|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 70% |
| Wind: |
Moordbye is die eerste keer in Utah, Amerika, gevind en sowat sewe korwe met dié insekte is uitgewis. Moordbye is die afstammelinge van Europese en Afrika-bye. Dié bye is baie aggressiewer as hul Europese eweknieë. Veertien mense is sedert 1990 in Amerika dood weens aanvalle van die bye.
Afrika-moordbye het die eerste keer in die 1950's in Noord- en Suid-Amerika voorgekom nadat hulle per ongeluk in Brasilië vrygelaat is. Utah se departement van landbou sê hy sal nou die publiek onderrig oor dié bye asook oor wat mense moet doen wanneer hulle 'n korf vind. "Die protokol is om die bye uit te wis en dán te bepaal of hulle moordbye is of nie," sê me. Clair Allen van dié departement.
"Verlaat die omgewing as jy 'n korf gewaar," sê mnr. Larry Lewis, woordvoerder. Bye sal nie spontaan aanval nie, maar beskerm hul korwe tot die dood.
Bron:
Associated Press (Associated Press)
KSL.com (KSL.com)
The Salt Lake Tribune (The Salt Lake Tribune
16 Februarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24