21 November 2008

317 keer gelees | 0 kommentaar

'n Donkie, wat vermoedelik hondsdolheid het, het 'n kind van Lusikiki gebyt. Die kind is vir behandeling in 'n hospitaal opgeneem.


Die Oos-Kaapse departement van landbou is besig met inentings teen hondsdolheid nadat 'n donkie 'n tweejarige seuntjie in die Lusikisiki-omgewing gebyt het. Die donkie het blykbaar net voor die voorval vreemd begin optree en het kort daarna gevrek.

Die dier se brein is na Onderstepoort in Pretoria gestuur vir ontleding. Mnr. Sizwe Kupelo, woordvoerder vir die Oos-Kaapse departement van gesondheid, sê die seun is dadelik in die hospitaal opgeneem vir behandeling. "Die seuntjie is in die Lusikisiki-hospitaal opgeneem waar hy dadelik op medikasie geplaas is," sê hy.

Hy sê dat kanse op 'n volledige herstel goed is as 'n mens dadelik mediese behandeling kry. "Mense wat nie dadelik behandeling ontvang nie, sal sterf. Dit is die ergste dood wat mens kan sterf," voeg hy by.

Mnr. Charles Hayward, 'n veearts in Port Elizabeth, sê dat hondsdolheid veral 'n probleem in KwaZulu-Natal is. "Dit is net 'n kwessie van tyd voordat dit na die Oos-Kaap oorspoel. Mense moet ingelig word oor die gevare - veral in plakkerskampe - om die siekte sodoende te beheer."

Bron:
Die Burger

21 November 2008

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights