Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Iris-stelsel-vinnig-maklik

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Iris-stelsel is vinnig, maklik

 
CHRIS JOOSTE (cjooste@landbou.com)

Vinnig, maklik en gebruikersvriendelik. Dit is hoe gebruikers die nuwe Iris-stelsel vir die registrasie en prestasie-aantekening van diere en die maklike toegang tot inligting beskryf. Pleks van die vyf tot ses dae vir die verwerking van inligting kan telers se sertifikate nou binne 24 uur in die pos wees.

Die diere-aantekeningstelsel Iris is 'n teken van vooruitgang in die Suid-Afrikaanse veebedryf. Hy glo aan vooruitgang, beproef nuwe ontwikkelinge, is in sy skik met die stelsel en gebruik dit graag.

Só sê mnr. R.T. Spence, Nguni-teler van die plaas Krigeskraal, Graaff-Reinet. Hy gebruik die Iris-stelsel van die begin af en vind die internet-toegang vinniger en doeltreffender as die ou pos- en ponsstelsel. Hy plaas self sy geboortekennisgewings elektronies in die stelsel en dit word vinnig verwerk. Hy het sy Stamboek-registrasiesertifikate al binne ses dae deur die pos ontvang.

Hy sê hy is nie 'n rekenaarkenner nie en vind dat die stelsel maklik werk en baie tyd bespaar. Hy het die papierstelsel nog nie weer oorweeg nie.

Dr. Pierre van Rooyen, hoofbestuurder van SA Stamboek en mede-bestuurder van die Intergis, sê die Iris-gebaseerde Intergis 2000 diere-aantekeningstelsel integreer die stamboominligting van Stamboek en prestasietoetsinligting van die Instituut vir Diereverbetering (DVI) om BLUP-teelwaardes aan boere te lewer waarvolgens die geneties beter diere in hul kuddes geïdentifiseer kan word.

Hierdie stelsel is aanvanklik deur die Nederlandse Rundvee Sindicaat (NRS), 'n afdeling van die Hollandse onderneming CR-Delta, vir die aantekening van melkproduksie ontwikkel.

Die Intergis-bestuurskomitee het in 1999 besluit om die stelsel te koop. Sedertdien is 'n vleisbeesprogram vir Suid-Afrika en Ierland onder leiding van Suid-Afrika se nasionale vleisbeesverbeteringskema en die Ierse beestelersfederasie ontwikkel. Iris word ook in Portugal, Luxemburg, Pole en Zimbabwe gebruik. Daar is ook telers in Zambië, Argentinië en Texas wat regstreeks deur die Intergis hul diere op die Iris-program in Suid-Afrika aanteken.

Vir Suid-Afrika maak Iris voorsiening vir plaaslike behoeftes, soos herkoms-aantekening en rasstandaarde vir die groot verskeidenheid rasse, wat visuele vereistes en liniêre klassifikasie insluit.

Koppelvlakke is ontwikkel om basiese aantekening- en prestasie-inligting uit plaasprogramme, soos Stoetmeester en Dimssa, op die stelsel te plaas.

Verskeie verwerkings word gedoen en telers kry inligting waarmee hulle die rang-orde van genetiese produksievermoë van hul diere kan bepaal. "Indekse en teelwaardes word vir die boer verwerk sodat hy die beste diere in sy kudde kan selekteer."

Die stelsel is byderwets en wetenskaplik, gebruikersvriendelik en doeltreffend. Die sagteware verskaf 'n veilige omgewing vir gehaltebeheer vir die opberging en verwerking van data.

Nie net telersgenootskappe en telers gebruik Iris nie. Ander landbouverwante organisasies en betrokkenes by veeproduksie kan daarby baat vind, want dit is Suid-Afrika se nasionale databasis (soos erken deur die onlangs afgekondigde regulasies van die Wet op Diereverbetering) wat 'n bron van inligting vir enigeen is en deur die Departement van Landbou as 'n nasionale bate erken word.

Dit kan gebruik word vir dinge soos die naspeurbaarheid, voedselsekuriteit, beheer oor die beweging van diere, teelwaardes en enige ander werklik meetbare eienskap van diere. Met die jongste tegnologie word werklike metings geneem vir 'n reeks verwerkings met regstreekse toepassingswaarde vir boere, soos "RTU" waarmee karkaseienskappe in 'n lewende dier gemeet kan word.

Iris voldoen aan die vereistes van die internasionale komitee vir vee-aantekening vir inligting en datavaslegging en -verwerking. Stamboek en die DVI luister na wat boere wil hê en pas die Intergis-stelsel daarvolgens aan. Om hierdie rede is die stelsel spesifiek gemik op die produksie- en markbehoeftes van Suid-Afrika.

Dr. Japie van der Westhuizen, adjunk-direkteur van navorsing en ontwikkeling van die DVI, sê Iris is oor 'n lang tyd ontwikkel en baie Suid-Afrikaanse kennis en ervaring is daarin vervat. Die kern is van Holland, maar aan die vleisbeeskant word net Suid-Afrikaanse spesifikasies gebruik. Dit, saam met die navorsingsinligting van die LNR, maak die stelsel eg Suid-Afrikaans. Dit is uniek deurdat dit voorsiening maak vir die individuele behoeftes van elkeen van die verskillende rasse.

Dit hou heelwat voordele vir telers in. Vir 'n teler is dit belangrik dat die stelsel sy inligting omskakel tot bruikbare inligting wat sy teelbesluite sal beïnvloed. Omdat dit vir alle telers beskikbaar is, help dit met volhoubaarheid in hul boerdery.

Die Departement van Landbou trek ook voordeel uit die stelsel. As beleidsbesluite geneem moet word, is inligting soos vrugbaarheid en gemiddelde speengewig uit 'n betroubare bron belangrik. Vergelykings kan tussen die verskillende provinsies getref word.

Dit hou ook talle voordele vir die georganiseerde landbou in. Inligting oor byvoorbeeld die melkprys en gemiddelde produksie is beskikbaar. Dieselfde geld die KI-bedryf waar inligting, soos die hoeveelheid semenstrooitjies wat per kalfgeboorte gebruik word, maklik te kry is.

Hoewel meer Suid-Afrikaanse melkboere, wat al lank melkaantekening doen, by Iris ingeskakel is as by ander bedrywe, is net 20 % tot 25 % van die melkkoeie in Suid-Afrika ingeskakel. In ander vergelykbare lande is dit sowat 40 % en in Europese lande is 70 % tot 100 % ingeskakel.

Iris is om veekundige begrippe, soos laktasiekurwe, gebou. Daarvoor neem hy aspekte soos ras, die koei se produksie, watter seisoen sy gekalf het en haar ouderdom in ag. Met al dié syfers word die laktasiekurwe bepaal en kan dit met dié van ander koeie in die kudde vergelyk word en die boer help om vooruit produksie-, genetiese en bestuursinligting te hê.

'n Dokument met besonderhede van alle diere in die kudde is vir 'n teler van onskatbare waarde. Namate droë koeie of verse in melk kom, of 'n koei opdroog, vul die boer dit net in. Hy kry 'n kuddeverslag en koeie word in ouderdoms- of voedingsgroepe ingedeel en projeksies gedoen.

Die boer kan ook 'n verslag oor elke dier kry met volledige inligting, soos 24 uur-laktasie, laktasie tot op hede en die geprojekteerde laktasie. Dit sluit alles, soos die proteïen- en bottervet-inhoud en die somatiese seltelling, in. Die boer kry 'n verslag van alle inligting wat hy ingestuur het. As 'n koei 'n laktasie voltooi, kry sy 'n laktasiesertifikaat wat ál die laktasies insluit.

Hoewel 'n aanvaarde laktasietydperk 305 dae is, maak Iris daarvoor voorsiening dat inligting gebruik word vir so lank as wat die koei gemelk word. Dit gee baie akkurater leeftydproduksies.

Die Iris-stelsel is veelsydig en aanpasbaar en is vir opkomende én groot kommersiële boere van waarde. Opkomende boere wat nie kan bekostig om melkmonsters te laat toets nie, hoef byvoorbeeld in 'n koei se laktasie net vyf keer die koei se melkgewigte te stuur, teenoor die boer met die moderne groot melkery wat elke dag volledige besonderhede het.
Vir vleisbeeste het Suid-Afrika grootliks sy eie spesifikasies gegee met die vleisbees-prestasietoetsskema as riglyn met baie meer plooibaarheid. Dit bring mee dat enigeen wat die stelsel koop, dit net so kan gebruik.

Van die buigbare eienskappe in die vleisbeesskema wat ingesluit word, is koei-ouderdomskorreksies en die ouderdomsgrense waarbinne 'n mens 'n kalf kan weeg. Regressies word gebruik om gewigtoename te voorspel vir akkurater groeitoetse. Elke dier is aan 'n toets soos 'n speen-, jaaroud- en groeitoets op die plaas gekoppel wat vergelykings tussen diere baie makliker maak.

Aan die vleisbeeskant is dit hoofsaaklik stoettelers wat deelneem. Kommersiële boere sien nog nie vir hulself veel voordele daarin nie. Omdat die stelsel nou aan die gang is, en na elektroniese data-uitruiling beweeg word, kan hulle egter maklik ingesluit word. 'n Boer kan met min moeite vinnig en doeltreffend die besonderhede van sy diere verwerk kry.

Filters is in die stelsel ingebou wat foute wat op die plaas gemaak word, keer voordat dit in die stelsel opgeneem word. Vleisgehalte-eienskappe word ook op Iris gehanteer. Metings met ultrasoniese skanderingstoestelle word as inligting gebruik.

Van der Westhuizen sê die beskikbaarheid van inligting maak dit vir die boer moontlik om prestasies van diere oor ruimte en tyd te vergelyk. Hy kan aan die hand daarvan die regte bestuursbesluite neem en sy kudde verbeter.
Omdat alle gebeurtenisse in 'n dier se lewe aangeteken word, maak dit die opspoorbaarheid van enige aangetekende dier maklik, selfs as karkas in die slagplaas.

Vir meer as 30 van die talle ekonomies belangrike eienskappe vir vleisbeesboere wat gemeet en afgelei en vir deelnemers beskikbaar gestel word vir die evaluering van die genetiese potensiaal van hul teeldiere kan BLUP-teelwaardes beraam word.

Van die nuutste teelwaardes wat voorsien word, is vir eienskappe, soos temperament-telling, gemak van geboorte, netto voerdoeltreffendheid, voerkraalwins, kalftempo, bosluisweerstand en verskeie karkaseienskappe soos oogspieroppervlak, onderhuidse vetdikte (by twee punte), relatiewe marmeringsindeks, karkas-rooivleisopbrengs, karkasopbrengs op 'n vetkonstante grondslag en die spierpersentasie.

Mnr. Charl Hunlun, SA Stamboek se bestuurder van professionele dienste, sê ál die gebruikers van Iris kry regstreekse internet-toegang tot die inligting deur die rekenaarprogram Livestock Operational and Genetic Information exchange (Logix). Hierdeur kan die teler sy aantekeninge regstreeks elektronies instuur na die Intergis en verwerkte besonderhede terugkry.

Die privaatheid van inligting is vir Stamboek belangrik. Elke gebruiker het 'n wagwoord en het slegs toegang tot die inligting waarin hulle 'n belang het. Individuele telers kan nie toegang tot mekaar se inligting kry nie, maar telersgenootskappe het wel toegang tot ál hul lede se veebesonderhede. Deur die internet kry die telers en genootskappe en ander gebruikers goedkoop toegang tot die besonderhede.

Stamboek het sowat 250 teler-gebruikers. Die ontwikkeling van Logix sal voortgaan namate behoeftes verander.

16 Julie 2004

0
 
 
  • 1988 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kunsmisoorlaaiwa
  • Bedrywe wys erns oor opheffing
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction