Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Goeie-nuus-vir-rooivleis-produsente

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Goeie nuus vir rooivleis-produsente

 
Johan Coetsee

Dit gaan goed met die rooivleisbedryf in die Wes-Kaap,
veral met die produsente. Aan die ander kant neem die druk op die verbruikers
toe. Die ondervoorsitter van die Wes-Kaapse RPO neem die bedryf in
oënskou.

Die rooivleisbedryf in die Wes-Kaap is die afgelope jaar gekenmerk deur goeie produsentepryse. Pryse was 25 % tot 30 % hoër as in die vorige jaar. Die goeie nuus vir boere is dat dié stygende neiging waarskynlik sal voortduur.

Mnr. John Dürr, ondervoorsitter van die Wes-Kaapse Rooivleis-produsente-organisasie (RPO), sê die hoër produsentepryse kan grootliks toegeskryf word aan die kleiner rooivleis-invoer, asook die hoër mieliepryse, wat veral die bees-, vark- en hoenderbedryf baie beünvloed het.

Gewoonlik word sowat 50 % van Suid-Afrika se skaapvleis ingevoer. Dié tekort, wat kan toeneem, kan toegeskryf word aan die groot toename in veediefstal wat skaapboere uit die bedryf dwing.

Die droogte in die Suid-Kaap (tot verlede jaar) het die tekort aan skaapvleis vererger. Tydens dié droogte is baie skape geslag of na ander gebiede verskuif. Sommige boere het hul plase verloor. Baie van die nuwe eienaars is nie skaapboere nie, wat beteken dat die skaapgetalle nie tot hul vorige vlakke sal herstel nie.

Vanjaar se eerste weke is gekenmerk deur 'n daling in bees-, skaap- en varkvleispryse. Sedert Desember het produsentepryse vir skaapvleis met gemiddeld 4 % gedaal, beesvleispryse met 12 % en varkvleis met 15 %. Dit is egter geen rede tot kommer nie, want dit is 'n normale seisoenale neiging dat minder vleis ná die Kers- en vakansietyd verbruik word. Die gewone vraag na rooivleis keer later terug.

In die noordelike beesvleisgebiede is meer graad C-beeste geslag. Graad C-beesvleis word hoofsaaklik vir verwerking gebruik, en die minder gesogte snitte van graad A-vleis word daarby gevoeg - wat 'n afwaartse rimpel-effek op graad A-beesvleispryse in sy geheel het.

'n Derde aspek is die goeie vertoning van die rand die afgelope paar weke. Dít het die prys van huide en velle, wat hoofsaaklik vir die uitvoermark bestem is, benadeel.

Die sluimerende oorlog in die Midde-Ooste is ook sleg vir baie markte, veral huide en velle.

Mnr. Dürr sê dit is ongelukkig 'n feit dat nie alle kleinhandelaars in die rooivleisbedryf verlaagde vleispryse aan die verbruiker deurgee nie. Dit het op die duur die gevolg dat die verbruik van rooivleis permanent kan daal weens verbruikersweerstand. Mense kan al hoe meer soek na alternatiewe bronne van proteüen.

Dit blyk reeds uit die groot toename in die verbruik van witvleis die afgelope tyd. Dit kan toegeskryf word daaraan dat rooivleispryse selde daal, en as verbruikers eers in die gewoonte is om witvleis te eet, sal hulle nie sommer oorskakel na die duurder rooivleis nie, meen mnr. Dürr.

Die uitbreking van bek-en-klou-seer in Zimbabwe en Botswana en die gewone hoeveelhede rooivleis wat uit Namibië na Europa uitgevoer word, tesame met die droogte in Australië, kan Suid-Afrikaanse boere bevoordeel. Vleis sal waarskynlik skaarser word, wat die prys sal opdruk, selfs hoër as wat dit verlede jaar was.

Die verbruiker se bestedingsvermoë word erg aan bande gelê deur die hoë rentekoerse, brandstofpryse en pryse van ander kossoorte.

Dit kan die nadelige spiraal vererger: Omdat die prys van rooivleis nie daal nie en die verbruiker se finansiële posisie onder kwaai druk is, kan die verbruik van vleis verder afneem, meen mnr. Dürr.

Die bevindings van prof. Johann Kirsten se Voedselprysmoniteringskomitee sal met arendsoë deur die rooivleisbedryf dopgehou word, veral omdat mense wil weet waarom prysdalings nie na die verbruikers deurgegee word nie.

Daar is eenstemmigheid in die bedryf dat die Maitland-abattoir behoue moet bly.

Verlede jaar het die Kaapse Metropolitaanse Raad besluit om dit te verkoop as 'n abattoir. Die stadsbestuur behoort hul begrip vir die noodsaaklikheid van 'n abattoir te toon deur met alle betrokkenes daaroor te praat, is mnr. Dürr se standpunt.

Hy sê baie goeie nuus is dat ál meer mense en instansies in die Wes-Kaap besef hoe belangrik die RPO vir die rooivleisbedryf is. Dit word weerspieël in die mate waarin die momentum van vrywillige finansiering van die organisasie toeneem. Dit beloop steeds 0,15 % van die transaksiewaarde, en dit is onwaarskynlik dat dit sal verander, meen hy.

Boere moet hul bedryf met erns bejeën en kyk wie hul belange op die hart dra, wie hulle ondersteun en ook druk uitoefen op die "agterosse" wat nog nie betrokke is nie.

Daar is nou sowat 1 800 boere in die Wes-Kaap wat gereeld hul bydraes oorbetaal, maar net 3 uit die moontlike 60 rooivleis-abattoirs wat met die invordering van die bydraes help. Nege lewendehawe-agente en -afslaers is ook aktief hierby betrokke.

àlmal moet betrokke raak, want wanneer iets soos bek-en-klou-seer toeslaan, word almal wat rooivleis produseer, benadeel - nie net RPO-lede nie, sê mnr. Dürr.

14 Februarie 2003

0
 
 
  • 2235 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Skog-boeredag eersdaags hier
  • Sentrum vir nuwe boere in VS
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction