Hier is ‘n nuttige publikasie wat die identifikasie van vee stap vir stap verduidelik.
Die identifikasie van vee is ‘n saak wat elke veeboer raak. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ‘n nuttige gids gepubliseer waarin ál die tersaaklike inligting beskikbaar is. Die publikasie kan hieronder gelees en afgelaai word.
Die naam van die publikasie is: Identifikasie van diere, in terme van die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet No. 6 van 2002). Dis in September 2010 gepubliseer.
Die publikasie beskryf die nasionale register vir diere-identifikasiemerke (AIS), wat dien as ’n versterkte verdedigingslinie teen veediefstal; dit sal die identifisering van eiendom vergemaklik en opspoorbaarheid bevorder.
Van die afdelings in die gids beskryf hoe om ‘n identifikasiemerk te registreer, die pligte van vee-eienaars, die merk van stoetdiere, merkoperateurs, lettergroottes en ‘n merkgids, en nog vele meer.
Klik op die onderstaande PDF-dokument om die gids te lees of af te laai, asook vir die dokument om aansoek te doen vir die registrasie van ‘n identifikasiemerk by die Departement van Landbou.
Rig navrae aan:
Me. Sanet Chilro
Tel: 012 319 7433
sanetC@daff.gov.za
Faks: 012 319 7551
Me. Zelda Wolfswinkel
Tel: 012 319 7432
ZeldaW@Daff.gov.za
Faks: 012 319 7551
26 Mei 2012