|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Subkliniese mastitis is die belangrikste oorsaak van 'n hoë somatiese seltelling in melk. Melkboere verloor miljoene rande per jaar weens 'n hoë seltelling in hul koeie se melk.
Die somatiese seltelling in melk gee 'n aanduiding van die gesondheidstatus van die koei se uier. Wanneer dié telling verhoog, daal die melkproduksie. Die belangrikste oorsaak van 'n verhoging in die somatiese seltelling is besmetting van die uier wat meestal deur bakterië veroorsaak word. Die bakteriese besmetting veroorsaak subkliniese (nie sigbare) of kliniese (sigbare) mastitis.
Daar is altyd somatiese selle in koeimelk. In gesonde melk bestaan die selle meestal uit witbloedselle en 'n klein persentasie (2 % tot 20 %) epiteelselle.
Die normale somatiese seltelling van koeie met gesonde uiers is ongeveer 100 000 selle per ml melk. 'n Koei wat die eerste keer kalf se somatiese seltelling is gewoonlik 20 000 tot 50 000 en dié van ouer koeie 100 000 of meer.
In biesmelk is die telling besonder hoog. In gesonde koeie se melk daal dit egter binne vier tot tien dae nadat 'n koei gekalf het weer tot ongeveer 100 000 tot 200 000. Die daaglikse melkproduksie en die stadium van laktasie beïnvloed die somatiese seltelling van gesonde uiers gewoonlik nie.
As 'n koei deurentyd gesond is, beïnvloed haar ouderdom die somatiese seltelling nie baie nie. Koeie wat al mastitis (subklinies of klinies) gehad het se somatiese seltelling verhoog gewoonlik met ouderdom. Ou koeie het gewoonlik 'n effens hoër telling.
Die telling in die uier is die hoogste net nadat 'n koei gemelk is en bly drie tot vier uur op daardie vlak voordat dit daal. Namate melkproduksie in die gesonde uier styg, daal die telling.
Binne perke kan koeie met 'n laer somatiese seltelling geteel word.
Doeltreffende melkkoeibestuur is nodig om die gewenste uiergesondheidstatus by hierdie koeie te verseker.
Die funksie van die somatiese selle is om die uier teen die bakteriese besmetting te verdedig deur die bakterieë te "eet". Die somatiese selle in die melk kom uit die koei se bloed. Ongeveer 7 l tot 10 l bloed vloei per minuut deur die uier van 'n koei wat 30 l melk per dag produseer. Sowat 300 l tot 400 l bloed moet deur die uier sirkuleer om 1 l melk per dag te produseer.
Met subkliniese mastitis vermeerder die somatiese selle tot meer as 500 000 en met kliniese mastitis tot 10 miljoen of 20 miljoen. As die somatiese selle in die melk vermeerder, dui dit op 'n irritasie in die uier. Gewoonlik word dit deur 'n bakteriebesmetting veroorsaak. As die telling bo 500 000 is en die melk lyk nog klinies gesond, het 'n uierkwart subkliniese mastitis.
Die somatiese selle sal vermeerder as die uier of spene beseer word asook in die somer wanneer dit warm en nat is.
Ou koeie
Verder moet 'n boer onthou:
Die gehalte van melk word bepaal deur die reuk, smaak en voorkoms, en chemiese (water, bottervet, proteïene, melksuiker, mineraalsoute, ensieme, pH) en sitobakteriologiese eienskappe. Die sitobakteriologiese gehalte van melk word deur die hoeveelheid bakterieë en somatiese selle per milliliter melk bepaal.
Melkkopers is baie gesteld op die gehalte van die melk wat hulle vir verwerking koop. Die bakterietelling van rou of vars melk moet verkieslik minder as 10 000 per ml melk wees en nie hoër as 50 000 nie.
Die somatiese seltelling is 'n doeltreffende, akkurate, goedkoop en maklike manier om die gesondheidstatus van die uier en dus die melk se gehalte te bepaal.
As die melk van een kwart van 'n uier 'n somatiese seltelling van meer as 500 000 per ml het, het dié kwart subkliniese mastitis. As die hele uier se melk 'n telling van meer as 500 000 het, het dié koei waarskynlik in meer as een kwart subkliniese mastitis.
Koeie met kliniese mastitis se melk mag nie in die
grootmaattenk gegooi word nie. As die somatiese seltelling in die grootmaattenk
dus styg, is daar verskeie koeie met subkliniese mastitis. Die verband tussen
die aantal somatiese selle in grootmaattenkmelk en die persentasie koeie met
subkliniese mastitis in een of meer kwarte word in tabel 1
getoon.
|
TABEL 1: Die verband tussen grootmaat- |
|
|
SST-waarde per m |
Koeie met |
|
100 000 - 199 000 |
5 - 8 |
|
200 000 - 299 000 |
10 - 15 |
|
300 000 - 399 000 |
20 - 27 |
|
400 000 - 499 000 |
30 - 38 |
|
500 000 - 599 000 |
40 - 45 |
|
Bo 600 000 |
50 - |
Die sleutel vir die bepaling van die uiergesondheidstatus van melkkuddes na
gelang van die somatiese seltelling per ml van kuddemelk (grootmaattenkmelk)
word in tabel 2 gegee.
| TABEL 2: Die sleutel vir die bepaling van die uiergesondheidstatus van melkkuddes na gelang van die SST-waardes per ml kuddemelk (grootmaattenk) |
|||
| SST per m kuddemelk | Die uiers se gesondheidstatus |
Beraamde aantal koeie wat CMT- positief* is (%) |
size=2>Melkverlies per kudde (%) |
| Minder as 125 000 |
Baie goed |
5 - |
size=2>Geen |
| 125 000 - 250 000 |
Goed |
10 - |
size=2>Gering |
| 250 000 - 350 000 |
Bevredigend |
20 - |
size=2><4 |
| 350 000 - 500 000 |
Twyfelagtig |
38 - |
5 - |
| 500 000 - 750 000 |
Onbevredigend |
50 - |
9 - |
| Minder as 750 000 |
Sleg of swak |
60 - |
13 - |
| Minder as 1 000 000 |
Baie swak |
Bo |
18 - |
|
face=Arial size=2>* CMT = Kaliforniese mastitistoets< /FONT > < /EM > |
|||
Boere moet streef na 'n telling van minder as 350 000 in die grootmaattenk.
Met goeie kuddebestuur en 'n doeltreffende mastitisbestrydingsprogram is dit
redelik maklik om dié vlak te handhaaf. In die reënseisoen en in melkkuddes op
'n nulbeweidingstelsel sal dit moeilik wees om dié ideaal te handhaaf as die
kuddebestuur en mastitisbestrydingsprogram nie doeltreffend is nie.
'n Somatiese seltelling van meer as 350 000 dui op swakker melk. Met
subkliniese mastitis in 'n uierkwart is die telling meer as 500 000 en kan dit
tot 3 500 000 styg. In kliniese mastitis verhoog die telling dikwels tot meer as
20 000 000.
Pasteurisering of enige ander suiweltegnologiese proses kan nie swak melk
verbeter nie. Hoe hoër die telling, hoe meer ongewenste bloedprodukte en hoe
minder gewenste melkkomponente (melksuiker, bottervet, kaseïen, kalsium en
fosfor) is in die melk. Met 'n lae telling is die hittestabiliteit van die
melkproteiën ook beter.
Die bakterieë wat vir mastitis en 'n hoë somatiese seltelling verantwoordelik
is, is soms ook skadelik vir die mens. Hierdie bakterieë speel 'n belangrike rol
in melkgedraagde siektes en/of melkgeassosieerde siektes wat van die dier na die
mens oordraagbaar is.
In teenstelling met 'n hoë telling wat meestal deur mastitis veroorsaak word,
word 'n hoë bakterietelling andersins mee-stal deur swak, onvoldoende en
ondoeltreffende higiëne in die melkstelsel veroorsaak.
Produkte wat van melk gemaak word, word deur 'n hoë somatiese seltelling
beïnvloed. Die kaasopbrengs van melk met 'n hoë telling (450 000) is 1,8 %
minder as dié van melk met 'n lae telling (minder as 50 000). Die gehalte van
kaas wat van melk met 'n hoë telling gemaak word, is swakker. Hierdie kaas smaak
souterig en bitter, hou nie goed nie en word makliker galsterig.
Dr. Du Preez is besturende direkteur: Bayer MPO-Instituut vir
Suiweltegnologie.
Dié maatreëls kan help
Die bestryding en die
voorkoming van mastitis is die belangrikste faktor wat sal bepaal of die
somatiese seltelling binne perke is. Daar moet goeie uiergesondheid gehandhaaf
word om te verseker dat melk gelewer word waarvoor 'n uitstekende prys betaal
word.
Met goeie bestuur en 'n doeltreffende mastitisbestrydingsprogram
kan 'n boer sorg dat die somatiese seltelling in sy kudde laag bly.
Uier- en
speenbeserings moet voorkom word, biesmelk moet nie in die grootmaattenk gegooi
word nie en koeie moet nie te lank in laktssie wees nie. 'n Koei moet 60 dae tot
100 dae nadat sy gekalf het beset raak om ná 300 dae tot 340 dae in melk
opgedroog te word as sy ongeveer sewe maande dragtig is.
Siektes moet met die
goeie en noue samewerking van 'n plaaslike veearts bekamp word.
Inentingsprogramme teen siektes moet nougeset nagekom word.
Beheer en voorkom
stres. Hittestres moet veral aandag kry.
1 November 2002
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24