Deur THEUNS BOTHA
21 Oktober 2008

2089 keer gelees | 0 kommentaar

Probleemdiere kos die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf 'n beraamde R1 miljard per jaar, sê mnr. Anton Olivier van Die Oos-Kaapse RPO.


Probleemdiere kos die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf 'n beraamde R1 miljard per jaar, sê mnr. Anton Olivier van Die Oos-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).

Hy meen sulke diere is tans dié bedryf se grootste struikelblok en sê "dit is duidelik dat Suid-Afrika nie die nadelige invloed van probleemdiere kan bekostig nie".

Olivier meen dat Suid-Afrika se beesboere kan by die Brasiliane gaan kers opsteek oor die winsgewende verhoging van vleisproduksie. Hy het op die vereniging se kongres op Cradock gesê die Brasiliane het produksie binne drie jaar met 50% verhoog deur hulle op die volgende aspekte toe te spits: Die versnelling van die diere se rypheid en ontwikkeling, hul vee se ongekunsteldheid, die verlaging van die slagouderdom en die ouderdom waarop koeie die eerste keer kalf.

Hy het gesê hoewel Suid-Afrikaanse verbruikers vars vleis verkies, bly die land 'n netto invoerder van rooivleis. "As in ag geneem word dat die verwagte vraag na rooivleis binne die volgende paar jaar met 20% gaan styg en dat dit die vinnigste groeiende landboukommoditeit ter wêreld is, behoort plaaslike boere meer vleis te produseer."

(Lees die volledige berig in Landbouweekblad se 24 Oktober 2008 uitgawe)

21 Oktober 2008

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights