Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Font-colorredpromosie-artikelfontbrklostridiale-inentings-n-melkery

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

<font color=red>Promosie-artikel:</font><br>Klostridiale inentings in 'n melkery

 
Deur dr. CHRIS VAN DIJK

Net soos by vleisbeeskuddes, vrek baie melkbeeste jaarliks aan klostridiale siektes. Die genus Clostridium is saamgestel uit anaërobiese, spoorvormende, staafvormige bakterieë. Hierdie bakterieë kom natuurlik in die grond, sowel as in die ingewande van diere voor en veroorsaak siektes soos sponssiekte en verskeie ander. Patogene of siekteveroorsakende stamme word óf deur wondbesmetting óf deur voedselinname verkry. Lede van dié genus veroorsaak 'n wye verskeidenheid siektes wat, sonder inenting, tot aansienlike ekonomiese verliese vir die boerdrybedryf lei.

Die behandeling van klostridiale infeksies met antibiotika is onvoorspelbaar en dikwels ondoeltreffend. Sodanige infeksies word dus gewoonlik voorkomend beheer deur die gebruik van saamgestelde inentings wat een of meer klostridiale bakteriene of toksoïede bevat.

Klostridiale toksoïede is oplosbare proteïne van relatief lae antigenisiteit en tradisioneel swak stabiliteit. Adjuvantiums kan ingesluit word om die normale immuniteitsreaksie te verhoog en sodoende die antigenisiteitsterkte te verhoog en stabiliteit te verbeter.

'n Belangrike faktor by die doeltreffendheid en veiligheid van entstowwe, is die adjuvantium wat in die formulering van die entstof gebruik is, veral in entstowwe soos die klostridiale, wat gemaak word van dooie organismes of onaktiewe antigene. 'n Adjuvantium is enige materiaal wat die immuniteitsreaksie teenoor die antigene in die entstof verhoog. Adjuvantiums bevorder die ontwikkeling van 'n sterk, langdurende immuniseringsreaksie.

Daar is gewoonlik twee tipes adjuvantiums in kommersiële entstowwe: (1) voertuig-adjuvantiums, wat dien as 'n matriks vir antigene en ook die immuniseringsproses stimuleer, en (2) immunostimulante, wat die immuunstelsel stimuleer, maar geen meganiese funksie het nie. Alle klostridiale entstowwe het tot op hede voertuig-adjuvantiums bevat.

Adjuvantiums wat as voertuie optree, word gekenmerk deur depotformasie. Hulle bind die antigene en hou dit in die weefsel - hierdie gedeponeerde massa bly vir 'n verlengde tydperk in die weefsel (permanent in die geval van minerale olies) en veroorsaak chroniese irritasie, ontsteking en vesellittekens. Voorbeelde van depotvormende adjuvantiums sluit in onoplosbare aluminiumsoute soos aluminiumhidroksied, aluminiumfosfaat en aluminium-potassiumsulfaat (alum). Wanneer 'n dier ingespuit word met 'n entstof wat met een van dié soute gemeng is, word 'n makrofaagryke granuloom in die weefsel gevorm. Die antigeen word stadig in die liggaam vrygestel en verskaf op dié manier 'n verlengde antigeniese stimulus. 'n Alternatiewe metode om 'n depot te vorm is om die antigeen in 'n water-in-olie-emulsie te inkorporeer. Die teenwoordigheid van olie stimuleer 'n plaaslike ontstekingsreaksie en granuloomweefsel vorm rondom die plek van die inenting, terwyl die antigeen stadig deursyg tydens die waterfase van die emulsie.

Aluminiumkomponente wat klostridiale toksoïede kan absorbeer en/of bespoedig en dit ook by die inspuitingsarea kan behou word gewoonlik gebruik. Ander sterk depot-adjuvantiums, soos water-in-olie-emulsies en karbopol word ook in klostridiale entstowwe gebruik.

Bogenoemde beskryf adjuvantiums, alhoewel verhoogde antigenisiteit gewoonlik erge en hardnekkige plaaslike reaksies uitlok, soos granulome, absesse en letsel wanneer ingeënt met binnespierse of onderhuidse entstowwe. Hierdie lokale reaksies is op hulle beurt verantwoordelik vir karkasskending, wat omvattende afwerking vereis - 'n oorweging wanneer die entstof in spierweefsel, wat veronderstel is om 'n waardevolle vleissnit te wees, ingespuit word.

In kontras met die minerale en oliedraers, vang saponiene nie die antigene vas nie en word dit nie vir lang tydperke in die weefsel gehou nie. Saponiene veroorsaak 'n kortstondige, maar intense ontsteking. Die geassosieerde vrystelling van sitokene is kortstondig, maar kragtig genoeg om vir 'n sterk en blywende immuniteit te sorg. Saponiene is natuurlike glikosiede plantprodukte wat saamgegroepeer is op grond van verskeie gemeenskaplike eienskappe. Die saponiene is opagene, wat voorkom in 'n wye verskeidenheid plante, sowel as in afleidings daarvan. Saponiene kan rooibloedselle ontbind en vorm komplekse met cholesterol. Saponiene kan die sterkte van 'n antigeen wat saam met dit toegedien word, verhoog.

'n Welbekende en gepatenteerde depotadjuvantium, STIMUGEN, word gevind in twee entstowwe wat tans op die mark is. Wanneer hierdie saponiene adjuvantium ingesluit word by 'n multi-komponent klodistriale entstof, verskaf dit 'n entstof wat binnespiers of onderhuids toegedien kan word en nie vir 'n aansienlike tydperk by die inspuitingsarea gehou word nie. Dit veroorsaak dus 'n lae weefselreaksie, sonder die skadelike newe-effekte en chroniese ontsteking geassosieer met adjuvantiums soos aluminiumhidroksiede soos by ander klodistriale entstofsamestellings.

Om in die toekoms soortgelyke verliese in jou kudde te voorkom, sal ek die gebruik van 'n multi-komponent klostridiale entstofformulasie aanbeveel, wat gebruik maak van adjuvantiums wat geredelik versprei en nie depots vorm nie, soos saponiene wat, volgens my, beter is as sommige van die ouer tipe adjuvantium-entstowwe.

Die entstowwe kan binnespiers of onderhuids toegedien word, sonder die erge, hardnekkige lokale reaksies soos granulome, absesse en letsels wat gewoonlik gesien word by ander multi-komponent entstowwe.

Soos in die verlede stel ek ook voor dat jy dit met jou kuddeveearts bespreek.

  • Geskryf deur dr. Chris van Dijk van Pfizer. Sy e-pos-adres is: chris.vandijk@pfizer.com

    17 Augustus 2008

  • 0
     
     
    • 2287 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Boerepatente by Nampo
    • Opslae oor 'ramphulp'
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction