Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Mooi-beteken-nie-altyd-geld-sak

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Mooi beteken nie altyd geld in sak

 
ANDRIES GOUWS (agouwss@landbou.com)

Om met wolskaapboerdery geld te maak, moet 'n mens jou toespits op dié geldmaakeienskappe wat jy kan verbeter. Dit is reproduksie, groei en die gehalte en hoeveelheid wol wat geproduseer word.

Selekteer die regte ram, gebruik doeltreffende ooie en sorg dat hul voeding so goed moontlik is. Die boer wat hierin 'n werkbare balans vind deur doelgerigte bestuur, sal geld maak uit wolskaapboerdery, sê kenners wat wolboere op die onlangse kongres van Mpumalanga se Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) toegespreek het.

Mnr. Jan Pieterse, voorsitter van dié tak, het gesê wolskaapboerdery bly die winsgewendste boerderyvertakking op menige plaas. Die toepassing van nuwe teelmetodes en die aanwending van aangeplante weidings saam met gevorderde bestuurstelsels kan winsgewendheid verder verhoog.

Dr. Arno Moore, hoofbestuurder van die NWKV, het gesê as 'n boer met wolskape wil geld maak, moet hy fokus op die eienskappe wat hy betreklik maklik en vinnig kan verbeter, soos reproduksie, groei en wolproduksie.

Die belangrikheid van reproduksie kan nie oorbeklemtoon word nie. Veronderstel 'n boer bemark 70 % van die nakomelinge van 100 ooie (vervangingsdiere uitgesluit).

Aanvaar ook dat die vetwolprys R21,00/kg, die wolproduksie 4,5 kg/ooi en 2 kg per lam is, die karkasse wat bemark word gemiddeld 18 kg weeg en die vleisprys R20,00/kg is.

Dan is die bruto inkomste uit wol R136,50 en uit vleis R252,00. Saam beloop dit R388,50 per skaap.

As net een van die items met 10 % verhoog word en die ander bly dieselfde, het dit 'n beduidende invloed op die verdienste.

As die bemarkingspersentasie 77 is, is die verdienste R424,00; as die wolprys 10 % styg, is die verdienste R402,00. Met 10 % meer wol is die verdienste R402,15 en as die vleisproduksie of die vleisprys soveel styg, styg die verdienste tot R413,70.

'n Mens kan min doen om die vleis of wolprys te verander, maar dit is betreklik maklik om die bemarkingspersentasie van 70 tot 77 of selfs 100, waar dit hoort, op te stoot.

Daar moet gekonsentreer word op die eienskappe wat die boer die maklikste die meeste kan verhoog, sonder om enige van die ander eienskappe af te skeep.

Die ideale ooie om produksie te verhoog, is klaar in die kudde, die boer moet hulle net identifiseer. Dit is die ooi wat gereeld lam en haar lam goed grootmaak. Om geld te maak moet die swak presteerders uitgeskot word.

In die fynwolprojek op Cradock is die prestasie van die 10 beste en 10 swakste ooie uit 'n groep van 70 ooie oor vier lamseisoene bekyk.

Dit was onderskeidelik: Lammers aangekom — 7,7 teenoor 4,5; lammers gespeen — 7,5 teenoor 2,9; gemiddelde speengewig — 25,7 kg teenoor 22,8 kg; speengewig uitgedruk as kg lam per ooi — 193 kg teenoor 66 kg, en inkomste per ooi R1 157 teenoor R397.

In nog 'n ondersoek by Graaff-Reinet waar 'n kudde ooie van verskillende boere in dieselfde toestande aangehou is, is dieselfde neigings waargeneem.

Dié ooie is in drie groepe, die beste, middelste en swakste derde verdeel. Die beste derde het deurgaans beter gepresteer en die beste bruto inkomste, wol- en vleisinkomste en speenpersentasie gegee.

Wat egter insiggewend is, is die verskil in speenpersentasie met die eerste lamkans. Daar het die beste groep 140 % lammers gespeen, die middelste groep 100 % en die swakste groep 60 %.

Die ooie praat met die boer deur syfers. Die bestes maak hul stem dik en die swakstes sê duidelik hulle moet uitgeskot word.

Wanneer vervangingsooie geselekteer word, is boere baie lief om hul wol te blaai en die mooiste ooie te hou, maar dis nie die mooiste ooie wat geld maak nie.

Begin deur net die krummels te prul en die res van die ooilammers almal by die ram te sit. Laat hulle met hul eerste lamkans met jou praat en selekteer dié wat 'n lam goed grootmaak as vervangingsooie. Die ooi wat met haar eerste lamkans nie goed presteer nie, presteer die res van haar lewe swak.

Soek die ooie uit waarvan die spene met speentyd nog skoongesuip is. Hulle het genoeg melk om die lam tot dan te laat suip en sy teel 'n soortgelyke nageslag.
Moore het 'n beroep op boere gedoen om die nuutste tegnologie vir produksie te benut deur dit in die praktyk saam met kundiges te toets en dit dan met ander boere te deel. Só aanvaar boere verantwoordelikheid vir hulself.

Dr. Buks Olivier, kleinveekenner van Elsenburg, het saamgestem dat ooie wat nie lam nie of swak lammers speen, weggelaai moet word. Boere moet hulle toespits op wat geld maak. En 'n boer maak geld met die lammers wat deur sy ooie gespeen (reproduksie) word, die gewig van sy skape (groei) en die hoeveelheid en gehalte wol wat die skape produseer.

Reproduksie mag nie afgeskeep word nie, maar daar is verskeie ander eienskappe wat 'n hoër voorrang behoort te geniet. Seleksie vir vrugbaarheid is moeilik omdat dit eers laat in die dier se lewe bepaal word, dit laag oorerflik is en 'n komplekse eienskap is wat bestaan uit vrugbaarheid, moedereienskappe, en omdat die ooi én die ram 'n rol daarin speel.

Hy het boere gemaan om na die paringsgewig van jong ooie te kyk. As sy 28 kg tot 30 kg weeg, is haar kans gering om 'n lam goed groot te maak. Vir elke kilogram wat só 'n ooi se gewig opgestoot word, verhoog haar lampersentasie met 2.

Maar die ooi is die helfte van die lam en die ram die helfte van die kudde. Die ram het 'n invloed op die vrugbaarheid van sy dogters, maar as boere ramme koop, blaai hulle die wol en weet dikwels min van sy vrugbaarheid.

Dit is belangrik om 'n balans tussen die ram se voorkoms en sy syfers te handhaaf. Al sy eienskappe is in 'n mindere of meerdere mate oorerflik.

Die kans dat 'n swaar ram ook 'n swaar nageslag gaan teel, is van 50 % tot 60 %. Net só is veseldikte en stapellengte hoogs oorerflik. Daarteenoor is reproduksie, woltipe en bouvorm laag oorerflik.

Konsentreer op die eienskappe wat vir die boer geld in sy sak bring. As ramme geselekteer word, kyk na die kudde en besluit watter eienskappe verbeter moet word.

Onthou egter daar bestaan 'n verwantskap tussen die eienskappe. As 'n mens vir groter skape selekteer, is daar 'n 50 % kans dat die reproduksie ook sal verhoog. As vir fyner wol geselekteer word, is die kans goed dat die nageslag kleiner gaan wees, as groter skape geteel word, gaan die nageslag se wol waarskynlik sterker wees. Net só: Fyner wol, minder wol; sterker wol, meer wol; fyner wol, minder lammers, en groter skape, meer lammers.

Dít gebeur omdat die eienskappe geneties in mekaar vervleg is. Die boer maak geld uit dié eienskappe en daarom moet niks oorbeklemtoon word nie, maar alles eerder in balans gehou word.

Die kuddeboer sit in die gunstige posisie dat dié soort inligting deesdae bekend is en hy nie meer hoef te raai nie. Maar boere vergeet alles op 'n veiling en koop die mooi groot ramme.

Die gemiddelde kuddeboer het net 20 kanse in sy leeftyd om sy kudde te verander. Moet nie deur enkele eienskappe weggevoer word nie. Hou die ekonomiese eienskappe in ewewig en benut die geleenthede om die kudde ten beste te verander.

Vra en benut die inligting van die ram en veral sy moeder. As sy goed geproduseer het, is die kans goed dat sy nageslag ook goed sal produseer, sê Olivier.

Mnr. Hendrik van Pletzen, tegniese bestuurder van Voermol, het gesê ooie wat voedingsprobleme ondervind terwyl hulle hul lammers soog, se lampersentasie kan in die volgende seisoen tot 25 % laer en die wolproduksie met tot 1 kg per ooi minder wees.

Daarby is wisselende voervloei en voergehalte deur die jaar een van die groot oorsake van breekwol.

Tipiese probleme wat 'n mens met gebrekkige voervloeibeplanning kan verwag, is:

  • In nat jare is dragtige en tweeling-ooie meer vatbaar vir vrotpootjie veral waar sinktekorte in die weidings voorkom.
  • Sulke ooie se melkproduksie daal dadelik en uiteindelik het sy feitlik geen melk nie.
  • Die hoë voginhoud van weidings veroorsaak dat sulke ooie te min voedingstowwe inneem omdat hulle nie genoeg kan vreet nie. Dit lei tot subkliniese domsiekte.
  • Dit het ook moeilike geboortes tot gevolg en dik, taai bies gaan daarmee saam.
  • Lammers vrek of hul groei word ernstig gestrem.
  • Die volgende jaar se lammeroes word ernstig benadeel omdat die eiselontwikkeling vyf maande voor paring al begin. As die ooi dan maer is en swaar kry, word dié ontwikkeling gestrem en raak sy moeiliker of glad nie dragtig nie.

    In 'n ondersoek is ooie ewekansig in twee groepe verdeel. Die een groep wat tydens laktasie in swak voedingstoestande aangehou is, het met speen sowat 11 kg minder geweeg as die ooie wat goeie voeding gekry het.

    Ná spening is hulle gevoer en die twee groepe het met paring dieselfde geweeg.

    Die swak groep se bevrugting was 71,6 % teenoor die 88,8 % van die groep wat goeie voeding gekry het. Net só was die lampersentasie 74,3 teenoor 98,9, daar was 4 % meerlinge teenoor 11 % en die wolproduksie van die swak groep was presies 1 kg per ooi minder as die groep wat goeie voeding gekry het.

    Om dié probleem met strategiese voeding die hoof te bied, vereis tydigheid. As die regte ding nie op die regte tyd gedoen word nie, mors die boer geld.
    Die tyd wanneer die voervloei en aanvullings reg moet wees, is sowat vier weke voor die ooi lam, want in dié tyd groei die fetus 70 % van sy geboortegewig en dan is die ooi se voedingsbehoefte hoog.

    Dit help nie om sake met aanvullings te probeer red as die ooi se melk opraak wanneer die lam 10 weke oud is nie. Dan bereik 'n mens niks nie en mors jy geld.

    Die boere wat werklik geld maak uit skaapboerdery is dié wat die kuns bemeester het om hul voervloei en aanvullings te sinchroniseer en te fokus rondom dié tydperk.

    Boere moet hul voervloei- en weidingsbeplanning doen met die ooie se lamseisoen in gedagte sodat dan in die ooie se hoë voedingsbehoeftes voorsien kan word.
    Aangeplante weidings speel 'n belangrike rol in dié beplanning. In dié hoëpotensiaalgebied bly droëlandlusern die weiding met die beste gehalte teen die laagste koste.

    Daarby moet strategiese aanvullings kostedoeltreffend wees. "Gebruik die regte grondstowwe wat in die regte verhouding gemeng is, anders mors jy jou geld."
    Boere moet hul eie somme maak. Om ooie met welslae deur dié krisistyd te neem, kan 20 kg tot 30 kg lek per ooi vereis, wat van R28,00 tot R36,00 per ooi kan kos met 'n mielieprys van R1 000 per ton.

    Om dít te regverdig, moet die boer meer en swaarder lammers speen en meer en beter wol produseer. Ses tot 10 ekstra lammers per 100 ooie sal dié koste dek en die ekstra wolproduksie, swaarder lammers en makliker lamseisoen wat noodwendig daarmee saamgaan, is dan 'n bonus, sê hy.

    14 Mei 2004

  • 0
     
     
    • 1619 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Ford Ranger is 'n bielie
    • Wynwerkers leer in Boergondië
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction