Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Maak-grootmaak-van-kalwers-winsgewend

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Maak grootmaak van kalwers winsgewend

 
CHRIS JOOSTE (cjooste@landbou.com)

Melkboere het dikwels die probleem dat hulle nie goeie pryse vir kalwers kry Met 'n deeglik beplande en fyn uitgewerkte voerprogram kry 'n melkboer van Winterton uitmuntende resultate met die grootmaak en bemarking van melkbeeskalwers.

Melkboere het dikwels die probleem dat hulle nie goeie pryse vir kalwers kry nie. Met sy voerprogram bemark mnr. Adam Vermaak van die plaas Ellerslie, Winterton, Holstein-osse op 12,8 maande op 'n gemiddelde gewig van 495 kg stuk. Dié diere groei van geboorte af gemiddeld 1,28 kg per dag.

Vermaak sê deur die kalwers van geboorte af te voer, behaal hy goeie resultate wat met dié van vleisrasse vergelyk kan word. Met die hulp van 'n rekenaarkonsultant bepaal hy die korrekte rantsoen vir die kalwers van geboorte af totdat hulle bemark word.

Die konsultant, dr. Eben du Preez, wat 'n veearts by voerkrale was, sê om die rantsoene uit te werk, gebruik hy inligting van die diere se gewig wat maandeliks geneem word. Met dié gewig stel hy twee aspekte vas — die gewigstoename oor die afgelope maand en die toename sedert die dier die eerste keer geweeg is.

Sy doel met die program is om die uitwerking van die verskillende proteïen-rantsoene op diere van verskillende ouderdomsgroepe vas te stel om sodoende die hoogste wins te behaal. Een van sy doelwitte is om 'n rantsoen vas te stel waarmee vir swakker groei in die winter vergoed kan word.

Vermaak sê sy voerprogram behels die volgende (die koste van elke stadium word tussen hakies aangedui):

Van geboorte tot op 50 dae ouderdom kry ál die kalwers — versies en ossies — dieselfde voer. Dit is 'n beginmengsel wat uit 18 % ruproteïen bestaan. Die eerste drie dae kry hulle kolostrum (biesmelk). Van die vierde tot die elfde dag kry hulle 4 liter volmelk per dag (4 x R1,96 x 8 = R86,24) en daarna tot op 50 dae 4 liter melkvervanger per dag (4 x R1,47 x 38 = R223,44).

Elke kalf kry ook daagliks 25 ml vitamienaanvulling (25 x 0,05 c/liter = R1,25 x 50 = R62,50) en 18 % kalfmeel (R2/kg x 424g x 50 = R42). As inentings van R60 bygereken word, is die koste op 50 dae dus R474,18 per kalf. Die gemiddelde speengewig op 50 dae is sowat 64 kg.

Ná speentyd tot op 120 dae kry die vers-kalwers 'n beginmengsel wat uit 23 % ruproteïen bestaan. Hulle vreet gemiddeld 3,16 kg/dag teen 'n koste van R5,73/dag x 70 dae = R401,10. Dié groep weeg aan die einde van die 120 dae van 64 kg tot 100 kg.

Van 120 tot 180 dae (4 tot 6 maande) bestaan die mengsel uit 15,3 % ruproteïen. Teen gemiddeld 4 kg/kalf per dag teen R4,92/dag vir 60 dae is die voerkoste R295,20/kalf. Die diere weeg dan van 100 kg tot 160 kg.

Van sewe tot nege maande kry die verse 'n mengsel met 'n ruproteïen-inhoud van 13 %. Hulle vreet gemiddeld 14 kg/dag. Teen 6,95/kalf per dag vir 90 dae is die koste R625,50. Die diere weeg dan van 160 kg tot 300 kg.

Van 10 tot 14 maande kry hulle weer 'n mengsel met 13 % ruproteïen. Teen R5,78 per dag vir die 19 kg voer wat hulle vreet, is die koste oor 150 dae R867. Hulle weeg 300 kg tot 400 kg op 14 maande. Dit is ook die gewig op die verse kunsmatig ge-insemineer word.

Van 15 tot 19 maande kry die verse voer met 10 % ruproteïen. Daarvan vreet hulle elk 24 kg/dag. Dié 24 kg se koste van R6,24 oor 150 dae is R936. Dié diere se gewig wissel van 400 kg tot 550 kg.

Op die ouderdom van 20 tot 23 maande kry hulle steeds 'n droëkoei-rantsoen met 'n ruproteïen-inhoud van 10 %. Daarvan kry elke dier 20 kg/dag teen R6/dag x 120 dae, wat R720 kos. Die verse kalf op 'n gemiddelde gewig van 600 kg. Die totale voerkoste vir die verse totdat hulle kalf, is dus R4 318,98.

Die osse kry in die tydperk van 50 tot 120 dae 'n rantsoen met 23 % ruprote-ien. Teen 3,58 kg/os per dag is die koste R6,49/dag. Oor 70 dae is die totale koste R454,30. Aan die einde van dié tydperk weeg die osse 64 kg tot 110 kg.

Van ouderdom 120 tot 170 dae bestaan die voermengsel uit 15 % ruproteïen. Die diere vreet gemiddeld 5,5 kg per dag teen R6,82/dag. Vir die 50 dae is die koste dus R341. Die osse weeg dan 110 kg tot 200 kg.

Vir die laaste 214 dae voordat die osse op 12,8 maande teen 495 kg stuk bemark word, kry elkeen daagliks 6,5 kg van 'n slagrantsoen met 14 % ruproteien. Teen R5,74/dag kos dit R1 228,36 per os.

Vermaak volg met die osse ook 'n hormooninplant-program. Van die eerste tot die veertigste dag, die 40ste tot die 80ste dag en 80 ste tot die 120ste dag kry die ossies drie skaapinplantate teen R3,57 elk.

Van dag 120 tot dag 200 kry die diere 'n beesinplantaat teen R8,97, van dag 210 tot dag 300 en van dag 300 tot dag 390 twee inplantate teen R14,85 elk en van dag 390 totdat hulle bemark word, 'n inplantaat teen R20,07. Dit is 'n totale bedrag van R69,07.

Die totale koste vir die osse totdat hulle bemark word, is dus R2 497,84 stuk. Hulle word dan teen gemiddeld R3 550/karkas bemark, wat 'n wins van R1 052,16 per os beteken.

Vermaak sê die osse se gemiddelde daaglikse toename (GDT) oor die laaste 80 dae voor bemarking is 1,77 kg/dag. Die gemiddelde GDT van geboorte totdat die osse bemark word, is 1,28 kg/dag.

Deur sy program noukeurig te volg, oorkom hy die grootste probleem wat melkboere het — om hul kalwers winsgewend groot te maak en te bemark.

8 Maart 2005

5
 
 
  • 4239 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kapitaalwins op onaktiewe BK
  • Toetse om dragtigheid in perde te bepaal
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction