Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Leeuboer-stel-sy-saak

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Leeuboer stel sy saak

 
ANDRIES GOUWS (agouwss@landbou.com)

Een van die grootste leeuboere ter wêreld praat oor die belegging van miljoene rande in sy leeuboerdery. En 'n Amerikaanse jagter meen uitwissing bedreig die wêreld se leeus as die jag van leeus wat in aanhouding geteel is in Suid-Afrika verbied word.

As Suid-Afrika die jag verbied van leeus wat in aanhouding geteel is, sal die Regering en die verantwoordelike minister in die geskiedenis gebrandmerk staan as dié mense wat leeus laat uitsterf het.

Dié kras woorde kom van mnr. Clifford Jeffrey (Jeff) Stanley van San Jose in Kalifornië, Amerika, wat sowat twee maande gelede twee leeus op die jagplaas Broekmansfontein van mnr. Ben Duminy by Groot-Marico geskiet het.

Stanley sê dié jagervaring, waaraan hy sy hele gesin kon blootstel, kan hy nêrens elders kry nie. Elders in Afrika is dit nie veilig genoeg vir sy hele gesin nie en die jagter is daar geensins seker dat hy dit gaan kry waarvoor hy betaal nie.

Daarom is hy bereid om baie geld in Suid-Afrika te kom bestee en dit sal vir hom, en hy glo honderde ander jagters wêreldwyd, 'n bitter teleurstelling wees as hulle nie meer hul jagsport op 'n aanvaarbare manier hier kan kom beoefen nie.

In Suid-Afrika is die leeuboere ook erg bekommerd oor die baie geld wat hulle in die boerdery belê het. Dit lyk vir hulle asof die minister hom op sleeptou laat neem deur groepe waar emosie redelike denke oorheers en die jag van leeus wat in aanhouding geteel is, totaal wil verbied.

Duminy is een van die boere wat swaar getref sal word. As groot beesboer het hy sowat vier jaar gelede sowat 5 000 van sy beeste verkoop om die leeuboerdery Benkoe Leeus op die been te bring. Sy aanvanklike oogmerk was om mannetjies te teel om aan ander boere te verkoop.

Voordat hy 'n paal ingeplant of 'n heining begin span het, het hy die direkteur van natuurbewaring in Noordwes geraadpleeg en niks is sonder dié afdeling se goedkeuring en inspeksie gedoen nie.

Hy het sy eerste leeus, 20 jong mannetjies, by die Johannesburgse Leeupark gekoop, maar gou gesien sy aanvanklike plan om leeus aan ander boere te verkoop, gaan nie werk nie.

Hy het weer natuurbewaring geraadpleeg en die plaas Broekmansfontein by Groot-Marico gekoop nadat dit geïnspekteer en goedgekeur is om as jagplaas vir leeus te dien.

Dié plaas van sowat 1 000 ha is toe met 'n geëlektrifiseerde heining van 26 staaldrade 2,4 meter hoog met 6 geëlektrifiseerde drade en 'n geëlektrifiseerde struikeldraad binne sowat 700 mm van die heining en 100 mm tot 150 mm bokant die grond toegespan.

Toe begin koop hy wyfies en teelgroepe en begin om die leeus op sy woonplaas Doornkop naby Lichtenburg te teel in hokke wat ook volgens voorskrif gebou en goedgekeur is. Die hokke is met sterk diamantdraad toegespan en het ook geëlektrifiseerde drade om die teelkampe.

Vandag, nadat hy etlike miljoene rand in die onderneming belê het, het hy 'n paar honderd leeus in die hokke waar hy hulle laat aanteel en van die leeus word op die jagplaas vrygelaat waar hulle gejag word.

Net soos in die natuur word die teelgroepe in troppe opgebou wat uit vyf tot sewe wyfies bestaan. Hulle word sorgvuldig uitgesoek om by mekaar te pas en stelselmatig aan mekaar gewoond gemaak deur hulle in aangrensende hokke te hou om gevegte te voorkom. 'n Mannetjie word dan ook vir die groep uitgesoek.

Die wyfies raak deur die jaar bronstig en elke dekdatum word aangeteken. Sowat drie weke voordat sy ná ongeveer 106 dae kleintjies kry, word sy na 'n spesiale hok verskuif.

Die hokke bestaan uit 'n klipskuiling waarin die wyfie 'n baal hooi kry om vir haar 'n nes te maak en aan die skuiling grens 'n draadkamp waarin sy gemaklik kan beweeg en uiteindelik haar kleintjies heen kan uitbring.

'n Wyfie word naby haar trop in 'n hok gesit, want as sy bedreig voel, sal sy haar kleintjies doodbyt.

Op ongeveer drie en 'n half maand word die kleintjies gespeen deurdat hulle met skuifhekke van hul ma afgesonder en dan na spesiale kampe oorgeplaas word waar hulle afsonderlik grootgemaak word. Met speentyd word almal teen katgriep ingeënt en teen inwendige parasiete gedoseer.

'n Paar dae later gaan die wyfie terug na haar trop en na gelang van haar kondisie kan sy binne een tot vier maande weer op hitte kom en gedek word. Die gemiddelde werpselgrootte is drie.

Die jong leeus kry vanaf speenoud totdat hulle sowat 'n jaar oud is elke dag kos en die groot leeus twee tot drie maal per week. Hiervoor skenk boere die karkasse van diere wat vrek en kry hy ook dooie hoenders van hoenderboerderye in die omgewing wat hy binne 'n straal van sowat 140 km self gaan haal. Die leeus kry geen byvoeding nie. Namate die leeus groter word, verdeel hy hulle in troppe wat by mekaar pas. Van die leeus word verkoop en hy hou dié wat die beste by sy teelprogram pas.

Met sy groot belegging het hy 'n volhoubare onderneming op die been gebring waarin die leeus vermeerder en werk vir dertig mense geskep word. Een van sy groot drome is om nog eendag van sy leeus in die land se nasionale parke hervestig te sien waar die natuurlike leeubevolking ernstig deur siektes bedreig word.

Maar as sy manier van leeujag verbied word, weet hy nie waarheen hy met die diere sal gaan nie. Sy bedryfskoste is minstens R80 000 per maand en sonder 'n inkomste sal hy die onderneming nie kan voortsit nie.

Dié mening word onderskryf deur mnr. Carel van Heerden, voorsitter van die SA Roofdiertelersvereniging. Hy sê as die voorgestelde regulasies deurgevoer word wat die jag verbied van roofdiere wat in aanhouding geteel is, sal 'n beduidende bedryf wat groot voordele vir die ekonomie gebring het, vernietig word.

Hy sê navorsing wys dat net agt leeuboere in die provinsie Noordwes minstens R27,8 miljoen in grond, R10,5 miljoen in heinings, R3,5 miljoen in elektrifisering, R12,3 miljoen in infrastruktuur en R31,3 miljoen in behuisingsgeriewe vir besoekers belê het. Dit is saam 'n belegging van net meer as R85 miljoen in die vestiging en uitbreiding van hul leeuboerderye.

Hulle het die belegging in goeder trou gedoen ingevolge bestaande wetgewing en met die samewerking van die provinsiale owerheid.

Van Oktober 2004 tot September 2005 het hulle nagenoeg R5,4 miljoen aan lone, R4,2 miljoen aan kos vir die leeus, R653 400 aan veeartsenykoste en R1,3 miljoen aan versekering betaal en het hul verliese vir die jaar weens vrektes R1,3 miljoen beloop. Die totale bedryfskoste is R12,5 miljoen.

Die agt ondernemings verskaf 240 werkgeleenthede wat kos op meer as 'n duisend mense se tafel sit. Daarby verskaf die bedrywe 'n inkomste aan talle ander mense in verskillende gemeenskappe waar hulle karkasse, wat gewoonlik verlore sou gaan, sowel as lewende diere, koop.

Die besoekers wat deur die sowat 1 200 leeus in die provinsie gelok word, het ook voordele vir ander bedrywe, soos taksidermiste en mense wat huisvesting verskaf.

En net soos Van Heerden is Duminy vol moed dat verantwoordelike denke sal seëvier bo die emosiegedrewe aanslag teen die bedryf. Trouens, twee senior regsgeleerdes, advv. F.W.A. Danzfuss, SA, en H. Murray, het die voorgestelde regulasies aan die hand van verskeie wette, die Grondwet en hofbeslissings in ander sake ondersoek en bevind dat die regulasies nooit die toets sal deurstaan as dit aan die bepalings van die Grondwet gemeet word nie.

Daarom boer Duminy en sy gesin volstoom voort. Hulle glo hulle voorsien in 'n behoefte wat mense van oor die hele wêreld heen na Suid-Afrika lok vir die ondervinding om 'n leeu op 'n "etiese" manier te kan kom jag én dalk eendag van hul leeus in die wildtuine te sien loop.

'Dis g'n geblikte jag'

Leeus van vyf tot tien jaar oud kan gejag word. Wanneer 'n jagter graag 'n leeu wil jag, word foto's aan hom gestuur van wat beskikbaar is. As op 'n prys en datum ooreengekom is, word die leeu na Broekmansfontein naby Groot-Marico gebring.

Hulle word onder die toesig van 'n amptenaar van natuurbewaring oorgeplaas en vrygelaat minstens 96 uur (maar gewoonlik langer) voordat die jagtog begin. Ál die nodige permitte word uitgeneem en geld betaal voordat die leeu gejag word.

Daar is wild op die plaas en die leeus vang gewoonlik 'n bok kort nadat hulle vrygelaat is. Die plaas bestaan uit berge en klowe en dit duur soms tot ses dae voordat die leeu opgespoor word.

Die eienaar van Broekmansfontein, mnr. Ben Duminy, sê vir hom bestaan geblikte leeujag daaruit dat 'n leeu verdoof word en in 'n klein kampie doodgeskiet word. Op sy plaas is leeujag net so 'n groot uitdaging en waarskynlik moeiliker as in die meeste gebiede waar leeus wat in die natuur gebore is, gejag word.

Dit word onderskryf deur nog 'n Amerikaanse jagter, mnr. Carl Wasner van Maryland, wat ook onlangs 'n leeu kom skiet het. "Dis beslis nie 'n geblikte leeu nie. Ek en 'n beroepsjagter was twee dae op die leeu se spoor en ons het op twee vangste afgekom.

"Hoewel ek glo hy het ons dikwels gesien, het ons hom net twee keer skrams gewaar. Teen die aand van die tweede dag was hy skielik daar. Vanaf sowat 30 meter het hy ons volspoed in 'n droë rivierloop bestorm. Enigeen wat beweer dis geblikte leeujagte, moet dit self kom ervaar en hy sal nooit weer so iets beweer nie."

Gewoonlik vergesel twee professionele jagters en twee spoorsnyer die jagter wat die leeu te voet gaan soek.

Die jagters betaal van R25 000 vir 'n jong leeu of 'n wyfie tot R200 000 vir 'n uitgegroeide mannetjie met 'n groot maanhaar.

29 September 2006

5
 
 
  • 2380 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • So baie voer, so min vee!
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction