Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Diere / Organiese-vleis-meer-foefie

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:70%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Organiese vleis meer as foefie

 
MARLEEN SMITH (msmith@mweb.co.za)

'n Vrystaatse beesboerdery bewys die produksie van organies geproduseerde vleis is meer as 'n bemarkingsfoefie - benewens werklike finansiële wins lewer dit eko-dividende. Dié boerdery het ook geleer dat die toekoms van organiese vleisproduksie in die toevoeging van waarde tot minder gewilde snitte en neweprodukte opgesluit lê.

Toe mnr. Hennie Bezuidenhout, eienaar van Benchmark Bonsmaras, vir mnr. Hendrik Steyn sê hy sal voortaan sonder ureum moet boer, het Steyn stilweg sy kop geskud.


Bezuidenhout is 'n sakeman van Pretoria wat by Excelsior boer. Steyn, sy neef, is die boerdery se besturende direkteur. Sertifisering-regulasies het die gebruik van ureum in hul nuwe organiese beesboerdery verbied.


"Ek het by myself gedink dis tog onmoontlik," vertel Steyn. "My pa het met ureum geboer, ek het dit nog altyd gedoen en ál die ander boere wat ek ken, ook."


Dít was in 2000 toe hulle begin het om Benchmark organies te bedryf. Sedertdien is die boerdery as organies gesertifiseer volgens die streng Europese Unie-regulasies en het Steyn tot ander insigte gekom.


Benchmark produseer vandag 60% van ál sy winterrantsoene self - sonder die hulp van chemiese bemesting of onkruidbestryders. Op sowat 1 000 ha lande word gewasse soos hawer en tef en stikstofbinders soos akkerbone geproduseer. Hiermee word genoeg Bonsmaras gevoer sodat die vleis van 'n vaste getal organies grootgemaakte speenkalwers weekliks in vakuum-verpakte snitte aan Woolworths voorsien kan word.


Benchmark is op die oomblik die enigste verskaffer van organiese beesvleis aan dié winkelgroep. Dit word te koop aangebied in die groep se tien beste winkels in die Kaap en Gauteng.


Die orige 40% van die rantsoene verteenwoordig 'n toegewing deur die Franse sertifiseringmaatskappy EcoCert, wat mettertyd opgehef gaan word. Dan sal alle Benchmark-rantsoene organies moet wees, hetsy self geproduseer of gekoop van ander organiese saaiboere.


Steyn gee toe dat die verkryging van genoeg natuurlik geproduseerde proteïenrantsoene vir die winter steeds een van die boerdery se grootste probleme is. Hy is egter ook daarvan oortuig dat die omskakeling na natuurlike voeding die hoofrede vir aansienlik verhoogde reproduksie in die Benchmark-kudde is.


"Voor 2000, toe ons organies begin boer het, was die konsepsiesyfer 70% tot 75%. Vanjaar verwag ons 'n syfer van 90% tot 95%."


Benchmark moet per kontrak A- en AB-ouderdomsklas-karkasse van 200 kg tot 240 kg aan die winkelgroep lewer. Die stoorosse wat 20 maande oud is, word van Benchmark se plase na die Bull Brand-slagplaas in Krugersdorp vervoer. Daar word hulle twee weke in kampe (sonder sementvloere en dakke) gehou om te ontstres en kneusings te laat genees voordat hulle geslag word. Die meeste kom van Tosca, waarheen hulle as speenkalwers verskuif is. Hulle word sowat 'n jaar daar aangehou omdat die warmer winters en minder siektes organiese bestuur vergemaklik.


Aanvanklik het dit maar bars gegaan om die kalwers teen sowat 20 maande natuurlikerwys 'n gewig van 450 kg tot 480 kg te laat haal, sê Steyn. Geen hormone of groeistimulante mag gebruik word nie, en die sertifiseringsregulasies verbied ook dat die diere op kraal gehou word.


Die oplossing was 'n organiese vetmesting van uitsluitlik natuurlike proteïene wat Senwesko Veevoere spesiaal vir Benchmark vervaardig.


Van die winkelgroep se kontrakvoorwaardes is onder meer dat die diere nie langer as agt uur lank na die slagplaas vervoer mag word nie. Gekneusde karkasse is onaanvaarbaar.


Om deurlopend en dwarsdeur die jaar aan dié strawwe leweringsvereistes te voldoen, moes Bezuidenhout sy boerdery-aktiwiteite aansienlik en na verskillende ander klimaatstreke uitbrei. Vandag strek Benchmark Bonsmaras oor gehuurde en eie grond by Excelsior, oos van Bloemfontein, verder oos by Clocolan, in die Noord-Kaap by Douglas en in die Kalahari by Tosca.


Die boerdery word op baie meer grond bedryf as wat vir konvensionele veeboerdery nodig is. Dít is om die risiko te verminder dat die organiese weiding en rantsoene uitgeput raak en die kontrak met die winkelgroep nie nagekom kan word nie. Die diere mag byvoorbeeld nie op kraal gevoer word as hul weiding skraps raak nie.


As 'n algemene reël is Benchmark se belading sowat 20% laer as die amptelike riglyn vir 'n gebied, sê Bezuidenhout.


As droogte in een gebied toeslaan, word die diere na 'n organies gesertifiseerde plaas in 'n ander streek verskuif. Die boerdery het sy eie vragmotor aangeskaf en behartig self alle verskuiwings van diere en rantsoene tussen die plase, asook na die slagplaas. Die vragmotorbak is spesiaal met kompartemente ingerig om kneusings te voorkom.


Die boerdery-inkomste word uit twee takke verdien: Teelmateriaal en organies geproduseerde vleis. Die stoetery bestaan uit sowat 2 000 diere en 'n produksieveiling word jaarliks in September gehou. Die organies geproduseerde vleis kom uit 'n kommersiële kudde van sowat 1 500 speenkalwers, asook uitskot uit die stoetery.


Elkeen van die vertakkings word onafhanklik van inkomste uit die ander winsgewend bedryf, sê Bezuidenhout.


Die winsgewendheid van die organies geproduseerde vleis-tak verhoog namate groter harmonie tussen die boerdery en die natuur bereik word en opbrengste dien-ooreenkomstig verhoog.


Steyn sê die eerste tekens hiervan is reeds sigbaar sedert hul omskakeling vanaf 'n konvensionele stelsel vier jaar gelede.'n Betekenisvolle toename in miskruier-aktiwiteit in die weikampe is vir hom die duidelikste aanduiding daarvan. Miskoeke word deur 'n menigte toegetakel sodra dit op die grond beland. Dit word blitsig verwerk en in die grond ingewerk terwyl die koek nog pap genoeg is.


Steyn glo vas die toename in miskruiers is danksy 'n afwesigheid van chemiese middels in die mis. Die beeste word wel ingeënt en teen siektes behandel, maar net met toegelate produkte ingevolge sertifiseringsregulasies. Chemiese stowwe, soos opgietmiddels, is taboe.


Die algemene riglyn is dat 'n dier nie mag ly nie. Middels soos antibiotika mag wel gebruik word om 'n siek dier te behandel, maar dubbeld die middel se voorgeskrewe onttrekkingstyd moet dan toegelaat word, sê Steyn.


Die aanwesigheid van groot groepe veereiers - natuurlike vyande van ektoparasiete - is ook opmerklik by Benchmark se weidende beestroppe.


Ondanks die ergste droogte in 90 jaar wat die Excelsior-distrik nou getref het, is die Benchmark-diere daar in topkondisie. Die toestand van hul veld het merkwaardig verbeter sedert die omskakeling na die organiese boerdery, sê Steyn.


"Die diere en die veld wys ons: Ons doen iets reg."


Organiese produksie is uiteindelik niks minder nie as bloot 'n terugkeer na goeie, basiese boerderypraktyke, sê hy.


" 'n Mens hoef nie 'n kernfisikus te wees nie, jy moet maar net jou gesonde verstand gebruik."


Wat bemarking betref, blyk hul enigste struikelblok 'n gebrek aan groter beesgetalle te wees.


Die winkelgroep het pas aangedui dat hy graag meer karkasse per week van Bench-mark wil koop. Hulle hoop nou om met medeboere in vennootskap te tree en op dié manier meer te kan lewer, sê Bezuidenhout. Hy vra dat belangstellende boere hom bel (sien selnommer onderaan).


Sodra daar in groter hoeveelhede gelewer kan word, kan kontrakte beding word sodat beter pryse ook uit die neweprodukte verdien word.


Van 'organiese' diere se bene en pens-inhoud word byvoorbeeld organiese kunsmis vervaardig. 'n Motorvervaardiger en modelagentskap stel belang in 'organiese' huide vir leer. Van die kloutjies en horings word 'n gom vervaardig waarmee etikette op ander organiese produkte geplak word. Die afval kan in organiese hondekos omgeskep word. Nóg 'n newe-produk wat in aanvraag is, is organiese bief-aftreksel.


Bezuidenhout meen die toekoms van winsgewende organiese vleisproduksie lê in waardetoevoeging tot goedkoper snitte en neweprodukte. Dié snitte en produkte moet verwerk word sodat groter balans in die bemarking van 'n hele organiese karkas behaal word, sê hy.


Bezuidenhout glo onwrikbaar dat organiese produksie op die duur gaan styg, hoofsaaklik omdat voedselveiligheid vir verbruikers ononderhandelbaar geword het.


Omdat die Suid-Afrikaanse mark vir organies geproduseerde vleis weens 'n probleem met bekostigbaarheid steeds betreklik klein is, lê die groot geleenthede vir plaaslike produsente in uitvoer.


Bezuidenhout voorsien dat Benchmark uiteindelik hoofsaaklik op uitvoer na Europa gerig sal wees.


Navrae: Mnr. Hennie Bezuidenhout, sel 083 259 2925.


 

Mark nie groot nie

Die mark vir organies geproduseerde vleisprodukte gaan
altyd klein wees, meen dr. Johan de Bruyn, vleisspesialis van Woolworths.


Hy sê sy winkelgroep verkoop die afgelope sowat 18 maande organies geproduseerde rooivleis. Die verkope van die organies geproduseerde skaapvleis moes intussen gestaak word omdat te veel pakkies ná hul vervaldatum op die rak bly lê het. Langafstand-vervoerkoste van die Oos-Kaap af het dié produk se winsgewendheid verder nadelig getref.


Die verkope van die beesvleis was ook nie wat die winkelgroep aanvanklik verwag het nie. Sake lyk egter rooskleuriger sedert hulle begin het om verpakte snitte pleks van heel karkasse by Benchmark te koop, sê De Bruyn.


Dié verandering was nodig omdat sekere snitte baie beter as ander verkoop het.


Die winkelgroep koop nou 'n Benchmark-karkas se hele agterkwart (in snitte), asook 10% van die ontbeende voorkwart teen 'n beter prys. Dit word as organiese vleis bemark - die voorkwart-deel as maalvleis. Die res van die ontbeende voorkwartvleis koop die winkelgroep ook van Benchmark, maar nie teen die beter prys nie. Dit word as konvensionele beesvleis bemark.


De Bruyn sê al is die mark so klein, is hy vol vertroue dat organies geproduseerde beesvleis op die duur op die winkelgroep se rakke sal bly. Die winkelgroep, saam met Benchmark, beoog 'n behoorlike bemarkingsveldtog in winkels en onder verbruikers.


Organies geproduseerde vleis vorm deel van die groep se sogenaamde "goeie kos"-strategie, sê De Bruyn.


Daarom sal die produk kans gegee word om 'n behoorlike mark vir homself te ontwikkel, hoewel dit steeds vir Benchmark én die winkelgroep winsgewend sal moet wees.


23 April 2004

2.666665
 
 
  • 2140 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • AgriSEB (7) Boerdery se waardasie is 'n turksvy
  • Mangowurms by konyne
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction