Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Fyn-bestuur-kan-melkwins-verseker

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Fyn bestuur kan melkwins verseker

 
Jan Cilliers

Ondanks die huidige melkkrisis van stygende insetkoste en lae produsentepryse, glo dié boer daar is tog wins uit melkboerdery te maak. Die geheim lê alles by fyn bestuur.

Om vandag wins uit 'n melkboerdery te maak, verg fyn bestuur. Daar is geen kortpaaie nie. 'n Boer moet weet wat hy doen én wat sy koeie doen. Van elke koei op die plaas moet die heel fynste besonderhede aangeteken word. Dit is die enigste manier om geld te maak.

Só sê mnr. Cees Legemaat van die plaas Kaalfontein by Rayton. Mnr. Legemaat is 16 jaar agtereenvolgens as meester-melkboer in sy gebied aangewys en was in 1996 en in 2001 ook die Melkprodusente-organisasie (MPO) se suiwelboer van die jaar. In 1999 was hy naaswenner.

Mnr. Legemaat en sy vrou, Nellie, het meer as 'n kwarteeu gelede hul melkboerdery in Holland laat vaar toe 'n grootpad deur hul plaas gebou is. Hulle het hulle in Suid-Afrika kom vestig en sowat twee jaar lank op 'n melkplaas gewerk om die plaaslike toestande te leer ken. Sy huidige boerdery het hy 25 jaar gelede begin toe hy die plaas Kaalfontein van 880 ha gekoop het.

Hy is lid van Taurus en het in 1975 sy Holstein-kudde met kunsmatige inseminasie begin verbeter. In dié tyd het hy net semen van plaaslike bulle by Taurus gebruik. Sowat vier jaar gelede het hy begin om 'n klein persentasie semen van Hollandse bulle te gebruik wat ook deur Taurus gekoop word. Hy skroom nie om kenners te raadpleeg nie.

Mnr. Legemaat, bygestaan deur sy kuddebestuurder, mnr. Christo Kahts, glo die welslae van die kudde lê daarin dat seleksie baie streng is. Bulle word uitgesoek vir goeie uiers en bene, met die oog op sterk koeie wat lank in die kudde kan bly. Net bulle uit die boonste ses presteerders van Taurus en Holland Genetics se semen word gebruik. Dit is bulle soos Nix, Jedi en Pride, asook Holland Genetics-bulle, soos Marconi, Celsius, Ronald en Lava. Voorts is die kudde ook 'n toetskudde vir Taurus-bulle, soos Jumbo en Balloo.

Wanneer verse in die kudde beoordeel word, val die klem op die uier, produksie, temperament, hoewe en bene. 'n Vers word 'n redelike kans gegee voordat sy op grond van swak prestasie uitgeskot word. Hy probeer sterker koeie teel, met die klem op goeie uiers en sterk bene, sê mnr. Legemaat. Speenplasing is natuurlik baie belangrik.

Vir hom is dit ook belangrik om koeie te teel wat 10 000 kg tot 12 000 kg melk oor 'n langer produksieleeftyd (meer laktasies) lewer, eerder as koeie met 'n kortstondige, maar buitengewoon hoë melkproduksie. Oor die laaste vier jaar het die kudde gemiddeld 10 000 kg tot 11 000 kg melk per koei per laktasie gegee, met 'n gemiddelde bottervet- en proteïeninhoud van onderskeidelik 3,6 % en 3,2 %.

Die kudde bestaan uit 550 diere, waarvan 270 tans drie keer per dag gemelk word.

Een van mnr. Legemaat se koeie, Kaaskop 92063, het tot dusver die hoogste produksie per laktasie van 17 518 kg gelewer, terwyl van sy koeie al eerste laktasies van meer as 13 000 kg gegee het. Hy verkies egter steeds koeie met 'n bestendige laktasie van 10 000 kg tot 12 000 kg.

Kalwers word binne ses uur ná geboorte van die koeie weggeneem en in spesiaal geboude kalwerhokke geplaas. Hy het bevind dat as die kalwers nie binne die eerste paar ure van die koeie verwyder word nie, die koeie te geheg aan die kalwers raak. Dit gebeur dan in die meeste gevalle dat hulle nie daarna behoorlik gemelk kan word nie, omdat hulle gespanne is.

In die kalwerhokke kry die kalwers die eerste drie dae van hul lewe net biesmelk en daarna 'n melkvervanger, water en kalfvoerpille. Op die ouderdom van ses tot sewe weke word hulle gespeen en ná 12 weke in groepies van ses tot agt kalwers in klein kampies geplaas.

Mnr. Legemaat sê die kalwers groei vinniger as hulle in klein groepies bymekaar geplaas word omdat die mededinging minder is. Vanaf die ouderdom van sewe maande word hulle in groter groepe van 30 verse na effens groter kampe oorgeplaas.

Die koeie word in groepe van 40 in kikoejoekampe van 4 ha op die plaas aangehou.

Smutsvinger- en eragrostisgras is geplant om ruvoer te lewer. 'n Redelik groot hoeveelheid mieliekuilvoer word ook jaarliks gemaak van mielies wat hy self plant, terwyl lusern gekoop word. Die melkkoeie en kalwers word twee keer per dag gevoer en droë koeie en verse net een keer per dag.

Omdat die koeie in 'n intensiewe stelsel aangehou en 'n hoë voedingspeil gehandhaaf word, moet hul kloue gereeld aandag kry. Hiervoor kry mnr. Legemaat een keer per maand 'n hoefsmid wat elke droë koei sowel as elke swaar dragtige vers se hoewe knip. Terselfdertyd kry die probleemgevalle in die kudde aandag.

Melkaantekeninge speel 'n belangrike rol in sy teelprogram, sê mnr. Legemaat. Hy kyk na sake soos produksie, vastestofinhoud, somatiese seltelling en melkureumwaardes. Met dié hulpmiddel kan hy sy kudde baie fyn bestuur. Dit wys watter koeie nie optimaal produseer nie, sodat hy kan nagaan waar die probleem lê. Soms word die probleem by die voeding opgespoor, bv. wisselende ruvoergehalte of die kuilvoer se voginhoud. Die melkureumwaarde toon aan of die proteïen-energie in ewewig is.

Die somatiese seltelling kan aandui of subkliniese mastitis aanwesig is en of koeie onder oormatige stres verkeer, byvoorbeeld hittestres of hanteringstres. Dit alles het verlaagde melkproduksie tot gevolg.

Mnr. Legemaat glo as 'n melkboer 'n fyn aanvoeling vir sy melkkoeie het en die kudde tot in die fynste besonderhede bestuur, hy steeds in vandag se uiters moeilike toestande en lae melkpryse tog nog wins uit melkboerdery kan maak.
7 Junie

0
 
 
  • 1986 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Absa het nou Agrigrow-kaart
  • Voer van varke
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction