Deur ALANI JANEKE
31 Oktober 2012

983 keer gelees | 0 kommentaar

’n Versoek is aan die Dieregesondheidsforum gerig om dringend met die staat te gesels oor Johne se siekte, aldus die NWKV.


Strenger maatreëls word tans deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye oorweeg aangaande die inenting van skape teen Johne se Siekte (OJD).

Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) sê hy neem met groot kommer kennis van verskeie skrywers met betrekking tot bestrydingsmaatreëls en die gebruik van geregistreerde entstof vir die siekte.
 
Mnr. Leon de Beer, hoofbestuurder van die NWKV, sê volgens die wet moet ’n skaap eers met die siekte gediagnoseer word voor dit ingeënt kan word. “’n Boer kan nie net sy dier inent alvorens hy seker is sy dier het die siekte nie.”
 
De Beer sê dit kom voor of boere in die Wes-Kaap, waar die siekte die meeste voorkom, ondanks die maatreëls, van hul diere ter voorkoming laat inent het, derhalwe wil die staat die maatreëls strenger toepas.
 
Voorrangsaak
Die Dieregesondheidsforum hanteer die kwessie tans as ’n voorrangsaak aangesien die voorkoms van die siekte skadelike gevolge vir veral telers en die verkopers van lewende diere inhou. “As die siekte op jou plaas gediagnoseer word, mag jy diere slegs aan geregistreerde slagplase lewer, wat die verkoop van lewende diere skade berokken,” verduidelik De Beer.
 
Die siekte word as aanmeldbaar geklassifiseer, en De Beer sê hulle het reeds in 2010 voorstelle oor die aanpassing van die maatreëls aan die departement voorgelê, maar nog geen terugvoering is ontvang nie.
 
Die forum het ’n vergadering met die staat aangevra, en volgens die NWKV sal ’n vergadering op 6 November 2012 tussen dr. Mike Modisane, hoofdirekteur van die direktoraat van Veeartsenydienste by die departement, en die forum plaasvind.
 
OJD is ’n chroniese, ongeneeslike bakteriese siekte wat in skape voorkom. De Beer sê beeste is ook vatbaar vir die siekte. Die dier verloor gewig weens die siekte en vrek uiteindelik. Dit versprei stadig, en dit is moeilik om dit in ’n vroeë stadium te diagnoseer.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights