Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Nuwe-planne-met-angus-vleis

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe planne met Angus-vleis

 
Deur THEUNS BOTHA (landbou@mweb.co.za)

Met die grootste genepoel ter wêreld en bekend vir vleis van 'n hoë gehalte, gaan die Angus-beestelersgenootskap in Suid-Afrika opnuut probeer om Angus-vleis 'n stewige plek op kosrakke in die land te gee.

Ná produksieveilings van die verskillende beesrasse wat boere op hul plase hou, word besoekers gewoonlik met 'n vleisbraai onthaal. Wanneer navraag gedoen word of die sappige biefstuk kom van die betrokke beesras wat die dag opgeveil is, word verleë erken dat dit eintlik Angus-vleis is wat deur 'n bekende voerkraal in die Noord-Kaap verskaf word.

Ook by mnr. John Boulle, rasdirekteur van die Angus-beestelersgenootskap, bestaan daar min twyfel oor die smaak en gehalte van dié vleis. Ofskoon 'n poging tien jare gelede om gesertifiseerde Angus-beesvleis deur Woolworths te bemark nie na wens verloop het nie, het die winkelgroep Pick 'n Pay die genootskap intussen gevra om die program te hervat.

Gesertifiseerde Angus-beesvleis word al die afgelope twee jaar in sekere winkels van dié groep in Gauteng en die Wes-Kaap verkoop. Die vraag het van 'n aanvanklike 20 beeste per maand tot sowat 400 per maand toegeneem. Die SA Vleisbedryfsmaatskappy (Samic) monitor die program en die beeste word by die Karan-voerkraal geslag.

Boulle sê aangesien slegs agterkwarte ingevolge die program benut word, het die genootskap besluit om mnr. Michael Pointer, 'n Australiese bemarkingsdeskundige van Certified Australian Angus Beef (CAAB), te nooi om raad te gee hoe die res van die karkas ook ingevolge die program sinvol bemark kan word. Die Australiërs bemark gesertifiseerde Angus-beesvleis al die afgelope elf jaar met welslae.

Hoewel hy toegee dat boere wie se speenkalwers tans ingevolge die program in Suid-Afrika bemark word, nog nie 'n premie daarop ontvang nie, is hy oortuig dat dit mettertyd sal gebeur namate 'n verbruikersbewustheid geskep word. "Ons hoop dat die vraag só sal toeneem dat die voerkrale boere sal aanmoedig om aan hulle Angus-tollies te voorsien. My taak as rasdirekteur is om te sorg dat die Angus-bulle wat in die land bemark word, so goed moontlik aan die rasstandaarde voldoen."

Boulle, wat voorheen onder meer by Taurus gewerk het en ook in Uganda 'n raadgewer in die bestuur van beesplase was, sê hoewel daar in die jongste tyd 'n groot oplewing is in die vraag na inheemse beesrasse, soos die Nguni, Afrikaner en Boran, is dit waarskynlik 'n sikliese verskynsel wat die beesbedryf deur eeue heen kenmerk.

"Die geheim vir enige telersgenootskap is juis om toe te sien dat die bulle wat aan kommersiële boere beskikbaar gestel word van 'n hoë gehalte is en aan hul betrokke ras se standaarde voldoen. 'n Mens sien nog heeltemal te veel bulle op plase wat na 'n bepaalde ras lyk, maar wat nie raseg is nie. Danksy DNS-tegnologie kan die nodige toetse vandag op diere gedoen word en kan gesertifiseer word of hulle inderdaad raseg is."

Hoewel Angus in Amerika en Australië die gewildste beesras is as dit by getalle kom, beklee dit in Suid-Afrika net die sewende plek, met 'n genepoel van 17 400 geregistreerde diere en 150 aktiewe telers. Hy meen dit kan daaraan toegeskryf word dat telers wat die ras in die land bevorder, aanvanklik te veel klem geplaas het op kleiner diere.

Daar is spottenderwys na hulle as "belthoogte Angus" verwys. "Toe gaan sommige telers en jaag die ander uiterste na wat as "renperde" bekend was. Gelukkig het daar 'n groter balans in die bedryf gekom en is die meeste Angusbeeste vandag 'n mediumraamtipe. In 2005 was daar 'n netto groei van 9 % in ledetal en verlede jaar was die toename 13 %.

Die gemiddelde prys waarteen Angus-bulle die afgelope boekjaar op openbare veilings verkoop is, was sowat R17 400, wat as baie billik beskou word, sê Boulle.

Gevra of dit nie 'n nadeel is dat swart en rooi diere albei as Angus geklassifiseer word nie, meen hy dat dit bloot 'n kwessie van smaak is. "Daar is dele, soos in die Oos-Kaap, waar swart beeste net so gewild soos rooies by kommersiële boere is. In die Wes-Kaap is daar 'n neiging na swart beeste en in Noordwes verkies boere die rooies. "Dit bly egter 'n groot uitdaging om die ras, veral by opkomende boere te bemark."

Boulle sê hoewel daar waarskynlik in elke telersgenootskap maar binnepolitiek voorkom, is hy gelukkig in sy betrekking. "Ek hou van mense. My werk is om die lede te motiveer, ongeag of hulle oud of jonk, Afrikaans- of Engelssprekend is."

Een aspek wat hom nog dronkslaan, is dat boere, ongeag die beesras wat hulle verkies, steeds bereid is om te boer met beeste wat bloot as passasiers beskou kan word. "As dit met die aandelebeurs vergelyk word: Waarom geld belê in 'n dier wat nie elke jaar vir jou 'n dividend in die vorm van 'n kalf oplewer nie? Verkoop eerder die onproduktiewe diere en gebruik dié geld om 'n vers of koei aan te skaf wat vir jou elke jaar 'n kalf gaan gee."

Hy sê die Bothas van Molteno (berig op bl. 19) het die regte ding gedoen om eers met verskeie bekende telers te praat voordat hulle met 'n stoetery begin het. "Dit is so belangrik om met die regte soort geregistreerde beeste te begin, 'n lid van SA Stamboek te wees en sodoende ook aan die Landbounavorsingsraad se prestasietoetsskema deel te neem. Dit is belangrike hulpmiddels om teeldoelwitte te bereik.

"Al die inligting is by die genootskap beskikbaar en voornemende telers moet net met ons kontak maak," sê Boulle.

Vrugbaarheid gee deurslag

Toe mnr. Tobie Botha (58) van Grassdale in die distrik Molteno twee jaar gelede besluit het om sy plaas by die Van der Kloof-dam te verkoop en sak en pak na die Oos-Kaap te verhuis, was dit om goeie redes.

Eerstens was hy moeg vir die stryd om probleemdiere te bekamp aangesien die meeste van hul eertydse bure na wildboerdery omgeskakel het. Maar hy wou ook sy twee seuns, Christo (30) en André (23), die geleentheid gee om op hul eie plase te boer. Toe die grond, wat deur die distrikte Molteno en Burgersdorp begrens word, in die mark kom, het hy en sy vrou, Anna-Marie, die geleentheid aangegryp om die groot skuif te maak.

Die gesin boer ook met Dorpers en Dohne-Merino's (wat hulle van die vorige eienaar oorgeneem het) en het ook 'n Saalperdstoetery. Dit was egter Christo, wat 'n meestersgraad in landbou aan die Saasveld Technikon verwerf het, wat daarop aangedring het, dat hulle met 'n stoetery moet begin. Die Bothas het in daardie stadium al 15 jaar lank kommersieel met Angusbeeste geboer.

Christo sê hy het op kollege geleer dat 'n boer meer waarde tot sy veeboerdery kan toevoeg as hy geregistreerde diere koop en met 'n stoetery begin. Die eerste sewe (drie-in-een) koeie het hulle by mnr. Martiens le Roux van Bethulie gekoop. Le Roux is daarvoor bekend dat hy uitsluitlik diere teel wat goed op die veld aanpas.

Die Bothas het voorheen ook een van Le Roux se geregistreerde bulle in hul kommersiële kudde gebruik. Die res van die kudde is aangevul met stoetdiere van twee Angus-stoetboere in Alexandria, mnre. Denys Wells en Neville Landsdell, en mnr. Chris Purdon van Cathcart. Tans bestaan die Bothas se stoetery uit 30 vroulike diere wat in produksie is.

Die soort Angus-bees waarna Christo strewe, is mediumraamdiere wat vir hulleself op die veld kan sorg. Só 'n koei se kalf sal op speenouderdom die helfte van haar gewig weeg. "Hoewel koeie gewoonlik sestig dae nadat hulle gekalf het, weer vir die bul gereed is, was hier al koeie wat selfs 'n maand nadat hulle gekalf het, weer beset geraak het."

Die speenkalwers word op die ouderdom van ses maande bemark wanneer hulle sowat 225 kg weeg. Maar dit was die Angus-beesras se vrugbaarheid, goeie moeder-eienskappe, sterk erfdwang en aanpasbaarheid in baie koue toestande (dié beesras kom oorspronklik van die Skotse Hoogland) wat dit vir ons in een van die koudste dele van Suid-Afrika 'n logiese keuse gemaak het mee te boer.

"Benewens die hoë gehalte van die Angus se vleis, is ander voordele die feit dat dit 'n poenskopbees is en dat die koeie maklik kalf. Hul sterk erfdwang verseker 'n eenvormige nageslag as dit by die kleur van die diere kom. Ook hul groeikragtigheid en speengewig vergelyk baie goed met dié van enige ander beesras.

Omdat die Angus so vrugbaar is, kan verse al van die ouderdom van 15 maande tot 18 maande af gepaar word. Dit beteken dat as 'n koei elke jaar kalf, sy tot twee kalwers meer kan lewer as beesrasse waarvan die verse eers op die ouderdom van drie jaar by die bulle gesit word. Dit is ook 'n voordeel dat die koeie in die winter 'n wollerige haarkleed ontwikkel, sê Christo, wat die stoetery na 50 koeie wil uitbrei.

Landbouweekblad, 17 Augustus 2007

5
 
 
  • 2594 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kalwers met lang kloue gebore
  • Vra die Veearts - nuwe boek vir beesboere
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction