Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Nuwe-orde-vleisbedryf

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe orde in vleisbedryf

 
LOUW PRETORIUS

Differensiasie of andersheid is die slagspreuke wat die jongste neigings in die internasionale rooivleismark die beste beskryf. Ook in Suid-Afrika is voorlopers in dié milieu, veral ten opsigte van lamsvleis.

Die doldriftige afgelope tien jaar in die plaaslike rooivleisbedryf ná deregulering was as 't ware 'n soort hangsteier belaai met woelinge en skoppe teen die prikkels. Elke deelnemer in die bedryf moes van meet af aan in die vreemde see van die vrye mark leer swem. Baie het seergekry en gaan nog seerkry - tipiese geboortepyne van 'n nuwe era.


En asof dít nie genoeg is nie, meen kundiges wat landbouneigings bestudeer, soos die groep navorsers by die Universiteit van die Vrystaat, dat die vleisbedryf waarskynlik die volgende is wat, soos die graanbedryf tans, deur 'n ekonomiese tsoenami getref gaan word.


Mnr. Wessel van Wyk, besturende direkteur van die LAW-groep van skaapslagplase in die Noord-Kaap, is hiermee eens. Dié groep het vroeër vanjaar beslag gekry met die samesmelting van die gevestigde uitvoerslagplaas van LAW op Groblershoop en die verbeterde slagplaas op De Aar wat deur Griekwaland-Wes-Koöperasie (GWK) van Douglas bekom is.


Groepvorming by slagplase is 'n regstreekse uitvloeisel van die geboortepyne om 'n nuwe orde in die bedryf daar te stel. Van die groot aantal slagplase - groot en klein - wat ná deregulering ontstaan het, beland in die knyp, hoofsaaklik omdat 'n ooraanbod van slaggeriewe ontstaan het. Groepvorming is dus goeie tekens van 'n nuwe orde in die bedryf, sê Van Wyk.


Gegrond op 12 jaar ervaring in die bedryf volg die LAW-groep 'n tweeledige strategie, naamlik:

  • Aanvaar en pas aan by dié dinge waaraan jy niks kan doen nie.
  • Hanteer die dinge waaraan jy wel iets kan doen of wat jy kan beheer op 'n manier wat 'n verskil maak - dus onderskeidend van mede-rolspelers.


    Met laasgenoemde is dié groep presies in pas met die wêreldneiging van differensiasie.


    Hierdie verandering het niks met manipulering te doen nie. Inteendeel, dit bring mee dat die boer nou die onus op hom moet neem om self te besluit vir watter groep hy gaan produseer. Dit word bepaal deur die soort markte wat die onderskeie groepe bied en hoe ver die boer se plaas van die slagplaas geleë is. Pryse is meer deursigtig en die klem by die slagplaas lê meer op kostebesparing en die andersheid van die produkte wat dit kan lewer, sê Van Wyk.


    Redes vir die dalende verbruik van rooivleis is wyd bekend. Benewens 'n krisis weens siektes, soos malbeessiekte (BSE) en bek-en-klou-seer, aanvaar verbruikers en politici nie meer die bedryf se laekoste-kommoditeitsbenadering tot die produksie van rooivleis soos wat dit die afgelope 40 jaar aan die orde van die dag was nie. Hulle wil vleis hê wat op 'n beter en veiliger manier geproduseer en verwerk is.


    Kleinhandelaars en kettinggroepe benut reeds dié geleenthede met handelsname wat hulle van mededingers onderskei, soos "Certified Natural", "Country-Reared" en "Free Range Karoo Lamb". Vleisverwerkers, middelmanne en produsente het dus die geleentheid raakgesien om dinge anders te doen en meer waarde tot hul produk by te voeg en te behou.


    In Amerika verdwyn slaghuise in kettingwinkels. Vleisaanlegte doen die verpakking en die kleinhandelaar pak dit net op sy rakke. In Duitsland beweeg die mark meer na plaaslik geproduseerde vleis. Ingevoerde vleis moet voedselveiligheid verseker. Frankryk het 'n groot mark vir vars vleis, wat bevrore vleis uitskakel. Die Britte vereis waarborge vir vleisveiligheid - veral in die vorm van sterk handelsname vir natuurlik en organies geproduseerde vleis, terwyl Italië die verste gevorder is met gedifferensieerde streekprodukte, sê Van Wyk.


    In die wêreldmark vir rooivleis identifiseer hy drie vlakke van differensiasie. Dit is:

  • Die basiese norme is vleisveiligheid en naspeurbaarheid.
  • Die hoofstroom-differensiasie is 'n waardetoevoegingsproses vir die verbruiker ("case ready products").
  • Nismarkte wat wêreldwyd ontstaan omdat mense bereid is om weens verskeie redes meer vir 'n gespesifiseerde produk te betaal.


    In die breë is nismarkklante bereid om 'n premie te betaal vir 'n produk wat 'n handelsmerk dra wat die verbruikers erken en vertrou; 'n skaarsheidwaarde het; konstant 'n beter gehalte as mededingende produkte het; maklik identifiseerbaar is aan die hand van die verpakking, etikettering en die handelsmerk; 'n gevoel van selftevredenheid of status verleen; toegevoegde waarde bied; lewensgehalte verhoog omdat dit maklik en gou is om te gebruik met min voorbereiding en boonop as veilig gesertifiseer is en naspeurbaar is.


    Binne die LAW-groep is daar reeds ver gevorder ten opsigte van differensiasie in die lig van voorgenoemde. Dit behels dat die rol van die slagplase as sodanig ook aangepas moes word. Van Wyk sê die stadium is reeds bereik dat hul slagplase nie meer die boer se lam koop, slag en teen 'n wins spekuleer nie. Om 'n handelsmerk te vestig moet die proses deursigtig wees, terwyl die produk die produsent se eiendom bly. Slagplase binne dié groep tree dus as middelmanne op deur die daarstelling van 'n verskeidenheid bemarkingskanale, terwyl die produsent kies vir watter mark hy volgens die aard en potensiaal van sy boerdery wil produseer.


    Op plaasvlak beteken dit 'n boer kies die abattoirgroep wat vir hom die verskeidenheid van markte bied waarby hy sy lamproduksie die maklikste kan aanpas, terwyl die LAW-groep (of enige ander groep) as middelman die boer se produk van gehalte deur die groep se verwerkingsaanlegte langs die kortste moontlike weg en in die mees aanvaarbare vorm by die nismarkverbruiker kry.


    In 'n sekere sin is dit dus 'n terugkeer na 'n stelsel waar die slagplaas as middelman en blote diensverskaffer vir die boer kan sê: "Dis jou mark; dis jou vleisprys; dis wat dit kos om te slag; dis wat jou vel en afval werd is en net die mark bepaal hoeveel jy uiteindelik in jou sak steek," sê Van Wyk.


    Hy wys kortliks daarop hoe die LAW-groep en hul produsente hulself reeds van ander betrokkenes gedifferensieer het:

  • Sinergieë is reeds ontwikkel - vertikaal tussen produsente, slag- en verwerkingsaanlegte en verbruikers, en horisontaal tussen die LAW en GWK.
  • Die handelsmerk Certified Natural(r) is ontwikkel en binnelands asook in die buiteland gevestig.
  • Die natuur- en omgewingsimpak van boerderystelsels kry aandag deur deelname aan die Universiteit van Pretoria se unieke miskruierprojek.
  • Geriewe is volgens wêreldstandaarde verbeter.
    BGehaltestelsels, soos ISO, HACCP en SGS, word gebruik om gehalte te verseker.
  • Waardetoevoeging deur die "Green Box"-stelsel in kettingwinkels verdien 'n premie vir die groep se gehaltestelsels.
  • Die smaak van Certified Natural(r)-lamsvleis is die grootste vorm van differensiasie en vind wye inslag in nismarkte.
  • Die produk en stelsels word gerugsteun deur die Direktoraat Veterinêre Volksgesondheid en Samic.
  • As gevolg van voorgenoemde het die groep wêreldwye marktoegang.
  • Die grafiek toon die werklike prysvoordele wat produsente van die LAW-abattoir met lammers van gehalte van November 1999 af tot Februarie 2005 in nismarkte behaal het - die resultaat van 'n onkreukbare verbintenis tot die stelsel deur elke betrokkene in die produksieketting.

  • Selfs met die verswakte rand kon daar weliswaar nie baie nie, maar steeds lamsvleis van gehalte met vrug na oorsese nismarkte uitgevoer word.


    "Nuwe nismarkte ontstaan wêreldwyd. Daar moet egter eers aan vereistes voldoen word om betekenisvolle toegang te kan verkry: 'n Spesifieke nismark moet geïdentifiseer of geskep word; boere moet konstant begin produseer om aan die vereistes van hierdie markte te voldoen; produksie moet konstant haalbaar wees binne spesifikasies of markvereistes; die premie wat verkry word, moet sodanig tussen die betrokke partye verdeel word dat dit vir almal die moeite werd is om daarmee vol te hou.


    "Die gehalte van produkte en diens bly die alfa en die omega van volhoubare rooivleis- en spesifiek lamsvleisproduksie. Alle betrokkenes van die produsent tot die finale verspreider is hiervoor verantwoordelik," aldus Van Wyk.


    12 Augustus 2005

  • 0
     
     
    • 1988 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Landbouweekblad-diereplaas: Dag 5
    • Landbouweekblad-diereplaas: Dag 5
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction