Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Nuwe-plan-met-parasiete-nodig

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe plan met parasiete nodig

 
Theuns Botha

Die mate waartoe inwendige parasiete reeds weerstand teenbestaande wurmmiddels opgebou het, is besig om die landse kleinveebedryf 'n ernstige knou te gee. 'n Bekende veeartsbepleit 'n nuwe benadering tot dosering.

Met 'n onlangse boeredag in die Oos-Kaap was dit nie rugby wat tydens middagete die grootste bespreking uitgelok het nie, maar die bevindinge van 'n opname in die distrik Cathcart. Dié opname het ten doel gehad om te bepaal hoe doeltreffend 'n aantal wurmmiddels nog teen inwendige parasiete is.

Dr. Alan Fisher, 'n veearts van Queenstown wat reeds etlike jare navorsing oor die weerstand van parasiete doen, sê onlangse opnames het getoon dat haarwurm (Haemonchus contortus) reeds op 68,4 % van alle plase in die land teen 3 van die 4 beskikbare wurmmiddelgroepe weerstand opgebou het. Dié groepe staan as bensimidasool, levamisool, makrosikliese laktoon en salisilanied bekend.

Op 20 % van dié plase het die parasiete reeds weerstand teen al vier groepe veemiddels gehad. In 6,2 % van die gevalle was die bestaande wurmmiddels minder as 60 % doeltreffend en op 2,4 % van die plase was die doeltreffendheid daarvan minder as 40 %.

"Boere is in 'n mate self aandadig aan die probleem omdat diere die afgelope 70 jaar kunsmatig aan die lewe gehou is. Die vee is teen parasiete behandel en die natuur is nie toegelaat om sy gewone gang te gaan nie," sê dr. Fisher.

Veral verontrustend is die aansprake wat op die etikette van die betrokke wurmmiddels oor die doeltreffendheid daarvan verkondig word.

Hoewel daar in die proewe (sien grafiek 1 en grafiek 2) op Cathcart een middel was wat die ander oorskadu het, bekommer dit hom dat boere die volgende twee jaar slegs dié middel kan gebruik. "Dan gaan ons werklik met 'n groot probleem in die land sit. Boere sal die middel uiters strategies, verkieslik net voor lamtyd, moet gebruik," waarsku dr. Fisher.

Daar moet eerder probeer word om die redelik doeltreffende, nouer-spektrum wurmmiddels of kombinasies daarvan te gebruik. Só word die doeltreffender middels gespaar en die lewensduur daarvan verleng.

Hy sê in die proewe op Cathcart is vroeë tekens van weerstand teen moksidektien gevind (in die vorm van verkorte nawerking en 'n paar wurms wat die dosering oorleef het).

Hy beklemtoon ook dat die resultate wat met die proefneming verkry is, nie noodwendig beteken dat die middel net so suksesvol in 'n ander distrik sal wees nie. "Elke plaas is uniek en daarom behoort boere vas te stel watter middels die beste daar sal vaar."

Dr. Fisher sê om die speelveld vir die registrasie van middels gelyk te hou, word nuwe middels steeds op die standaardhaarwurmstamme getoets wat 15 jaar gelede ingesamel is. Die eiers word by Onderstepoort bevries.

Hoewel die vervaardigers wetlik daarop aanspraak kan maak dat dié betrokke middel byvoorbeeld 'n A-gradering het omdat dit meer as 80 % doeltreffend is, is dit waardeloos op plase waar die parasiete reeds weerstand opgebou het.

Met generies-inspuitbare middels is die situasie nóg slegter, omdat dit net tussen 80 % en 125 % van die bloedvlakke van die oorspronklike produk op 'n enkele toets hoef te bereik om amptelik geregistreer te word.

As daar in ag geneem word dat 'n enkele haarwurmwyfie tot 10 000 eiers per dag kan lê, beteken dit dat een skaap met 'n miseiertelling van 1 000 eiers/g tot een miljoen eiers per dag op weidings loslaat. "As dié eiers boonop van die weerstand-tipe is, voorspel dit 'n moontlike ramp."

Die jare lange aanbeveling dat skape, nadat hulle gedoseer is, in 'n "skoon kamp" ('n kamp met min wurmlarwes) geplaas moet word, blyk nou 'n totale dwaalleer te wees, sê dr. Fisher.

Hy verduidelik dat haarwurms wat nie deur die doseermiddel doodgemaak is nie, juis dié is wat reeds weerstand teen die betrokke middel opgebou het. As die diere in die "skoon kamp" gejaag word, beteken dit net dat die kamp met die weerstandbiedende eiers besmet word. "As die boer dus die volgende keer sy skape met dieselfde wurmmiddel gaan doseer, sal die resultaat 'n ronde nul wees."

Hy beveel aan dat as 'n boer skape doseer, hulle twee weke lank in dieselfde kamp waaruit hulle gekom het, teruggeplaas word. Só kan hulle weer die vatbare larwes (en 'n paar wat weerstand bied) inneem voordat hulle na 'n nuwe, skoon kamp verskuif word. Indien die wurmmiddel 'n nawerking van 2 weke het, kan die vee nóg twee weke in die besmette kamp gehou word.

Dr. Fisher sê boere moet ook munt slaan uit die "verdunningsfaktor", waardeur die weerstandbiedende wurms met die nie-weerstandbiedende wurms gekruis word. Dié kruising se afstammelinge sal beter bestry kan word as die afstammelinge van twee weerstandbiedende tipes.

As 'n boer vee koop, moet hy die diere met 'n kombinasiemiddel doseer en eers 'n miseiertelling neem om te bepaal hoe doeltreffend die wurmmiddel was. Hierna moet die vee ook in 'n kamp gesit word wat reeds besmet is.

Dr. Fisher gee ook die volgende wenke:

Moenie doseerprogramme volg nie, maar behandel skape wat ernstig besmet is, aan bloedarmoede ly en waarvan die kondisie verswak. Daar is hoofsaaklik twee strategiese doseringstye. Die een is in die winter ná die eerste swaar ryp. Die ander is om dragtige ooie kort voor lamtyd te doseer. Boere behoort ook vas te stel watter inwendige parasiete daar voorkom deur nadoodse ondersoeke en die kweek van larwekulture.

Gebruik doseermiddels slegs wanneer die betrokke inwendige parasiete 'n probleem op die plaas word. Behandeling moet 'n ewewig tussen die parasiete, die gasheer en die omgewing bewerkstellig. Dit behels dus 'n holistiese benadering tot die probleem.

Wanneer veetroppe gedoseer word, kan die eerste 15 % van die trop oorgeslaan word sodat hulle vatbare eiers op die weiding kan vrystel.

Doseer vee oor die tong. Dit sal verseker dat die wurmmiddel in die rumen beland en nie in die melkpens nie. Dit is veral van toepassing wanneer middels gebruik word met die aktiewe bestanddele bensimidasool en makrosikliese laktoon. As bensimidasool en klosantel-middels toegedien word, behoort skape 24 uur voor dosering uitgehonger te word om die opneembaarheid van die middels te verhoog.

Twee opeenvolgende, volle doserings van bensimidasool, 12 uur uitmekaar, sal die doeltreffendheid daarvan verbeter. 'n Dubbele dosering op een slag is minder doeltreffend.

Identifiseer troppe diere wanneer hulle op hul vatbaarste is vir besmetting. Dragtige ooie is kort voor lamtyd uiters vatbaar vir inwendige parasiete. In dragtige ooie ontwikkel meer wurmlarwes as gewoonlik tot volwasse wurms en hulle lê eiers. Die lammers wat aankom, het nie 'n natuurlike weerstand teen die parasiete nie - dit is die natuur se manier om te verseker dat die parasiete oorleef. Onlangse navorsing in Nieu-Seeland het getoon dat waar ooie vyf weke voor lamtyd voldoende deurvloeiproteïen ontvang het, die eiertellings in mismonsters dramaties afgeneem het.

Pas 'n goeie weiding- en kuddebestuurstelsel toe. 'n Rotasiestelsel kan gevolg word om te verseker dat besmette kampe vir 'n tydperk van 3 tot 6 maande lank rus. Doseer swaardragtige ooie met middels wat 'n lang nawerking het. Die toediening van moksidektien-middels (tweede generasie-middels) sal 'n "stofsuig"-effek verseker omdat die ooie wurmlarwes van die weiding- of lamkampe sal verwyder voor die lammers aankom.

Verwyder gras in oornagkrale, aangesien die parasiete hierop gedy.

Selekteer dié diere wat 'n natuurlike weerstand teen parasiete het. Dit is beter dat net diere wat tekens van bloedarmoede toon, behandel word. Die stelsel staan as die Famacha-program bekend. Diere wat twee of drie keer meer as die ander diere in die trop in die somer gedoseer word, behoort uitgeskot te word. Dit word egter aanbeveel dat dié praktyk net met die samewerking van 'n veearts toegepas sal word. Die program is gemik daarop om skape vir haarwurmweerstand te selekteer en nie vir bruinmaagwurm nie.

Diere met 'n lae parasietverdraagsaamheid kan dit aan die nageslag oordra. Boere moet probeer om net ramme aan te skaf wat ooglopend bestand is teen parasiete. Ramtelers sal ernstig daaraan moet dink om, met die samewerking van hul veeartse, skape vir wurmweerstand te selekteer.

Dr. Fisher sê navorsing in Nieu-Seeland en Australië het getoon dat daar 'n regstreekse verband is tussen die voorkoms en weerstand van haarwurms, bruinmaagwurms en bankrotwurms. As diere dus geselekteer word om net teen een van dié soorte weerstand te bied, sal hulle ook minder vatbaar wees vir die ander wurms. Geharder diere kan dus die gevolg wees.

Boere wat meer inligting wil hê, kan met dr. Fisher in verbinding tree by tel. 045 839 5629. Sy e-posadres is: alanfisher@awe.co.za

Middels beskikbaar in verskillende chemiese groepe:



  • Bensimidasool: Valbazen, Oxfen, Prodose (groen);

  • Levamisool: Levosol, Tramisol, Rippercol;

  • Makrosikliese laktoon: Ivomec, Dektomax, Cydectin;

  • Salisilanied: Prodose (geel), Suponver, Flukiliver.


 

Doeltreffende dosering wurms se moses

In Mpumalanga het boere
wat met ernstige haarwurmweerstand te doen gehad het, welslae behaal deur hul
skape te doseer met 15 jaar oue bevrore haarwurmeiers van Onderstepoort. Hulle
het dit gedoen om te verseker dat die vatbare soorte haarwurms weer vrygestel
word.

Lammers is in die laat-winter, wanneer
daar min wurms op die weiding was, met 'n kombinasie van taamlik doeltreffende
veemiddels gedoseer. Ná die nawerking van die middels verstryk het, is die
lammers met die larwes van die vatbare haarwurms gedoseer. Die skape is hierna
na 'n skoon kamp, wat minstens 'n jaar lank gerus het, oorgeplaas.

Slegs skape wat tekens van bloedarmoede
getoon het, is gedurende die somermaande gedoseer om te verseker dat die "goeie
wurms" op die weiding vrygestel kon word. Die veld elders op die plaas is
gespaar of gebrand sodat die parasiete wat weerstand opgebou het, vernietig kon
word.

Die haarwurms wat 'n weerstand teen
wurmmiddels opgebou het, is dus vervang met wurms wat nie weerstand het
nie.

Waar sekere wurmmiddels in die verlede
hier net tussen 0 % en 15 % doeltreffend was, het dié maatreëls daartoe gelei
dat dit nou weer meer as 97 % doeltreffend is.

26 Julie 2002

0
 
 
  • 2055 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • LENINGS
  • Gemiddelde loon vir poste op die plaas
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction