Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Jack-die-jerseybul-van-die-jaar

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Jack - die Jerseybul van die Jaar

 
Jan Cilliers

Hierdie Jerseybul word beskou as een van die mees gebalanseerde bulle wat nóg
in Suid-Afrika getoets is.
Uitstekende uiers, 'n lang lewensduur en goeie
algemene bouvorm, sowel as hoë vastestofpersentasies - dít is hoe die nageslag
van 2203-RC Beretta Jack, vanjaar se Jerseybul van die Jaar, beskryf word.

Dié bul, wat deur mnr. Rean Clasen van Port Elizabeth geteel is, is in 1996 as jong bulletjie deur Taurus as toetsbul aangekoop. Jack is deur mnr. Clasen uit die koei Glynton Index Ida geteel, wat hy in 1992 op die nasionale veiling van Glyn en Peter Durham van Dundee in Kwazulu-Natal gekoop het. Jack se vader is Beretta en sy grootvader is die bekende Deense bul Fyn Index.

Volgens mnr. Poena van Niekerk, bestuurder van Jersey SA, is Jack waarskynlik die beste bul nóg wat deur Taurus bemark is. Sy November 2001-ontleding toon 'n styging van 143 kg melk nadat daar 30 dogters by sy ontleding gevoeg is. Hy is tans derde vir liggaamsbou, negende vir hoewe en bene, vyfde vir uier en vierde vir finale tipe indeks.

Mnr. Chrisjan van der Vyver, hoof van die genetiese
afdeling van Taurus, sê dat hierdie tans gewis die voorste Jerseybul in die land
is, beslis wat vastestofpersentasies, uiers en tipe betref. Hy toon ook 'n baie
gebalanseerde ontleding ten opsigte van produksie en persentasie vaste stowwe,
soos in tabel 1
gesien kan word.

TABEL 1: Jack se
nageslagtoetsdata vir produksie
(61 dogters, 25 kuddes)
Beraamde
teelwaardes
Melk +597 kg
Bottervet +32 kg
size=2>Bottervetpersentasie-verskil +0,12
Proteïen +30 kg
size=2>Proeteïenpersentasie-verskil +0,17
SAINET1 367
1 =
'n Ekonomiese indeks waarvolgens
Jerseys
ingedeel
word

Volgens mnr. Van Niekerk is Jack 'n ideale bul om op
dogters en kleindogters van Lester, Bold Venture en Brook te gebruik.
As daar na sy nageslagtoetsdata vir tipe gekyk word, is
dit duidelik waarom Jack as die ideale bul beskou word, soos in tabel
2

aangetoon word.

TABEL 2: Jack se nageslagtoetsdata
vir tipe (23
dogters)
Skofhoogte

+0,80

Borsbreedte

-0,12

Liggaamsdipte

+0,80

Suiwelvorm

+1,67

Kruishelling

+0,36

Kruisbreedte

+0,84

Bene: sykant

0,00

Hoefinklinasie

+0,40

size=2>Vooruieraanhegting

+0,73

size=2>Agteruieraanhegting

+2,22

size=2>Agteruierbreedte

+1,93

Uierspleet

+2,54

Uierdiepte

+0,42

Speenplasing

+1,87

Uier klas

148

Finale klas

136

Jack se geskiedenis het op 11 Desember 1961 op mnr. Glyn Durham se plaas begin met die geboorte van Glynton Ruling Ida, sy agter-agter-grootmoeder. Sy was 'n dogter van die Jersey Eiland-bul Broadfields Ruler, en het 11 laktasies voltooi en ook die junior bottervetrekord gehou. Op 14-jarige ouderdom het sy haar laaste laktasie van 3 819 kg gelewer met 'n bottervetpersentasie van 4,92. Haar laagste bottervetpersentasie was 4,51 en haar top-persentasie 5,31.

Haar dogter, Glynton Milad Ida, het 10 laktasies voltooi met 'n gemiddelde bottervetpersentasie van 4,36 en 'n gemiddelde proteïenpersentasie van 3,40.

Glynton Bright Ida, Jack se ouma, is eers onlangs uit
die kudde nadat sy agt laktasies voltooi het en tot die einde 'n hoë indeks
gehandhaaf het. Jack se moeder, Glynton Index Ida, het in haar eerste vyf
laktasies al sowat 28 000 kg melk gelewer met uitstekende
vastestowwe-persentasies, soos in tabel 3 gesien kan word.

TABEL 3: Glynton Index Ida se prestasie
tydens haar
eerste vyf laktasies
Ouderdom
(jaar,
maande)
Melk(kg) Bottervet Proteïen
  (kg) (kg) (%) (kg) (%)
1,10 4 681 228 4,87 192 4,10
2,10 5 043 262 5,19 216 4,28
4,2 5 572 272 4,88 222 3,98
5,1 6 244 318 5,09 260 4,16
6,4 6 044 326 5,39 241 size=2>3,97

Mnr. Van der Vyver sê die neiging dat 'n bul se
ontleding versterk soos wat sy betroubaarheid verhoog, is hoe die Blup-program
werk, en nie soos dít waaraan boere gewoond geraak het met sommige van die
oorsese bulle waarvan die ontledings verswak het nie. Met Jack se ontleding in
November 2001 het sy getal dogters verdubbel en sy melk met 143 kg verbeter.

31 Mei 2002

0
 
 
  • 1686 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Werksessie oor salarisse by LNR kom
  • Bloktoetse en omrekenaar
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction