Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Geharde-bokke-moet-bedryf-vorentoe-neem

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Geharde bokke moet bedryf vorentoe neem

 
Theuns Botha

Daar is verskeie knelpunte wat die
vooruitgang van die Boerbokbedryf belemmer. 'n Paar vooraanstaande telers in die
Oos-Kaap glo hulle kan 'n verskil maak om dié bedryf op 'n wenpad te plaas.


Hoewel die verbod op die uitvoer van Boerbokembrio's weens die uitbreek van bek-en-klou-seer in Suid-Afrika 'n gevoelige verlies vir SA Boerbokstoettelers was, het dit miskien ook 'n bedekte seën vir die bedryf ingehou. Die feit dat Boerboktelers die afgelope twee jaar uitsluitlik op die plaaslike mark aangewese was, het hulle opnuut bewus gemaak van sekere tekortkominge wat die vooruitgang van dié ras strem.

Mnr. Tollie Jordaan, voorsitter van die Oos-Kaapse Boerbokklub, sê ernstige pogings word nou aangewend om probleme reg te stel en só te verseker dat meer geharde en aanpasbare teelmateriaal in die toekoms aan die bedryf beskikbaar gestel word.

As die bewerings deur kuddeboere waar is dat bykans die helfte van die Boerbokramme wat hulle op veilings koop, binne 'n jaar vrek omdat die ramme nie by gewone veldtoestande kan aanpas nie, is dit jammer. Maar hy reken kuddeboere is deels aandadig hieraan.

"Min kopers is bereid om 'n goeie prys te betaal vir 'n ram met 'n bewese prestasietoetsrekord, maar wat nie noodwendig so mooi as 'n vet, ongetoetste ram vertoon nie. Dit is meestal die vetste ram wat die oog op die veiling vang en die hoogste prys behaal - al val dit daarna in stukke op die plaas."

Hy gee toe dat die praktyk om ooie in hokke en klein kraaltjies te laat lam, daartoe kon bydra dat Boerbokooie se moedereienskappe afneem. Weens dié arbeidsintensiewe lammery is daar min boere wat kans sien om meer as 200 ooie per jaar te laat lam.

Die taamlik klein kuddes bring ook mee dat daar nie so 'n groot vraag na ramme is nie. Die meeste boere benodig hoogstens twee of drie vervangingsramme per jaar, wat 'n nadelige uitwerking op rampryse het.

Mnr. Jordaan reken die feit dat die meeste boere 'n uitstekende afset vir hul Boerbokke in die tradisionele Indiër- en swart mark het, ook kuddeverbetering strem. Die diere word opgeraap en derhalwe kan kuddes beswaarlik opgebou word. "Omdat Boerbokke so maklik van die hand gesit word, dien dit nie juis as aansporing om met meerderwaardige bokke te boer nie."

Boerbokvleis word allerweë aangeprys as van die gesondste rooivleis, maar weens die relatiewe klein getal diere in die land kan nie werklik met 'n veldtog begin word om te verseker dat dit as spesialiteitsvleis in slaghuise en kettingwinkelgroepe staanplek kry nie.

Dié ideaal sou bereik kon word as boere ekstensiewer met Boerbokke sou boer. Dit kan net slaag as telers die verantwoordelikheid neem en geharder teelmateriaal aan die bedryf beskikbaar word.

Om hierdie rede het 13 vooraanstaande Oos-Kaapse Boerboktelers, vir wie die uitbouing van die ras 'n voorkeursaak is, al vyf jaar gelede besluit om hul kragte saam te snoer en 'n veldramprojek te begin. Die klub is onder toesig van dr. Buks Olivier, spesialis in skaap- en bokteling van die LNR se Diereverbeteringsinstituut op Grootfontein.

Die begin van die klub was nie maklik nie. Aan die begin is die eerste rammetjies sonder byvoeding in 'n bergkamp op 'n plaas naby Jansenville gejaag. Die gevolg was dat 'n hele klomp plankdun geword en uiteindelik gevrek het.

Dié wat wel die toets geslaag het, het swak pryse op die veiling behaal. Dit het egter nie die groep afgeskrik nie en hulle het besluit om die hulp van die LNR in te roep.

Mnr. Oubaas Slabbert van Osplaat, Jansenville, bestuurder van die klub, sê elke lid wat aan die projek deelneem, kan tot sewe rammetjies van ses tot sewe maande inskryf. By inname weeg die ramme gewoonlik 26 kg tot 50 kg.

Die deelnemers bring die rammetjies gedurende Maart na sy plaas. Die ramme word met inname ingeënt. 'n Ram met absesse, vuilbek, sweerklou, omlope, vrotpootjie of enige ander sigbare dieresiekte, word nie aanvaar nie.

Van Julie tot Oktober loop die ramme net op die veld, maar van Oktober tot Januarie kry hulle ook lusernhooi. Sowat 'n maand voor die veiling word die ramme kraal toe gebring en afgerond. In teenstelling met ramme wat vetgevoer is, is dié van die veldramklub net "lyfskoon".

In die veilingskatalogus word besonderhede soos die duur van die toetstydperk, die bokke se gemiddelde gewigstoename oor dié tydperk, gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT-indeks), eindgewig-indeks en die ramme se skrotumomtrek verskaf.

Mnr. Slabbert sê boere wat die ramme aanskaf, kan seker wees dat hulle dadelik sal begin werk. Die vorige jaar se groep ramme wat ingeskryf is, het 'n gemiddelde inname-gewig van 37,7 kg gehad. Ná die aanpassingstydperk het hulle gemiddeld 40,5 kg geweeg en einde Oktober 44,6 kg.

Ten tyde van die veiling in Januarie het hulle gemiddeld 68 kg geweeg. Die swaarste bok was 84 kg en die ligste 56 kg. Die beste ram het van 31 kg by inname gegroei tot 76 kg op die veiling. Die swakste het by inname 44 kg geweeg, maar net 22 kg opgetel.

Alle ramme met 'n seleksie-indeks van laer as 90 word afgekeur.

Mnr. Sakkie Nell van Brakrivier, een van die klublede, sê met dié projek beoog hulle om 'n goeie balans tussen rasstandaarde en goeie groeivermoë te vind. Die resultate van die projek is ook 'n goeie riglyn vir die deelnemers en wys duidelik of hulle op die regte spoor met hulle eie teling is.

"Ongelukkig sien nog te veel boere 'n Boerbok net as 'n dier met 'n donkerrooi kop en 'n wit lyf - gans te min aandag word aan dié met bewese groeivermoë gegee."

Mnr. Jordaan is oortuig dat veldramme 'n goeie belegging is. Hierdie ramme sal maklik in gewone veldtoestande aanpas en omdat hulle nie oorvoer is nie, kan kopers verseker wees dat die ramme dadelik sal werk.

Proewe van die Noord-Kaapse Veldramprojek het bewys dat ramme met 'n goeie groei-indeks se nageslag vinniger op die natuurlike veld groei as dié van ramme met 'n gemiddelde groei-indeks.

Die getoetste ramme van die Oos-Kaapse Veldramklub het verlede jaar gemiddeld R1 200 stuk behaal. Dit is heelwat laer as pryse wat vir nie-getoetste ramme betaal is.

"As in ag geneem word dat dit R300 kos vir elke ram wat vir veldtoetsing ingeskryf word, is dit duidelik dat daar vir die lede van die klub in hierdie stadium geen finansiële voordeel in is nie. Ons beskou dit egter as 'n diens aan die bedryf."

Dr. Olivier sê die belangrikste indeks waarna voornemende ramkopers moet kyk, is die seleksie-indeks vir persentasie. Hierdie indeks is 'n kombinasie van die groei van die ram oor die toetstydperk en die eindgewig van die ram.

Die ramme wat bogemiddeld gegroei het en ook swaar met die afsluiting van die toets geweeg het, sal die beter seleksie-indeks vir persentasie hê.

"Hierdie syfer word aanvaar as dié een wat die ram se aanpassingsvermoë in veldtoestande die beste beskryf."

Die Oos-Kaapse Boerboktelers se veldramklub is die tweede in Suid-Afrika. Die eerste het in die Noord-Kaap begin. Mnr. Jordaan vertrou dat Boerboktelers in die hartwatergebiede van die Oos-Kaap ook mettertyd soortgelyke klubs sal stig. Dit staan enige kuddeboer vry om lid te word. Belangstellendes kan mnr. Jordaan by tel. 042 243 2157 bel.

19 Julie
2002

0
 
 
  • 2305 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Soetsuur varksosaties
  • Nampo-Oesdag kom nader
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction