Deur JOHAN NORVAL
24 Oktober 2012

839 keer gelees | 1 kommentaar

Die Dorperklub Dorperland in die omgewing van Kenhardt in die Noord-Kaap het die onderskeiding behaal deur ’n ware “internasionale” kursusreeks aan te bied.


Mnr. Attie Westraad, rasdirekteur van die Dorpertelersgenootskap van Suid-Afrika, sê dit is die eerste keer dat deelnemers van vier verskillende lande by ’n enkele Dorperkursus in Suid-Afrika betrokke is.

Die besoekers wat Dorperland vroeër in Oktober besoek het, was mnre. Jaco Brits wat al 19 jaar lank in Paraguay woon, Daan Roux van Christchurch, Nieu-Seeland, Le Roux van Wyk van Namibië en Hennie Schutte van Botswana.

Suid-Afrikaanse Dorperinspekteurs reis gereeld na Australië, Brasilië, Mexiko en in Afrika om skoue te beoordeel, plaasinspeksies te doen en kursusse aan te bied. Daar is egter steeds telers wat die kursusse in Suid-Afrika, waar die Dorper oorspronklik geteel is, verkies en dit gee hulle ook die geleentheid om ander telers te ontmoet.

Westraad sê twee Australiërs, dr. Adrian Veitch en mnr. Dave Curtis, is deur dié land se Dorpertelersgenootskap as inspekteurs aangestel nadat hulle die beoordelaarseksamen ’n paar jaar gelede ook in Suid-Afrika geslaag het.

Mnr. Boetie Burger, ’n legende in die Dorperbedryf wat al bykans die helfte van die klub se 54-jarige bestaan as sekretaris optree en al 22 kursusse op Kenhardt gereël het, sê Dorperland se bedrywighede sluit ook die deelname aan Calvinia se vleisfees en die internasionale skou in Pretoria in.

Hy sê Dorperland se kursus vir seniors word onder leiding van mnr. Hendrik van Zijl aangebied, terwyl 21 juniors die kursus deur mnre. Pilla Buys en Willemse Visser bygewoon het.

Volgens Burger sal Dorperland se ras-uitstalling gereeld op Calvinia se vleisfees te sien wees.


Die buitelanders wat Dorperland se kursusse onlangs deurloop het, is van links, mnre. Daan Roux van Nieu-Seeland, Le Roux van Wyk van Namibië,  Hendrik van Zijl (kursusleier), Jaco Brits van Paraguay en Hennie Schutte van Botswana. Foto: Boetie Burger
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Gawie Maritz

2012/11/03 10:16:30 PM

Vat Vyf Dorpers! Uitstekende ras met absolute aanpasbaarheid, moerder eienskappe, vrugbaarheid gehardheid wat algemeen is. Soos n vriend eens genoem het ( Jy kan n Dorper op n klip groot maak)Dorper enige tyd, n Dank bare ras.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights