Deur JAN BEZUIDENHOUT
18 Oktober 2012

2105 keer gelees | 3 kommentaar

’n Niksvermoedende reisiger, wat in ’n padblokkade gestop is, kon nie sy oë glo toe die Polisie op twee dooie beeste agterop sy bakkie afgekom het nie.


Mnr. Willie Clack, voorsitter van die RPO in Gauteng, vertel in ‘n nuusverklaring van dié ongewone verskynsel: Douvoordag op 17 Oktober, tydens ‘n toevallige voorkeer van voertuie by Magaliesburg,  het die SAPD op ’n baie ongewone verskynsel afgekom. ‘n Bakkie is afgetrek en by nadere ondersoek is vasgestel dat daar twee dooie koeie agterop die bakkie is.

Maar, die bestuurder van die voertuig kon géén verklaring verskaf oor hoe hy in besit van dié karkasse gekom het nie.  Die bestuurder, glo afkomstig van Soweto, is na die SAPD Magaliesburg geneem vir verdere ondervraging. 

Net ná sonop ontvang mnr. John Boon, ’n Bonsmara-teler van die plaas Sandfontein, in die Boons-distrik van Noordwes, ‘n ontstellende boodskap. Van sy stoetbeeste is vermink in die veld aangetref. Twee koeie se hakskeensenings is afgekap en ses ander koeie is erg vermink.

Beeste is gemerk en behoort aan stoetboer
Ná verskeie navrae is Boon, vergesel van mnr. Wessel Pistoruis (ondervoorsitter van die RPO in Gauteng) na die SAPD op Magaliesburg waar die twee koeie agterop die bakkie positief as dié van Boon geïdentiseer is.  In totaal 10 beeste, dus.

Volgens Clack is Boon se vee behoorlik gebrandmerk en identifiseerbaar. Lees die meegaande artikel wat ’n PDF-dokument insluit oor die verpligte identifikasie van vee.

Die Veediefstalforum in Gauteng en die RPO het die SAPD op Magaliesburg bedank vir die wakker optrede. ‘n Beroep word op die SAPD gedoen om nie net die verdagtes aan te kla ingevolge die Wet op Veediefstal (Wet 57 van 1959) nie maar ook ingevoge die Wet op Dieremishandeling. Dit is ook die intensie van die Gauteng RPO om, sou die beskuldigdes wel aangekla en skuldig bevind word, die hof te versoek om getuinenis ter strafverswaring te mag lewer, aldus Clack.

Naskrif: 'n Mens wonder net of die reisiger dalk nou al kan onthou hoe die karkasse op sy bakkie beland het?


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


saai

2012/10/19 08:35:58 AM

Onthou? Nee, daai beeste het dan self opgeklim terwyl hulle geryloop het. Tussen Parys en Fochville was soortgelyke kap van hakskeen-senings. Die Boer moes sy bul doodskiet nadat sy pote afgekap was. Die bul het op sy afgekapte pote geloop. Die kriminele toestand in die land is net te erg en te min word gedoen. Dink maar ook aan die renosters, die moorde, dan besef ons dat die kriminele in beheer is en nie die polisie nie.


John Boon

2012/10/19 01:52:37 PM

Dit is my beeste wat gesteel was. Dit was 6 kommersieele dragrige koeie wat gesteel is. 4 ander se hakke was gekap waarvan ek 1 moes skiet. Polisie het blykbaar gister tweede verdagte gevang. Sover moet ek sê was die polisie baie goed . Die mees onstellende ding was die manier wat hulle die beeste dood gemaak het.


2012/10/21 03:23:35 PM

ek hoop hierdie krimenele en barbare word swaar tronk straf op gele,,,

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights