Deur LUCILLE BOTHA
13 Februarie 2012

1564 keer gelees | 0 kommentaar

Kopers uit alle oorde het R106 miljoen opgedok vir jaaroud-vullens op die Cape Premier-veiling.


Helderberg Blue, ’n jaaroudvul van Jet Master by Our Table Mountain, het op die onlangse Cape Premier-veiling van jaaroue vullens, die hoogste prys van R2,8 miljoen behaal.

Helderberg Blue kom uit die stal van die Highlands-stoetery naby Robertson. Die veiling is vir die tweede jaar agtereenvolgens in die Kaapse Internasionale Konvensiesentrum aangebied en die gholflegende Gary Player (wat al meer as 50 jaar lank by die perdebedryf betrokke is) het dit as een van die beste veilings ter wêreld bestempel.

Die omset op vanjaar se veiling was R106 835 000 – sowat R18 miljoen meer as verlede jaar. Altesame 349 perde het onder die hamer gekom, waarvan 265 verkoop is.

Die gemiddelde prys wat vir ’n jaar oue vul opgedok is, is sowat R403 000. Ten spyte van die verbod op die uitvoer van perde weens Afrikaperdesiekte het kopers uit 15 lande steeds die veiling bygewoon.

Die Suid-Afrikaner John Freeman het meer as R14 miljoen op die veiling bestee en was die grootste koper. Die veiling is deur die Wes- Kaapse regering geborg. Kyk hier na 'n video van die opwindende veiling.

 

13 Februarie 2012

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights