Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Nguni-geskiedenis-uitgebeeld

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nguni-geskiedenis uitgebeeld

 
Deur 'n VERSLAGGEWER

'n Kosbare boek waarin die kleurryke geskiedenis van die Nguni-beesras en ook die ekonomiese, sosiale, politieke en geestelike betekenis van dié ras in die Zoeloe-tradisie verwoord en uitgebeeld word, het pas verskyn.

In hierdie fynproewerswerk ontvou die verhaal van dié Afrika-bees in poëtiese woordgebruik en kry dit lewe in kunstige skilderye, waterverfwerke en sepia-sketse deur die internasionaal bekroonde kunstenaar Leigh Voigt. Dit bevat ook sowat 20 geskiedkundige foto's, 8 historiese litografiese werke en 'n kaart van die verspreiding van dié beesras in Suid-Afrika voor die 19de eeu.

Die eerste hoofstuk gee 'n oorsig oor die rol wat beeste in die algemeen in die lewe van die Suidelike Nguni, en in die besonder in dié van die Zoeloe-nasie speel.

Oor die eeue heen het die kleurskakerings en die indrukwekkende patrone van die Nguni se huid, die prominente horings, die hangkruis en die unieke kwasstert 'n bepaalde emosie by die mens wakker gemaak. Betower deur die ryke skakerings en verskeidenheid, het die mens dié ras vergelyk met ander dinge wat aan hom bekend is: Inhlakuva (suikerboontjie), idube (sebra), imfezi (rinkhals of spoegkobra) en inkwazi (visarend). Dié vergelykings het in meer as 90 beskrywende benamings gestalte gevind en die oorsprong van dié name word breedvoerig bespreek. Verskeie indekse maak dit ook 'n nuttige naslaanbron.

Indien u een van dié mense is wat in die eeu van multimedia verkies om eerder te kyk as om te lees, is daar nie minder nie as 43 asemrowende olieverf- en 107 waterverfkunswerke om u te bekoor.

Enige veeboer wat nie nét deur 'n geldbril na sy diere kyk nie, maar ook uit liefde vir die saak met hulle boer, behoort ure se genot uit dié werk te put.

Hierdie is nie 'n handleiding om die Nguni-bees as ras te bevorder nie. Dit is ook nie net nóg 'n koffietafel-publikasie nie — dit is erfgoed en 'n ideale geskenk vir dié wat die fyner dinge in die lewe waardeer. Dit is toekomstige Africana en beslis 'n belegging, aangesien die eerste standaarduitgawe net 2 000 eksemplare beloop. Die boek is by die uitgewer en by vooraanstaande boekwinkels beskikbaar.

THE ABUNDANT HERDS — A celebration of the Nguni Cattle of the Zulu people — Marguerite Poland, David Hammond-Tooke, Leigh Voigt. Uitgewer: Fernwood Press Edms. (Bpk.), Posbus 15344, Vlaeberg 8018. Tel. 021 794 8686. Prys: R295.

5 Desember 2003

0
 
 
  • 2323 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Open letter to all involved in the Blue tick resistance research
  • Otto en Klara
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction