Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Natuurlike-bies-nodig-vir-oorlewing

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Natuurlike bies nodig vir oorlewing

 
JOHAN COETSEE (jcoetsee@landbou.com)

Lammers wat hans grootgemaak word, moet binne 24 uur ná geboorte biesmelk kry om passiewe immuniteit teen siektes te ontwikkel. 'n Kundige gee wenke.

Lammers moet soms hans grootgemaak word weens 'n ooi wat te min melk het - moontlik weens meerlinge of droogtetoestande wat tydens lamtyd voorkom - asook weens ooie met swak moedereienskappe wat weier om hul lammers te voed.

Sulke lammers se oorlewing hang egter baie nou saam met die tydige inname van kolostrum (biesmelk), sê dr. Vlok Ferreira, nasionale tegniese bestuurder van Molatek.

Ferreira sê 'n lam moet daagliks 'n hoeveelheid melk gegee word gelykstaande aan 10% van sy of haar liggaamsgewig. Vier voedings per dag is in die begin die absolute minimum. Ná twee tot drie weke kan na twee voedings per dag oorgeskakel word.

Wanneer skaapmelk beskikbaar is om 'n hanslam mee te voed, sal geen probleme ondervind word nie. Maar wanneer koeimelk gebruik moet word, is dit 'n heel ander storie. Die samestelling van ooimelk verskil van dié van koeimelk. Ooimelk bevat 'n hoër droëmateriaalinhoud van 18% tot 19% en het 'n vetpersentasie van 6 tot 7.

Koeimelk is dus 'n dunner vloeistof en die lammers se droëmateriaalinname sal te laag wees, veral met 'n beperkte melk-inname. Met ad lib-inname sal die resultate beter wees, meen Ferreira. Poeiermelk waarvan die droëmateriaalinhoud beheer kan word deur die peil van verdunning, lewer uitstekende resultate.

Lammers wat hans grootgemaak word, moet spesiale aandag en versorging kry omdat hulle vatbaarder is vir spysverteringstoornisse as lammers wat aan die ooi drink. Sukses met die hansgrootmaak van lammers hang dus in 'n groot mate af of hulle voldoende kolostrum (50 ml ooikolos-trum per kilogram geboortegewig) drie tot ses uur ná geboorte inkry, sê hy.

Die lam moet binne 24 uur ná geboorte kolostrum inneem deur aan die ooi te suip of aan 'n bottel met 'n speen. As die lam te swak is, moet die kolostrum met behulp van 'n maagbuis ingegee word.

Wat is die funksies van kolostrum? Ferreira sê daar is hoofsaaklik drie:

  • Die verkryging van passiewe immuniteit teen siektes. Lammers word gebore met baie min teenliggame en het dus 'n swak weerstand teen siektes. Binne veral die eerste ses uur - maar tot 24 uur - kan lammers die teenliggame uit bies opneem wat aan hulle 'n passiewe immuniteit gee. Op dié wyse word die lammers beskerm teen ál die siektes waarteen die ooi reeds 'n weerstand het.
  • Die verhoging van liggaamstemperatuur. Die lam verloor sy vermoë om te sluk as sy liggaamstemperatuur met meer as 1,5 °C tot 2 °C daal. Daarom speel die hoë bottervetinhoud van kolostrum 'n belangrike rol as bron van energie vir hitteproduksie.
  • Aktivering van die spysverteringskanaal. Bies dien as 'n lakseermiddel om die inhoud van die dermkanaal by geboorte uit te skei.

    Ferreira sê slegs ooikolostrum bevat die nodige teenliggaampies vir die siektes waarteen die skape geïmmuniseer is. Koeikolostrum en kunsbies bevat dit nie. Kunsbies kan gemaak word deur 150 ml room, 'n eier en 'n teelepel laktose by 500 ml volroomkoeimelk te voeg.

    'n Beperkte of 'n ad lib-voedingstelsel kan gevolg word. 'n Beperkte voedingstelsel is egter baie arbeidsintensief. As die ad lib-stelsel gevolg word, kan dit meer ekonomies wees om die lammers groot te maak omdat minder melkvervanger nodig is.

    Met 'n lae suipfrekwensie van een of twee keer per dag moet die melk verwarm word tot sowat 37 °C. Met 'n ad lib-voedingstelsel is dit makliker om koeler melk van kamertemperatuur te voer om te keer dat dit binne 'n dag suur word.

    Die temperatuur van die melk is nie die allerbelangrikste nie. Dit moet egter óf verhitte óf koue melk wees en nie te veel koue melk moet per keer gegee word nie - minder as 1 liter.

    Met ad lib-voeding word die melkbakke een keer per dag gevul. Een speen vir elke vyf lammers is voldoende. Minstens 7,5 kg melkvervanger is nodig om 'n lam groot te maak, meen Ferreira.

    In albei stelsels is skoon drinkwater asook goeie kruipvoer belangrik. Hy sê boere moet lammers op die ouderdom van ses tot agt weke speen, mits hulle dan minstens 250 g kruipvoer per dag kan inneem.

    10 Maart 2006

  • 3
     
     
    • 2402 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Dankie Jan Bez en Bon Capp Organiese Wyne
    • Die Bemagtiging van Produsente
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction