Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Nieu-seeland-grom-vir-sa-melkboere

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nieu-Seeland grom vir SA melkboere

 
Jan du Preez en Pieter de Villiers

Nieu-Seeland voer suiwelprodukte volstoom uit en kyk met verlangende oë na die Suid-Afrikaanse mark. Leiers in die plaaslike melkbedryf was onlangs op 'n deurtastende feitesending na Nieu-Seeland en Australië. Die gevare en uitdagings word hier bespreek.

Suid-Afrika is nie 'n vriendelike landbouland nie. Gereelde droogtes, oorstromings en ongunstige sosiaal-ekonomiese toestande maak dit moeilik vir die Suid-Afrikaanse boer, en veral die melkboer, om goed te vaar. Desnieteenstaande lewer Suid-Afrika se melkboere bykans 2 miljoen ton melk per jaar wat aan die binnelandse verbruik voldoen, en waarvan ongeveer 12 % na buurlande uitgevoer word.

Globalisering is 'n werklikheid en melkboere in lande soos Nieu-Seeland en Australië ding deesdae met die Suid-Afrikaanse melkboere mee.

Die landbou vorm die grootste deel van Nieu-Seeland (wat 3,9 miljoen inwoners het) se ekonomie, wat swaar steun op uitvoer — en daarvan is suiwel se bydrae die grootste.

Daar is 13 650 melkkuddes en 3,7 miljoen melkbeeste. Die totale melkproduksie is 13 miljoen ton, waarvan ongeveer 5 % vir binnelandse verbruik is en 95 % uitgevoer word.

Nieu-Seeland is die wêreld se grootste uitvoerder van suiwelprodukte (34 %). In totaal word ongeveer 7 % van die wêreld se suiwelprodukte uitgevoer. Die Nieu-Seelandse melkboer is heeltemal afhanklik van die uitvoer van sy produkte.

Verder kom die meeste vleis wat in die land verbruik word, van die melkplase af. Ongeveer 500 000 melkkoeie (uitskot) en 1,1 miljoen kalwers word jaarliks vir vleis geslag.

Die klimaat in Nieu-Seeland is uiters geskik vir melkboerdery. Hittestres en droogte met ál die gepaardgaande nadele is feitlik onbekend. Nieu-Seeland se lae produksiekoste kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die ideale klimaat en goeie weiding.

Die temperatuur in die gebiede waar met melkbeeste geboer word, is gematig (8 grade C — 17 grade C) en uiterste koue en hitte kom nie voor nie. In Januarie en Februarie, die warmste maande, styg die temperatuur hier en daar tot bo 20 grade C. In die gebiede waar daar met melkbeeste geboer word, reën dit gemiddeld 800 mm tot meer as 2 000 mm per jaar, wat genoeg is vir weiding en voergewasse.

Tipiese Afrika-siektes, soos knopvelsiekte, drie-dae-stywesiekte, bek-en-klou-seer, bosluisgedraagde siektes (hartwater, galsiekte, rooiwater) en brucellose speel geen rol in Nieu-Seeland nie. Metaboliese siektes soos melkkoors, ketose en asidose (suurpens) wat volop in Suid-Afrika is, kom ook daar voor.

Die gemiddelde melkproduksie (verwerkte vastestowwe) is die afgelope drie jaar met meer as 5 % per jaar verhoog. Die verhoging was ongeveer 2 miljoen ton melk. Dit is meer as die totale jaarlikse melkproduksie van 1,8 miljoen ton van Suid-Afrika. Nieu-Seeland is heeltemal afhanklik van uitvoer en soek voortdurend nuwe markte. Dié land produseer van die goedkoopste melk en suiwelprodukte in die wêreld en kan met enige land meeding.

Produksie op die Suideiland word doelgerig en aggressief opgestoot. Die Nieu-Seelandse bank staan graag lenings aan melkboere toe (die rente is 6,5 % per jaar) en dit stimuleer besigheidsgeleenthede vir boere. Verskeie plase waar voorheen met groente (bv. aartappels) en skape geboer is, word omskep in melkplase. Kuddes van tot 3 000 koeie wat op weiding aangehou word waar spilpunte van tot 20 torings die raaigras (wat een maal in 'n leeftyd geplant word) besproei, is 'n algemene gesig.

Nieu-Seeland het nog nie sy potensiaal as uitvoerland bereik nie en het die nodige hulpbronne (water, grond, ens.) vir uitbreiding. Na raming kan die boere die sowat 13 000 miljoen ton melk wat jaarliks geproduseer word, in die volgende 10 jaar met 5 miljoen tot 6 miljoen ton verhoog — dit sal alles in die buiteland verkoop word.

In Suid-Afrika sal die gevolge aan 'n breë front gevoel word as groot hoeveelhede suiwelprodukte ingevoer word. Alle verskaffers van landbouhulpmiddels (veevoer, wasmiddels, melkmasjiene, ens.) en ander betrokkenes, soos finansiële instellings, melkverspreiders en veeartse, sal erg benadeel, gemarginaliseer of uitgedruk word. 'n Klein persentasie suiwelprodukte (soos poeiermelk) kan reeds goedkoper ingevoer word as wat dit hier geproduseer/verwerk word. Groot firmas wat suiwelprodukte invoer, sal suiwelverspreiders en hul verskaffers erg benadeel.

Die grootste suiwelkoöperasie in Nieu-Seeland (Fonterra, die wêreld se grootste uitvoerder van suiwelprodukte), wat 90 % van hul melk beheer, het reeds ooreenkomste met Nestlé Amerika en Clover SA aangegaan. Tans is Nieu-Seeland se suiwel-uitvoer gefokus op Europa en Asië, en hulle kyk met verlangende oë na die Suid-Afrikaanse suiwelmark.

Die landbousubsidies van Europa en Amerika strek nie tot voordeel van die Suid-Afrikaanse boer nie. Hierdie stand van sake voorspel nie 'n rooskleurige prentjie vir die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf nie. Die produksie van melk is reeds aan die afneem in Suid-Afrika.

Die opkomende en potensiële boere in die suiwelbedryf sal nadelig geraak word indien suiwelprodukte op groot skaal ingevoer word en werkloosheid sal toeneem.

  • Dr. Jan du Preez is besturende direkteur van die Bayer/MPO-Instituut vir Suiweltegnologie, en dr. Pieter de Villiers is die besturende direkteur van die MPO.
  • Navrae: Tel. 012 804 4800 of faks 012 804 5376. E-posadres: annerose@mposa.co. za.
  • Talle geleenthede vir produsente

    Nieu-Seeland is wel 'n bedreiging vir die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf, maar daar is steeds talle geleenthede wat benut kan word. Die toekoms kan inderdaad rooskleurig wees as 'n aantal sake reg aangepak word. Dit is die volgende:

  • Tegnologie-oordrag, die voorsiening van inligting en die opleiding van melkboere, melkerybestuurders, werkers en ander betrokkenes moet nog meer voorkeur kry. Dit sal die melkboer in staat stel om doeltreffend te kan boer om winsgewendheid en produktiwiteit te verhoog, en verliese te beperk.
  • Alle verskaffers van produksiehulpmiddele aan die bedryf en ander betrokkenes sal doelgerig met die melkboer moet saamwerk, beplan en bestuur om die produksiekoste so laag moontlik te hou.
  • Die Suid-Afrikaanse bedryf moet kennis neem van die verwikkelinge en werklikhede in die suiwelwêreld en die uitwerking van globalisering op die landbou. Voorkomende beplanning is van die grootste belang.
  • Die Suid-Afrikaanse melkbedryf moet gestimuleer word om te groei, die binnelandse verbruik van suiwel moet toeneem en die uitvoer na buurlande en ander Afrikalande moet verhoog word.
  • Die uitvoermarkte vir suiwel in Afrika moet aktief ontgin word. Afrika is arm aan melk. Melk het 'n heilsame uitwerking op mense wat ly aan vigs, wanvoeding en ondervoeding.
  • Die owerhede moet die suiwelbedryf met hoër tariewe beskerm. Indien dit nie gebeur nie, sal die opkomende en potensiële melkboere beswaarlik die mas kan opkom.
  • Die vakbonde sal moet kennis neem van die situasie. Toenemende werkloosheid kan volg as die suiwelbedryf verder verklein.
  • Die nismarkte vir suiwelprodukte in die binneland en vir uitvoer moet daadwerklik ontgin word.
  • Melkprodusente sal moet kennis neem van multinasionale maatskappye en ook van alliansies wat in die suiwelbedryf plaasvind.

    Kloning kan bedreigde diere red

    Deur Isabel Stoltz

    Die perfek gekloonde Holstein-kalf, Futhi, kan dalk selfs beter presteer as haar skenkerma, sê dr. Morné de la Rey, direkteur van die Embrio Plus-sentrum op Brits. Futhi het uit die staanspoor die regte voeding en behandeling gekry om haar op dieselfde prestasievlak as die skenkerkoei te bring.

    Saam met nog 'n veearts van Brits het dr. De la Rey dié kalf in April met 'n keisersnee die wêreld ingehelp. Futhi se DNS-samestelling stem 100 % ooreen met dié van die skenkerkoei, LMJC 865 — 'n voormalige Suid-Afrikaanse melkproduksiekampioen.

    In hierdie stadium is die kloning van kal- wers op navorsing toegespits omdat dit te duur is om kommersieel lewensvatbaar te wees. "Baie werk moet nog in die laboratorium gedoen word," sê dr. De la Rey.

    " 'n Groot nadeel van kloning is dat dit nie die genetiese grondslag van 'n ras kan verbeter nie. Kloning sal waarskynlik net geregverdig wees wanneer die selle van uitsonderlik hoog produserende en waardevolle lewende hawe gebruik word. Sulke diere moet dan egter nie meer met die konvensionele en goedkoper geslagkundige tegnieke kan voortplant nie."

    Kloning kan ook gebruik word om bedreigde wildsoorte van uitwissing te red.

    "Die grootste nadeel van kloning is waarskynlik dat die oorlewingsyfer van gekloonde diere laer is as dié van normale diere. Hulle is ook vat- baarder vir siektes. Dit is egter iets wat met gevorderde tegnieke verbeter kan word. Gekloonde diere dra nie sulke nadele aan hul nasate oor nie en het dieselfde kans as gewone diere om natuurlik te teel."

    Die eerste gekloonde dier, Dolly, 'n Engelse skaap, het gesonde nasate agtergelaat voordat sy van kant gemaak is.

    Futhi ("replika" op Zoeloe) is gekloon uit 'n sel wat van die oor van die skenkerkoei geneem en in 'n leë eiersel geplaas is. Daar het dit agt dae lank in 'n proefbuis gegroei voordat dit in die ontvangerkoei, 'n Simmentaler-kruising, oorgeplant is. Geen semen of bul was by die proses betrokke nie.

    Die versie het by geboorte 'n gesonde 32 kg geweeg en het binne enkele minute ná geboorte 3 l biesmelk gesuip.

    Die kloning was deel van 'n program deur prof. Gabor Vajta, 'n embrioloog van die Deense instituut vir landbouwetenskappe. Hy het Suid-Afrika verlede jaar besoek en met drr. De la Rey en Robert Treadwell saamgewerk.

    Hoewel dit nog ver in die toekoms is, sou die volgende stap transgenetiese kloning wees — wat beteken dat diere met spesifieke eienskappe ontwikkel kan word, sê dr. De la Rey.

    30 Mei 2003

  • 5
     
     
    • 2798 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Finaliste: Troeteldiere/humor
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction