Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Klein-perdjies-meer-stokperdjie

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Klein perdjies meer as stokperdjie

 
ANDRIES GOUWS (agouwss@landbou.com)

Miniatuurperdjies staan op dié plaas hul man as 'n volwaardige vertakking van die boerdery waar hulle aanvanklik net 'n stokperdjie was. Hulle word as werkdiere ingespan en met goeie pryse as teeldiere bring hulle ook hul kant.

Op Stroppan by Migdol word miniatuurperdjies nie vir die aardigheid daarvan aangehou nie. Dit is 'n volwaardige boerderyvertakking wat naas 'n Hereford- en Arabierperdstoetery kommersieel bedryf word. Daarby word kommersieel met skape en beeste ook geboer.

Dit het weliswaar as 'n stokperdjie begin toe mev. Nicolette de Klerk 23 jaar gelede 'n miniatuurperdjie present gekry het, maar vandag word die perdjies as werkdiere gebruik om vee bymekaar te maak, as trekdiere op die plaas en ryperde in 'n ryskool vir kinders van die omgewing.

Die perdjies is weliswaar gewild as ryperde en troetelperde, maar dit is as teeldiere waar hulle deesdae byna hul gewig in goud werd is. Op 'n onlangse veiling is een van dié perdjies vir R28 000 verkoop en De Klerk het selfs 'n aanbod van R15 000 vir een van haar perde gehad.

Toe sy die eerste perdjie gekry het, het sy dadelik op die diertjies verlief geraak en gou 'n halfaandeel in 'n stoetery bekom en sowat ses maande later die hele stoetery gekoop. En toe die SA Miniatuurperdtelersgenootskap in 1989 tot stand gekom het, het sy tien merries en 'n hings geregistreer.

Al die jare het sy doelgerig geteel om die perdjies kleiner te kry sonder om belangrike eienskappe soos bouvorm, temperament en vrugbaarheid te verwaarloos.

Sedert haar man, Frans, se dood vier jaar gelede het sy die stoetery doelgerig uitgebou om 'n volwaardige plek in die boerdery in te neem en het sy vandag 41 teelmerries en ses jong merries in haar Stroptop-stoetery waarby sy tien hingste gebruik.

Om as 'n miniatuurperd geregistreer te word, mag vol geregistreerde merries nie groter as 95 cm wees nie, hingste nie groter as 90 cm en basismerries nie groter as 100 cm nie, gemeet op die hoogste punt van die skof.

Sy besit onder meer die kleinste hings in die land. Hy heet Oscar en is net 69 cm hoog. Tot 'n jaar gelede het sy ook die kleinste merrie gehad wat net 68 cm hoog was, maar sy het gevrek. Penny, 'n merrie van Eugene en Diedre van der Merwe van Vanderbijlpark is nou die kleinste — sy is net 68,6 cm hoog.

Haar teelbeleid is gerig op die bediening van die wydste moontlike segment van die mark met ry-, skou-, troetel- en teeldiere.

Die merries word deur die jaar gedek soos wat hulle, nadat hulle gevul het, weer bronstig raak. Die hingste wissel in grootte van 69 cm tot 90 cm en word gebruik óf in bewese kombinasies óf vir die teel van vullens vir 'n spesifieke doel of van 'n spesifieke kleur.

Die kleiner merries word later geslagsryp en gewoonlik moeiliker dragtig as die groter merries. De Klerk slaag egter daarin om 'n goeie vulpersentasie te handhaaf en verlede jaar het sy 20 vullens aangekry van 29 merries wat by die hingste was.

Die perde loop bedags op natuurlike weiding en elkeen kry soggens en saans sowat 500 gram van 'n byvoeding wat self gemeng word volgens die voorskrif van 'n voedingskundige. Die byvoeding bestaan uit gemaalde lusern, mielies, melasse, hawerstrooi en 'n voerkonsentraat wat bo-op 'n handvol gemaalde mieliereste in die krip gegooi word.

Die merries wat gevul het, word die eerste twee weke op die werf gehou om seker te maak die vul suip goed. Aangesien die eerste twee weke belangrik is vir die ontwikkeling van die vul se gedrag, word daar baie met die vullens gespeel en word hulle ook baie gehanteer. Van die derde dag nadat die merrie gevul het, word sy gereeld getoets om te bepaal of sy weer op hitte sal kom. Ná twee weke gaan die merrie met haar vul veld toe waar hulle saam met die hingste loop.

Die vullens word op ses tot sewe maande gespeen. Die twee weke voordat hulle gespeen word, word hulle weer werf toe gebring en weer baie gehanteer om te verseker hul temperament is goed. In die hele tyd tot dat hulle gespeen word, word die vullens geëvalueer. Dié wat nie as skou- of teeldiere geskik is nie, word as troetel- of ryperde verkoop.

Die hingsvullens wat die keuring slaag, gaan ná speentyd saam met die reunperde veld toe. Dié perde jaag die jong hingsies rond sodat hulle fiks word en hul spiere goed ontwikkel.

Kinders leer hier ry

Vir mev. Nicolette de Klerk van die plaas Stroppan by Migdol, is die groter perdjies die beste vir die ryperdmark. In haar boerdery word hingste groter as 90 cm wat nie geregistreer kan word nie, gekastreer en as ry-, spring- en trekperde gebruik.

De Klerk het 'n ryskool vir kinders van die omgewing en merries van sowat 80 cm hoog word gebruik om die kleiner kinders op te leer ry.

Daar is 'n goeie vraag na die perdjies as troeteldiere. Sy maak egter eers seker dat die mense wat sulke perdjies wil aanskaf, goed besef waarvoor hulle hul inlaat, want die welsyn van die diere lê haar na aan die hart.

" 'n Mens kry die snaakste versoeke. Een koper wou weet of die perdjie saam in die motor sou ry. Ek het gesê ja, maar hy sal nie soos 'n hond op die sitplek lê nie.

"Iemand anders wou weer 'n perdjie hê wat saam met haar kind in die kamer kon slaap en 'n ander wou weet of sy die perdjie sal kan leer swem in hul swembad," sê De Klerk.

Op die plaas word die hingste dikwels in karretjies ingespan om byvoorbeeld voer aan te ry en terselfdertyd hul spiere te bou. Hulle word ook gebruik om vee mee bymekaar te maak, wat terselfdertyd aan kinders die geleentheid gee om perd te ry.

Afgesien daarvan dat die ryskool wat sy bedryf vir haar eie siel lafenis bied, glo sy dié miniatuurperdjies is die beste medisyne om die kinders met die slap beentjies en vierkantige ogies van televisies en rekenaars te genees.

Haar ondervinding is dat die kinders wat by haar perdry, gou van die televisie en rekenaar vergeet en prente van perde eerder as sport- en rolprenthelde in hul kamers begin opplak.

Sy begin deur die kinders met balans-oefeninge op die perde te leer om te konsentreer. Hulle word ook dissipline geleer deurdat elkeen sy eie perd moet afsaal (vir die heel kleintjies word net die buikgord losgemaak), koudlei en afborsel, al is daar nie eers `n teken van sweet nie. Haar jongste ruiter is net 18 maande oud.

Omdat die perdjies klein is, is die kinders nie bang vir hulle nie en ontstaan daar vinnig 'n band tussen perd en ruiter.

Op Stroppan is die miniatuurperdjies beslis nie net troeteldiere nie, hulle staan hul man deeglik in 'n gediversifiseerde boerdery.

9 Januarie 2004

0
 
 
  • 2387 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Abattoir sluit: Einde van era
  • Koop jou nuwe iPad by LBW
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction