Deur CHRIS BURGESS
28 Mei 2012

1481 keer gelees | 9 kommentaar

Gesoek: Boere wat bereid is om beginnerboer in hul distrikte bystand te verleen. Daarvoor het Landbouweekblad jou nodig.


My oupa het altyd gesê as jy niks goeds het om te sê nie, bly dan maar eerder stil. Dit is raad wat hom besonder goed te staan gekom het. Ná amper 102 winters in dieselfde klein boeregemeenskap in die Noordoos-Kaap, is hy na sy graf toe met bitter min mense wat ’n slegte woord oor hom kon rep.

Maar vir ’n joernalis is my oupa se raad hel. Om te vertel is tog immers wat ons doen en hoe ons ons brood en botter verdien. Ons praat. En dis so maklik en gemaklik om meegesleur te word in die meedoënlose stortvloed van negatiwiteit, want daar is tog immers so baie om oor te kla. En dis so gemaklik, en maklik om daaroor te skryf, want dit is oral.

Maar joernaliste, nes boere en ander gewone landsburgers, raak maar by tye moedeloos oor al die droewige nuus. Almal se gemoedere is swaar, wat ten minste nog ’n dubbele brandewyn en Coke en daardie laaste stomp op die vuur verg. Dit pla my al jare lank. Waar lê die uitkomkans/oplossing?

Dr. Michael Bradfield, die hoof van Breedplan, ’n belangrike beesverbeteringskema in Suid-Afrika, bied my toe ’n uitkomkans/oplossing een oggend vroeg in ons kantoor in Kaapstad. “Natuurlik kan jy kritiseer,” verduidelik hy, “mits jy bereid is om ook ’n bydrae te lewer. Elke mens moet besluit: Wil jy deel wees die probleem of deel wees van die oplossing.”

En toe stel jy voor dat Landbouweekblad ’n veeskool vir beginnerboere moet aanbied. Nie vir swart of wit boere nie, net beginnerboere. Natuurlik sou baie van die deelnemers swart wees. Met amper 40% van die nasionale kudde onder swart bestuur, het so ’n veeskool die potensiaal om ’n besonderse bydrae te lewer om swart boere te kommersialiseer, maar daar is ook jong, wit boere wat sekerlik baat sal vind by so ’n leerskool.

Oor die volgende paar weke gaan ons dus gereeld berig oor wat Landbouweekblad se Veeboerskool vir Beginnerboere gaan bied. Ons hoop dit sal darem help om al die ander swaar nuus op ons blaaie ’n bietjie ligter te maak.

Besonderhede van die Veeboerskool
Hoe? Landbouweekblad se Veeboerskool vir Beginnerboere gaan praktiese sessies in die oggend en middag aanbied, en daar sal deurgans kans wees om met die beste kenners in die bedryf gedagtes uit te ruil.

Wie? Onder die sprekers is mnr. Peter Massman, waarskynlik die leier in bulteling in Suid-Afrika. Hy sal ’n lesing oor die waarde van ’n bul in ’n kudde gee. Mnr. Isaac Montuang van Pick n Pay sal meer inligting gee oor hoe beesboere ’n voet in die deur by kleinhandelaars kan kry.

Waar? Die Aldam Landgoed by die Allemanskraal-dam in die Vrystaat.

Wanneer? 30 Julie tot 3 Augustus 2012. Die kursus kos R3 500 per persoon en besprekings sluit Maandag, 25 Junie 2012. Registrasievorms kan by www.stockmanschool.co.za afgelaai word, of bel Charmaine Alberts by 051 821 1783.

Hoe kan jy betrokke raak?
Mentorskappe het ‘n slegte naam. Niemand wil tog iemand help wat nie homself wil help nie. Dis so eenvoudig soos dit. Maar wanneer mens kans kry om iemand by te staan wat gretig is om te leer, dan kan groot dinge gebeur. Ons vra dus dat indien daar boere is wat bereid sal wees om vir beide swart en wit beginnerboere in hulle distrikte by te staan, dat hulle hul besonderhede sal deurstuur aan Charmaine Alberts by palberts@telkomsa.

Ons sal dan kyk of ons van die kursusgangers in verbinding met die boere kan sit. Alle inligting sal as vertroulik beskou word, en daar sal geen verpligting wees aan beide die kant van die mentor, of die beginnerboer, om die verbintenis deur te sien nie, indien dit nie werk nie.

* Chris Burgess is hoofredakteur van al die Landbou-titels in die Landbouweekblad-stal.

28 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/29 05:07:55 PM

Is daar enige vark boer ek soek baie inligting


Onbekende Besoeker

2012/05/29 01:27:39 PM

'n Edele gedagte dankie Chris. As beginnerboer wat nie aanspraak te kan maak op hulp van die staat, landbank of enige ander hulp nie as gevolg van hoofsaaklik my velkleur, is ek op my eie. Dit pla my nie soveel nie, want dit is nie in my natuur of kultuur om enige aalmoese te verwag nie. Dit is my passie en droom en dit moet werk, anders is daar vir my niks anders nie. Hierdie kursus kos R3,500 en saam met die brandstog R6,000, dan kom verblyf seker nog by. As beginner boer is R6,000 vir 'n kursus eenvoudig nie 'n opsie nie. Wat my pla is dat die uitnoding vir boere in die LBW e-pos lui: "Gesoek: Boere wat bereid is om aan ENIGE beginnerboer in hul distrikte bystand te verleen." maar tog word die beginnerboere in die artikel hierbo gereduseer tot slegs die kursusgangers: "Ons sal dan kyk of ons van die kursusgangers in verbinding met die boere kan sit." Ek het klaar die bulle en soos sekerlik die meeste ander beginnerboere wat regtig 'n passie vir boerdery het, sou ek my ook nie in boerdery begewe het as ek nie ook 'n aanleg daarvoor gehad het nie. Miskien moet daar gekyk word om 'n 'Boer soek 'n mentor' blad op die LBW webwerf of op Facebook oop te maak waar ons en boere met soortgelyke bedrywe mekaar self kan vind. My behoefte is vir mentorskap van iemand wie se passie dit is om raad te gee wanneer ek dit die dag regtig nodig het.


Norma

2012/05/29 12:17:20 PM

wat se hulle...'n boer maak 'n plan...die beginnerskool is 'n goeie idee...maar mens beskik nie altyd in die vermoe om dit by te woon nie, sal net lekker wees dat as jy raad nodig het, om iemand te kan vra. sal nice wees as julle 'n kursus naby aan PTA of JHB ook kan aanbied....vrystaat is bietjie ver...(woon in Randfontein)...wel gedaan en dankie!


Onbekende besoeker

2012/05/29 10:08:51 AM

is die kursus net vir bees of gaan julle later skaap ook doen,my seun stel belang in skaap boedery maar weet niks....


corlivdm

2012/05/28 08:35:11 AM

Krys, stuur asb. vir ons 'n e-pos met jou besonderhede na palberts@telkomsa. Ons hoor baie graag van jou. Groete, Corli van der Merwe Webredakteur


Krys Wessels

2012/05/28 08:19:48 AM

Ja ek kan help ..


anton

2012/06/05 08:46:19 PM

ja dis sekerlik n goeie plan, maar ek wil graag weet of daar boere is wat minder bevooregte WIT boere kan help, ek wil graag n varkboerdery begin het n plaas maar nodig vee en kapitaal om aan die gang te kom, is ook beryd om dit tereug te betaal,


Rika Swanepoel

2012/06/15 01:23:39 PM

Ek stem saam. Iewers moet daar "n blad begin word waar ons as beginner boere soms raad kan vra. Ek is baie leergierig en moet alles altyd gaan google as ek inligting verlang. Ek het moontlik "n borg gekry wat vir my kursus gaan betaal en ek is vreeslik opgewonde!! Wens net ek het iemand in die omgewing gehad wat my ook soms kan touwys maak. Ja en ek is 'n vrou! Maar boer was nog altyd in my bloed!!


Raynard Ferreire

2012/10/19 04:33:18 PM

Hulle moet nie net na veeboerderye kyk nie hulle moet nie ander boerdery areas ook kyk naamlik groente en vrugte.Ek het n plaas van 1500 hektaar waarop ek geen skuld het nie idaal vir vrugte en groente maar die banke wil my nie help nie omdat ek geen vaste inkomste het nie so ek vra raad waar kan ek hulp kry. Stuur vir my n e-pos en ek is gelee in die Blyde riviers poort area Mpumalanga of kontak my op 073 991 7631 dankie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights