Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Hoe-ry-die-boere-sit-sit-so

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Hoe ry die boere sit-sit so?

 
CHARL VAN ROOYEN (cvanrooy@landbou.com)

Suid-Afrika se boere ry nie meer so baie perd soos in die ou dae nie. Diegene wat perde op die plaas het, het soms te min kennis om die perde doeltreffend te versorg en in die boerdery te benut, sê hierdie boeremeisie.

Toe die ou boere nog perde in hul boerderye en as vervoermiddel ingespan het, was dit, wel, 'n perd van 'n ander kleur. Hulle was van hierdie diere afhanklik om te reis en take op die plaas vinniger en doeltreffender te doen.

Vandag het bakkies, veral die gesogte viertrekvoertuie en dubbelkajuitbakkies, egter die perd se plek grootliks ingeneem.

Daar is egter geen rede waarom die boeregemeenskap van Suider-Afrika nie meer van perde en perdry kan leer nie, sê me. Lourencia van Zyl, 'n voorste afrigter van perde en ruiters. Sy is die jong eienaar van die Sioux-perdrysentrum naby Mookgopong (Naboomspruit) in Limpopo.

Sy het al van vyfjarige ouderdom af perd-rylesse geneem toe die gesin nog in Pretoria gewoon het. Daar was 'n ryskool naby haar ouma se huis en die perde het haar belangstelling só geprikkel dat sy geneul het totdat haar pa, mnr. Johan Klopper, bes gegee het.

Toe sy eers een keer op 'n perd se rug getel is, was dit neusie verby vir enige ander tydverdryf in haar lewe en het sy vir die perde geleef. Dit is dié dat dit vandag haar loopbaan is om mense en perde af te rig.

Tussendeur het daar egter heelwat water in die see geloop, maar gelukkig vir haar het omstandighede veroorsaak dat sy aansienlik gouer baas van haar eie ryskool kon word. Sy was pas op hoërskool toe haar pa besluit het om terug te trek Zambië toe waar hy gebore is. Omdat daar nie baie skole is nie, het Lourencia tuis gestudeer. Toe die gesin ná ses maande weer terugkeer Suid-Afrika toe, het sy haar tuisstudie voortgesit. Sy het die verstommende reggekry deur grade 9, 10, 11 en 12 in een jaar te doen en was net vyftien toe sy matriek geskryf het.

Op die bloedjong ouderdom van sestien jaar is sy na die Universiteit van Stellenbosch vir die graad B.Com. in ekonomie. Weer het dié slimkop met harde werk daarin geslaag om die mense te verbaas. Sy was net agttien toe sy graad gevang het.

Intussen het Lourencia ook die interna-sionaal erkende eksamen van die Suid-Afrikaanse Ruiterkunsfederasie (Sanef) op 'n galop geslaag. Dit was vir haar 'n logiese volgende stap om haar eie perdrysentrum te begin, waarvoor haar kennis en passie vir perde en afrigting en haar graad in die ekonomie 'n goeie grondslag vorm.

Die perdrysentrum is in die skilderagtige Bosveld geleë, neffens haar pa se wildplaas, Serendipity. Daar lei sy oud en jonk in die kuns van ruiterskap op en rig sy perde af sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Sy is ook die stigter en streekbestuurder van die plaaslike tak van die Suid-Afrikaanse Ponieklub. Dié klub word in meer as twintig lande verteenwoordig en is die grootste internasionale vereniging van ruiters in die wêreld.

Sy sê Sanef, 'n lid van die internasionale groep vir perdrykwalifikasies, stel houers van hierdie kwalifikasie in staat om internasionaal mee te ding vir werkgeleenthede in die perdebedryf. Die Sanef-leerplan bestaan uit verskillende modules. 'n Ruiter behaal vir elke module 'n afsonderlike kwalifikasie. Ná afhandeling van modules 1 tot 5 kan 'n ruiter 'n internasionaal erkende instrukteurskwalifikasie verwerf.

Tradisioneel moes kandidate op selfstudie staatmaak om hulle op die eksamens voor te berei, maar Lourencia het die leemte aan praktiese ondervinding opgemerk. Sy het toe 'n omvattende en prakties georiënteerde kursus saamgestel wat kandidate in staat stel om met selfvertroue die eksamens aan te pak en sodoende vir hulle 'n loopbaan in die perdebedryf te skep.

Hierdie kursusse is ook uitstekend vir mense wat slegs hul kennis oor perde wil verbreed en nie noodwendig ''n Sanef-kwalifikasie wil behaal nie. "Vir mense wat ernstig is oor perdry en afrigting as 'n beroep, is dié kursusse''n belegging vir die toekoms," vertel Lourencia. Die koste vir die eerste drie modules beloop R5 500 (etes en huisvesting ingesluit) en die kursus duur twaalf dae. Ná afhandeling van module 3 het die ruiter die Sanef-kwalifikasie in ruiterkuns. Modules 4 en 5 kos R4 000 en duur agt dae. Hierdie twee modules is bedoel vir diegene wat hulle as instrukteur wil bekwaam en behels dus hoofsaaklik ruiterkuns en die aanbied van lesse.

Sy aanvaar nie sommer meer as vier studente per kursus nie, want sy glo elke student moet genoeg persoonlike aandag kry. Studente wat geen ervaring het nie en wat dus 'n bietjie langer tyd nodig het om sekere praktiese aspekte baas te raak, kan langer aanbly (teen R120 per dag) om onder die toesig van opgeleide instrukteurs die nodige vaardighede te ontwikkel. 'n Gratis hersieningsessie (twee dae en een nag) word ook voor elke eksamen aangebied.

Daar is vir haar geen ander alternatief as om 'n volledige perdrysentrum te bedryf nie. Enigiets wat op kleiner skaal is, is nie vir haar goed genoeg om haar lewenstaak, naamlik om ruiterkuns en perdekennis te bevorder, te verwesenlik nie.

Sy is net oor een ding spyt. Dit is dat só min boere perd ry en dat dié landbouers wat perde in hul boerderye gebruik, dikwels nie genoeg van die perde weet om hulle volle potensiaal te ontgin nie. Sy is egter bereid om háár deel te doen om mense meer te laat perd ry.

22 Julie 2005

0
 
 
  • 2639 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gemini
  • Wins 'n groot graan-kommer
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction