Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Die-afrikaner-herrys

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Die Afrikaner herrys

 
LOUW PRETORIUS (lpretorius@landbou.com)

Die Afrikaner was eers die kroonprins van die plaaslike vleisbedryf, naderhand die aspoestertjie, en is nou op pad om met top-gehalte vleis en aanpasbaarheid 'n deurslaggewende rol op die wêreldmark te speel.

In die 1960's was 85 % van die bees-vleisbedryf in Suid-Afrika óf suiwer Afrikaners óf Afrikanerkruisings. Sedertdien het die Afrikaner sy posisie verloor ten gunste van ander rasse, soos die Brahman en die Bonsmara.

Die Bonsmara is weliswaar uit die Afrikaner ontwikkel. Maar dis veral die uniekheid van die Brahman as Bos Indicus-ras en spesifiek sy aanpasbaarheid wat byna die Afrikaner buite sig gedryf het — ten spyte van sekere uitstekende eienskappe.

Nou het die Brasiliaanse telers die Afrikaner ontdek en daar is reeds tien skenkerkoeie vir 'n omvattende embrioprogram geïdentifiseer. As die plaaslike bedryf die Afrikaner in 'n land soos Brasilië gevestig kan kry en hulle kan uiteindelik 40 000 of meer Afrikanerkoeie in die stoetbedryf hê, sal daar 'n groot poel van genetiese materiaal wees wat weerskante toe uitgeruil kan word.

Dit plaas die Afrikaner vierkantig terug in nie net die plaaslike mark nie, maar die wêreldmark as 'n wenner op grond van aanpasbaarheid en vleis van top-gehalte, sê mnr. Danie Bosman, kenner van vleis- beesteling en voormalige adjunk-direkteur van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Diereverbetering, (DVI) op Irene.

As veekundige is hy 'n gereelde besoeker aan die Suid-Amerikaanse lande. Hy sê daar is reeds 20 000 Bonsmarateelkoeie in Brasilië — suiwer en in die proses van opgradering. Geesdrif vir die Afrikaner in dié land voorspel dat dít die volgende ras is wat dié land gaan stoomroller en van daar na die ander Suid-Amerikaanse lande.

Suid-Afrikaanse telers behoort volgens hom hierdie geleentheid met mening aan te gryp. Hulle moet ook toesien dat prestasietoetsing en die manier van doen eg Suid-Afrikaans bly. àl dié diere se prestasiedata moet ook in Suid-Afrika behou word om uiteindelik internasionale evaluasies te kan doen. Dit behoort vir alle Suid-Afrikaanse rasse in dié lande te geld.

Verskeie sake sit agter die groot belangstelling in die Afrikaner. Globalisering verander markbehoeftes en skep nuwe geleenthede; die aanpasbaarheid van die Afrikaner bly primêr; die ras se vleisgehalte en vetbedekking speel 'n deurslaggewende rol; prestasiemeting en 'n fyn beplande infusieprogram het tot gevolg dat die nuwe Afrikaner nie met die Afrikaner van die 1960's vergelyk kan word nie, terwyl kruisteelt en nismarkte 'n nuwe dimensie aan bemarking gee, sê mnr. Bosman.

Die lande waar die nuwe Afrikaner 'n wesenlike bydrae kan lewer, sluit, benewens Brasilië, ook Argentinië, Mexiko, Paraguay en Uruguay in. In Brasilië word 95 % van die land se vleis van die veld af geproduseer en dié boere sien in die Afrikaner dié ras wat hul gehalteprobleme ten opsigte van die vleis kan oplos. Daar is beeste wat in die warm klimaat en vir volop bosluise aangepas is — soos die Nelore, 'n indicus-lyn.

In hierdie verband is dit belangrik om daarop te let dat die Afrikaner geen Indicus-bloed het nie. Dit is 'n Bos taurus africanus, net soos die Bonsmara, Drakensberger, Nguni en Tuli. Die skof is op die nek en nie op die skouer, soos by die indicus-rasse nie. Trouens, ál die inheemse rasse in Suid-Afrika het vleis van top-gehalte, selfs die inheemse skaaprasse. Hulle kort net bietjie aandag ten opsigte van bouvorm om by die moderner produksieprosesse aan te pas, sê mnr. Bosman.

Hy is sedert 1982 by die ras betrokke. Dit was die begin van 'n kenteringsproses waarin skoue 'n kleiner rol begin speel het en die klem op kop en horings afgeneem het (onthoorning word nou wyd toegepas). In die nuwe bedeling lê die klem op produksie, reproduksie, 'n sterker raam en beter bespiering.

'n Verandering in die teelrigting duur lank, maar die veranderinge is reeds duidelik by die Afrikaner sigbaar. Hierby het die opsie van infusering met die Bonsmara nuwe moontlikhede geskep. Bulle van laasgenoemde ras wat in elk geval twee derdes Afrikanerbloed het, word vir 'n kort rukkie op Afrikanerkoeie gebruik voordat weer na suiwer Afrikanerteling terug geskakel word.

Dit bring meer vleis vinniger in 'n kudde; die bouvorm verbeter; dit sorg vir 'n beter beenstruktuur; die diere is vroeër markklaar en dit verhoog vrugbaarheid, terwyl aanpasbaarheid behoue bly. Dit is 'n fyn beplande proses wat twee jaar gelede deur die telersgenootskap aanvaar is om die teelmateriaal in 'n kudde vinniger op standaard en in ooreenstemming met moderne markvereistes te kry, terwyl keurders van die genootskap oor die rasstandaarde die wag hou.

Die voordelige rol en bydrae wat die nuwe Afrikaner vorentoe in kruisteling gaan speel, is eintlik 'n voldonge feit. Plaaslik is voerkrale gretig om veral Afrikanerkruisings te bekom op grond van die puik karkas en vleis wat sulke diere lewer. Dit is 'n goeie bron vir uitvoerbare duurder snitte van goeie gehalte. Die suiwer Afrikaner rond dalk nog 'n bietjie vinnig af vir die voerkraalmark — bygesê, op grond van ervaring in die verlede. Die nuwe Afrikaner verander egter ook hierdie persepsie, veral namate die voordele van infusie na vore tree.

Nog 'n plek waar die nuwe Afrikaner tuis hoort, is die groeiende nismark vir natuurlik geproduseerde vleis van die veld af sonder groeistimulante in enige vorm. Daar is kwalik 'n beter ras om van die veld af te bemark. Die diere rond goed op die veld af op die ouderdom van 30 maande, met 'n ideale karkas ten opsigte van gewig en gehalte, sê mnr. Bosman.

Aanpasbaarheid is dié vereiste

Beesboerdery in ekstensiewe toestande in Suid-Afrika verg veral aanpasbaarheid. Ongelukkig is telers geneig om dit te laat glip, selfs by die aangepaste rasse. Mnr. Danie Bosman, vleisbeesteeltkundige verwys na die afgelope somer toe die temperatuur oor feitlik die hele land 30 °C tot 35 °C was. Dit plaas die diere onder druk wat temperatuurwisseling betref. Diere wat nie die geskikte haarbedekking, vel en bouvorm vir sulke toestande het nie, sal hul termiese ewewig nie kan handhaaf nie.

Die gemaklikste temperatuur vir beeste is 27 °C. Beeste pas maklik by laer temperature aan, maar by enigiets hoër as 27 °C pas hulle moeiliker aan. Daarom sal beeste vinniger begin asemhaal en onder bome inbeweeg wanneer hulle ongemak verduur. Dié met growwe of wollerige haar en relatief minder veloppervlakte sal weens ongemak swakker presteer en selfs die fetus resorbeer.

Meganismes om temperatuurwisseling by beeste te vergemaklik is dus uiters nodig. Die Afrikaner beskik oor hierdie kenmerke wat die deure vir dié ras na die wêreldmark wyd oopstoot. Volgens mnr. Bosman sluit dit in 'n kort, gladde en glansende haarkleed, 'n dik vel sodat baie bloed die oppervlak kan bereik, baie sweetkliere en 'n groot veloppervlakte in verhouding tot die liggaamsgewig.

In die koue Noordelike Halfrond kry 'n mens 'n metaboliese of silindriese bouvorm wat beteken dat die veloppervlak in verhouding tot die gewig kleiner is en die dier dan min hitte verloor. Die Britse rasse het byvoorbeeld 'n vetlaag net onder die vel wat die hitte binnehou.

Nog 'n belangrike aspek ten opsigte van aanpasbaarheid is die Afrikaner se bosluisweerstand in die warm en vogtige gebiede. Benewens goed ontwikkelde onderhuidse spiere wat parasiete dikwels kan afskud, is dit ook kenmerkend by die Africanus-tipes dat hulle waarskynlik 'n stof in die bloed afskei wat by bosluise ongemak veroorsaak sodat hulle van die dier afval voordat wyfies byvoorbeeld die volwasse stadium bereik het, sê mnr. Bosman.

Hy verwys ook na 'n ander probleem wanneer diere nie by hittetoestande aangepas is nie, naamlik dat die fetus maklik geresorbeer word — wat die kalfpersentasie benadeel. Aangepaste diere het nie dié probleem nie.

Voorts is dit die handelsmerk-toekoms vir vleis van gehalte wat die ras weer duidelik op die voorgrond plaas. Kenmerkend van al die Suid-Afrikaanse inheemse rasse is die sagste, sappigste en geurigste vleis waaraan 'n mens kan dink. Veral uniek aan die Afrikaner is die eweredige vetverspreiding oor die hele karkas. Dit word beskou as die beste van alle vleisbeesrasse, terwyl binnespierse vet ook nie oordadig is nie. Mnr. Bosman sê onegalige vetbedekking is by van die grootste abattoirs in Brasilië as die belangrikste enkele probleem vir die toekoms aan hom uitgewys.

8 Augustus

0
 
 
  • 1973 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gebakte tuna-aartappels
  • Geld in klein hoenderboerdery
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction