Deur ALANI JANEKE
19 September 2012

867 keer gelees | 1 kommentaar

Die druk van prysverlagings aan melkboere en hoë produksiekoste kan lei tot verlaagde melkproduksie.


Melkproduksie kan aanstaande jaar ongunstig geraak word deur die “ontydige” verlaging van pryse aan boere, wat hulle die afgelope paar maande onder enorme druk geplaas het. Die Melkprodusente-organisasie (MPO) sê die verlagings het boere se beplanning benadeel, en hulle verwag ’n verlaging in produksie in die komende maande.
 
Hoë voerpryse, weens stygings van tot 25% tussen Junie en September vanjaar vir mielies, en 30% vir sojabone, vererger die situasie. Die organisasie sê hulle voorsien nie dat dié pryse binnekort gaan verlaag nie.
 
“Die huidige graanprys en die pryse van ander produksiemiddele verskaf nie aan boere ’n volhoubare inkomste nie. Hoër vleispryse skep vir boere ’n geleentheid om koeie aan slagplase te verkoop.

Dít kan melkproduksie volgende jaar benadeel,”verduidelik die organisasie in ’n verklaring. Die organisasie se melk-voer-verhouding, wat ’n aanduiding van suiwelboerdery se winsgewendheid is, het tot sy laagste vlak in 10 jaar gedaal.
 
Produksiesyfers
Desondanks wys die MPO se statistiek dat die totale melkproduksie in die land vir die eerste sewe maande vanjaar sowat 4% hoër is as die totale produksie gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. Die produksie in Julie vanjaar was 3,7% hoër as in Julie verlede jaar.
 
Op die internasionale front is prysverwagtinge aan boere op lang termyn goed, en die verwagte laer produksiegroei kan moontlik tot prysverhogings in komende maande lei. ’n Verbeterde globale voorraad- en vraagsituasie, sowel as laer produksiegroei, het reeds internasionale prysstygings tot gevolg gehad.
 
In Suid-Afrika het produksie die laagste vlak in Junie vanjaar bereik. Die styging tussen Junie en Julie vanjaar is volgens die MPO heelwat laer as vorige jare, wat ’n aanduiding van ’n moontlike verlangsaming in produksiegroei kan wees. ‘‘ ’n Bestendige groei in vraag sal druk plaas op suiwelvoorrade, terwyl hoë koste produksiegroei verder sal beperk.”
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/09/23 06:48:28 PM

Gebrek aan volhoubare landbou inkomste is die perfekte resep vir hongersnood.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights