Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Die-brahman-laat-vleisbedryf-ontplof

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Die Brahman laat vleisbedryf ontplof

 
Deur ANDRIES GOUWS

Die Brahman het as stoetbees, kommersiële vleisbees en gesogte kruismaat vir feitlik alle ander rasse die afgelope 50 jaar 'n verandering in die plaaslike vleisbeesbedryf gebring wat alle verwagtinge oortref het. Vandeesweek word feesgevier in KwaZulu-Natal waar dié ras sy eerste
wortels in Suid-Afrika geanker het.

Die pioniers wat die Brahmanbees 50 jaar gelede na Suid-Afrika gebring het, het na 'n uitkoms gesoek vir die probleme van inheemse beesrasse wat na hul sin nie genoeg vleis gehad het nie en Europese rasse wat nie aanpasbaar en gehard genoeg was om in sekere streke doeltreffend genoeg te produseer nie.

Met dié nuwe ras het hulle weliswaar die oplossing gevind, maar hulle kon beslis nie voorsien het dat die diere met die unieke skof en voorkoms só gewild sou raak en só 'n groot omwenteling in die vleisbeesbedryf van die land sou veroorsaak nie.

Die eerste Brahman is deur mnre. James Gregory en Boet Nel in die distrik Dundee na Suid-Afrika ingevoer. Dit was 'n bul wat hulle in Namibië by mnr. Jurgen Kranz gekoop het, wat sy Brahmane in Amerika gaan koop en per skip daarheen gebring het.

Daarna het mnr. Attie Marais in die distrik Ladysmith vir hom ook Brahmane in Amerika gaan koop. Van 1954 tot 1971 het nog boere van KwaZulu-Natal, soos mnre. B.J. Orpen, Coen Scheepers en ander gevolg.

Mnr. Llewellyn Labuschagne, voorsitter van die Brahmantelersgenootskap, sê dié halfeeufees op die Royalskou in Pietermaritzburg is eintlik 'n eerbewys aan dié pioniers wat onwetend die hoeksteen gelê het van 'n ras wat vandag 'n leidende rol in hierdie lande se vleisproduksie speel.

Die Brahman het 'n ontploffing in die vleisbedryf veroorsaak. Binne tien jaar het die hele vleisbedryf erkenning gegee aan die F1-Brahmankoei. Haar moedereien-skappe, gehardheid, goeie uier en spene, baie melk en die vermoë om 'n kalf beter as enige ander koei te speen, het Suid-Afrika binne dertig jaar soos 'n veldbrand getref. Veertien rasse sal nie Brahmanbloed gebruik as dit nie hul rasegte beeste verbeter het nie, sê hy.

Mnr. Tony Braithwaite van die Damview-stoetery, by Bergville, en nou die voorsitter van die KwaZulu-Natalse Brahmanklub, sê die groot getal deelnemers en diere op die skou beklemtoon die geesdrif wat vandag nog by die stoettelers bestaan.

Die talle buitelandse besoekers wat die skou bywoon kan ook die grondslag lê vir die uitvoer van gesogte Suid-Afrikaanse teelmateriaal waarna daar 'n groot vraag in lande, soos Australië, bestaan waar nou rekordpryse vir Brahman-embrio's uit Suid-Afrika betaal word.

Dit is vandag nog een van die grootste beesrasse in die land met meer as 500 stoettelers en meer as 50 000 geregistreerde diere. Sedert die ras amptelik in 1956 tot stand gekom het, is sowat 450 000 Brahmane in die land geregistreer.

Vul ander rasse die beste aan

Die koördineerder van die feesskou op Pietermaritzburg se Royalskou, mnr. C.A. Froneman, boer op Randfontein, buite Dundee, met sy Biggarsgat-stoetery. Hy het eerstehandse kennis gemaak met die Brahman se vermoë om ander rasse aan te vul en meen dít is die grootste rede waarom soveel welslae met dié beeste behaal is.

Hy het saam met sy skoonpa, mnr. Johan Vlok, begin boer met 'n kommersiële kudde van sowat 800 koeie en in 1980 met die stoetery begin om hul eie bulle vir die kommersiële boerdery te teel.

Hulle het hulle sterk op 'n osboerdery toegespits. Die nageslag van die Brahmanbulle by koeie van verskeie rasse het besonder goed gepresteer op natuurlike weiding. Die meeste osse was op die ouderdom van 24 maande markgereed en dié wat nie reg was nie, is voerkraal toe waar hulle net so goed gepresteer het.

Hulle het baie gou gesien dat 'n kruising van 75 % Brahman met feitlik enige ander ras die beste in die veld gevaar het. Dié waarneming is onderskryf deur die uitslag van 'n osproef wat deur die destydse Veeboere-koöperasie op 'n buurplaas gedoen is.

Met dié ondersoek is gevind dat osse met 75 % Brahmanbloed in dié proef die beste gegroei het en, teen die algemene verwagting in, ook die grootste persentasie gesogte grade uitgeslag het.

Deesdae boer hy alleen en het hy net dié stoetery. In goeie jare met baie weiding koop hy nog Brahman-kruisosse en rond hulle met welslae op die veld af.

In die vroeë 1980's was Brahmanbulle so skaars soos hoendertande. Vandag is die vraag weliswaar nog goed, maar sedert omstreeks 1987 het boere begin besef daar steek meer waarde in om die Brahman se basterweelde te benut.

Kruisings is met welslae met verskeie rasse gedoen wat só goed gepresteer het dat hulle uiteindelik in sintetiese rasse ontwikkel het waarvan die meeste deesdae hul eie rasgenootskappe het.

Dié welslae skryf hy toe aan die Brahman se vermoë om enige ander ras te komplementeer en te sorg vir 'n beter bouvorm, gladder haarkleed, beter agterkwarte, goeie loopvermoë en goeie aanpasbaarheid.

Daarby maak die ras se tropgebondenheid dit van die moeilikste beeste om te steel. Al dié eienskappe het die beeste, veral in die KwaZulu-Natalse binneland, al hoe gewilder laat raak ondanks die boere se lojaliteit teenoor die Britse beesrasse wat aanvanklik gebruik is.

"Die Brahman is 'n boerebederwer," sê Froneman, "omdat hy kommersiële beesboerdery so maklik maak met sy aanpasbaarheid in bosveld- en laagliggende gebiede asook op plase tot 2 000 meter bo seevlak in KwaZulu-Natal."

Hy meen die ras se toekoms is rooskleurig omdat daar altyd 'n behoefte sal wees aan 'n aangepaste funksioneel doeltreffende dier, en daarvoor is 'n groot skoot Brahmanbloed noodsaaklik.

Slaag as kommersiële bees

Suiwer Brahmane wat ewe geslaag in 'n stoetery as in 'n kommersiële kudde gebruik word, maak dit vir mnr. Lood van Rensburg van Nooitgedacht, Vryheid, moontlik om sy bulle op 'n besondere manier voordelig aan te wend.

Al sy gekeurde stoetbulle, waarvan hy 'n paar vir sy eie stoetery terughou en die res aan ander telers verkoop, word eers by die kommersiële koeie beproef. Só het hy die voordeel van topteeldiere wat sy kommersiële kudde voortdurend verbeter, terwyl ander telers bewese bedrewe bulle kry.

Sy pa, mnr. Hendrik van Rensburg, het vroeg in die 1970's met Brahmane begin boer en in 1976 die Dendetu-stoetery begin om bulle vir hul kommersiële Brahmanbeesboerdery te teel.

Toe Lood in 1997 die boerdery oorgeneem het, het hy die stoetery se naam verander en vandag is daar sowat 700 diere in die Renzo-Brahmanstoetery en sy kommersiële kudde bestaan uit sowat 700 ras-egte Brahmankoeie.
Omdat hy so 'n groot kommersiële kudde het, is dit vir hom uiters belangrik dat elke koei 'n kalf goed grootmaak. Geen speenkalwers word verkoop nie omdat die diere so goed aangepas is om uitstekend op die natuurlike weiveld uit te groei en van die veld af bemark kan word.

Die eerste keuring van die kalwers is met speentyd. Hoewel teen kalwers met gebreke gediskrimineer word, is dié keuring eintlik 'n evaluasie van die koei se melkproduksie. 'n Kalf wat nie bevredigend gegroei en ontwikkel het nie, word saam met sy ma uitgeskot. Daar word ook gekyk na strukturele korrektheid en aanpasbaarheid gekoppel aan tipe. Dit is suurveld en mediumraamdiere vaar die beste daarop.

Die verse sonder ooglopende gebreke word almal teruggehou en as hulle op drie jaar kalf, word hulle saam met hul kalwers beoordeel aan die hand van al die eienskappe. Dié wat nie slaag nie, word met kalf en al verkoop. Ook dié wat nie dragtig geraak het nie, word uitgeskot.

Die bulkalwers kom ná speentyd in 'n bultrop waar hulle streng geselekteer word tot hulle twee jaar oud is. Dan word hulle by kommersiële koeie en verse gebruik en deurentyd dopgehou om te kyk hoe hulle presteer. Nadat die verse gekalf het, word hulle finaal beoordeel deur na hul eie prestasie en dié van hul kalwers te kyk. Met dié stelsel kan hy sien hoe lyk die bulle in hul werksklere.

Dié wat die streng seleksie slaag, word op 'n produksieveiling in September verkoop wanneer hulle sowat drie jaar oud is.

Verse uit die stoetery word gebruik om koeie in die kommersiële kudde te vervang en die kommersiële verse wat gekeur word, word gedek en as dragtige verse verkoop.

Die bulkalwers van die kommersiële kudde word gekastreer en as osse op die veld grootgemaak en bemark wanneer hulle 24 maande tot 30 maande oud is en 440 kg tot 460 kg weeg, wat karkasse in graad A en graad AB lewer.

Van Rensburg sê hy gebruik rasegte Brahmane in sy kommersiële kudde omdat hulle besonder goed op die natuurlike weiding presteer en na sy mening vinniger markgereed raak as kruisrasdiere.

Hy boer ook op huurgrond nadat die staat sy grond gekoop het, wat meebring dat hy die diere dikwels moet verskuif. Dit vereis aangepaste diere wat in dié toestande moeitevry aangehou kan word.

Vir hom wys dit dat die Brahman vandag nog die rol in die praktyk vervul waarvoor die pioniertelers die diere ingevoer het, sê hy.

2 Junie 2006

5
 
 
  • 1764 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Olyfolie in Itali
  • Grond die ster in dié film
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction