Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Kyk-fyn-na-inheemse-bokrasse

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kyk fyn na inheemse bokrasse

 
JOHAN COETSEE (jcoetsee@landbou.com)

Hoe lyk die Suid-Afrikaanse bokbedryf in sy geheel? Het die tyd aangebreek om, net soos met vleisbeesrasse, ook sekere inheemse bokrasse aan fase C-toetse te onderwerp? 'n Kenner van inheemse bokrasse en ander kleinvee meen so.

In die jare tagtig was fase D-veldramprojekte met onder meer inheemse boksoorte so geslaag dat van Suid-Afrika se inheemse bokrasse vandag tot in Noord- en Suid-Amerika en Australië bekend is. Nou het dit tyd geword om met 'n fase C-toetsskema te begin om die diere se werklike voeromsettingsverhoudings te bepaal, sê dr. Quentin Campbell, Bloemfonteinse kleinveekonsultant en kenner van inheemse kleinveerasse. Hy was 'n beoordelaar op vanjaar se wêreldbokskou op Upington en op die Worcester-skou.

Met die wêreldbokskou is hoë pryse vir veral Boerbokke en Kalahari Reds betaal, terwyl Savannabokke ook redelik goeie pryse behaal het.

Maar die vraag het gereeld onder telers en besoekers na vore gekom: "Is die wêreldbokskou net die 'ore van die seekoei', want hoe lyk Suid-Afrika se bokbedryf as geheel?"

Campbell sê die meeste kommersiële telers meen die goeie aanbod en pryse is danksy vanjaar se goeie herfsreëns vanaf Botswana tot in die Wes-Kaap.

Dit het geweldig baie bokkos beskikbaar gemaak vir die diere en gehelp dat alle bokke - veral dragtige ooie en ooie met lammers - se kondisie goed is.

Party telers het hul sak geskud vir dié drie bokrasse omdat hulle meen dit is 'n uitstekende manier om 'n goeie inkomste uit hul boerderye te genereer, terwyl talle kommersiële en bestaansboere verkies om met "onverbeterde" inheemse bokke, soos Skilder- en Appelbokke, te boer.

Talle boere meen hoewel die Skilder- en Appelbokke kleiner en ligter as Boerbokke is, is hulle gehard en aangepas by omgewingstoestande, wat dit heelwat goedkoper maak om met dié diere te boer, sê Campbell.

Hoe vergelyk die onverbeterde Sangabok uit die noorde van Namibië met die veredelde Boerbok?

Campbell sê hy het prestasietoetsdata hieroor van die nasionale vleisskaap- en bokprestasietoetsskema gekry, terwyl gegewens van die Sangabokke vanaf 'n staatskudde teenaan die Kunenerivier verkry is. Data van Boerbokke kom van telers oor die hele land en Namibië, asook die bokproefplaas by Adelaide in die Oos-Kaap.

Hy meen die gegewens is statisties gesproke nie vergelykbaar nie en die biomassa van vroulike diere wat deurgaans aangehou word, is bereken deur voorligtingsbeamptes volgens die drakrag van 'n plaas van 6 000 hektaar (sien tabel).

Campbell en mnr. Robbie Meintjies, 'n bokteler van Griekwastad, het in die 1980's begin met 'n fase D-veldramprojek om skaap- en boklammers se vermoë om te groei en hul weidingdoeltreffend volgens die Kleiber-formule te bepaal.

Dié toetse het destyds gou gewild geraak. Dit het ook gehelp om Dorper- en Boerbokramme se doeltreffendheid te bepaal, asook dié van heelparty ander inheemse rasse.

Die gewildheid van dié skaap- en bokrasse - nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Namibië, Botswana en selfs in Australië en Noord- en Suid-Amerika - getuig van die sukses wat uit die fase D-veldramprojek gekring het om die rasse nou oor groot dele van die wêreld bekend te maak.

Nou het dit egter tyd geword om, soos by vleisbeesbulle, fase C-toetse uit te voer om die werklike voeromsettingsverhoudings van die inheemse bokrasse te bepaal, meen Campbell. Sulke toetse met Boerbokke, Kalahari Reds en Savannabokke kan by die bultoetsstasie op Armoedsvlakte naby Vryburg uitgevoer word. Dit sal help om Suid-Afrika se voorsprong met die teel van vleisbokke verder wêreldwyd te verstewig. Skilder- en Appelbokrammetjies kan ook ingesluit word, meen hy.

'n Damarateler van Bloemfontein, mnr. Johnny Morrison, meen Suid-Afrika se inheemse bokrasse is net so deel van die land se kulturele erfenis as byvoorbeeld die swartrenoster. Hy het onlangs 'n kudde inheemse rooi Skilderbokke by telers in Namibië gekoop en op sy plaas by Bainsvlei net buite die stad gevestig.

Volgens oorlewering onder Namibiërs het die voorouers van dié bokke uit Suid-Afrika gekom. 'n Familie Oberholzer het met die Dorslandtrek in die 1870's van die bokke Namibië toe gebring.

Mnr. Japie Coetzee, 'n boer van Namibië, het baie gedoen om die unieke ras te bewaar. Hy het teelmateriaal beskikbaar gestel en diere van ander telers bekom. Nou het die Skilderbokke as' ware hul pad teruggevind "huis" toe, meen Campbell.

Morrison is vandag in sy noppies met die aanpasbaarheid van sy kudde. Hy sê anders as die meeste skape en beeste blaas hulle nie op wanneer weiding verlep is nie. Die Skilderbokke het gou aangepas van die savannaweiding waaraan hulle gewoond was en wei nou op aangeplante weiding en mieliereste op Morrison se grond.

Campbell meen dit is dus geen wonder dat Skilder- en Appelbokke skielik so in aanvraag is om bosindringing teen te werk en voerreste in goeie laevet-rooivleis om te sit nie. Daar is selfs telers wat Skilder- en Appelbokooie in hul Kalahari Red-teelprogramme gebruik.

Vroeër het die meeste veeboere 'n kudde of twee sogenaamd "onverbeterde" inheemse bokke aangehou, soos rooi Skilderbokke. Dié bokke het meestal 'n redelik belangrike rol in die boerdery-opset gespeel, en moes in daaglikse huishoudelike behoeftes voorsien, soos melk en botter, wanneer daar nie koeie in melk was nie. Skilderbokke is vandag steeds bekend vir hul goeie melkeienskappe, sê Campbell.

Ooie is dikwels gebruik om, benewens hul eie lammers, ook hanslammers - skape én bokke - groot te maak. Hulle is net soos mellkoeie hoofsaaklik mielies en lusern gevoer. Kapaters of oorslaan-ooie is geslag vir hul smaaklike laevet-vleis. Sulke kapaters en droë ooie is met rondreisende smouse vir negosiegoedere geruil, terwyl Skilderbokkapaters weens hul goeie temperament algemeen gebruik is om skape te kalmeer en te lei. Verskeie abattoirs in die land hou hulle nou nog daarvoor aan.

Inheemse plaasdiere met hul aantreklike voorkoms en bouvorm - wat van hul goeie aanpasbaarheid getuig - is oor baie jare heen deur natuurlike seleksie ontwikkel.

Dit is rasse soos Afrikanerbeeste, Nguni's, Blinkhaar- en Namakwa-Afrikaners, Swartkop-Persies, Damaras, geel en rooi Skilderbokke, Appelbokke en KwaZulu-Natal-boksoorte. Die diere is op dieselfde wyse deur die natuur geselekteer as wilde spesies, soos steen-, rooi- en springbokke, elande, buffels en renosters.

Campbell meen rooi, geel, swart en blou Skilderbokke, asook ander boksoorte van verskillende kleure en tipes, kom wyer verspreid in die land voor as wat algemeen aanvaar word.

Hulle speel steeds 'n belangrike rol in boerderypatrone van kommunale en opkomende boere, asook onder kommersiële boere in die droër dele van die land. Die diere speel ook 'n belangrike rol om bosindringing in toom te hou.

"In die voorsienbare toekoms sal sulke bokke wat nie deur die mens nie, maar in 'n groot mate deur die natuur geskep is, 'n al hoe belangriker rol in die Suid-Afrikaanse bokbedryf speel," voorspel Campbell.

Eerste veiling groot sukses

'n Omset van R1,09 miljoen is verlede maand in Bloemfontein behaal met die eerste veiling van inheemse veldbokke. Altesame 221 bokke is aangebied en 74 kopers van oor die hele land het in die stad saamgetrek.

Die hoogste prys van R23 000 is vir 'n rooi Skilderbokooi en haar twee lammers van mnr. Johnny Morrison van Bloemfontein betaal. Sir David Graaff se De Grendel-landgoed in Kaapstad was die koper. Morrison het ook 'n rooi Skilderbokram vir R19 500 verkoop op die veiling.

'n Bruin Appelbokooi van mnr. Schalk van der Walt is vir R20 000 verkoop, terwyl 'n Appelbokram van mnr. Deon Vlok van Calvinia vir R18 000 verkoop is.

Die veiling is deur Roderick en Martin van Bloemfontein aangebied.

Landbouweekblad, 30 Maart 2007

4
 
 
  • 3866 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Hy boer met grond en erdwurms
  • Country Bird, Sovereign saam?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction