepas word.
  • Siektes wat hoofsaaklik in die voerkraal voorkom, is suurpens, laminitis (seer kloue), blaasstene en koksidiose. Ander siektes en toestande waarteen die boer moet waak, is bloednier, pasteurella, ooginfeksies en opblaas.

    29 April 2005

  • 5
     
     
    • 2431 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Afgri pluk vrugte
    • Staatsplantasies aan benadeeldes oorgedra
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction